Wat doen VOLKSHULP 2000? | What does VOLKSHULP 2000 do? |
Volkshulp 2000 is op 20 Julie 1991 gestig en is n welsynsorganisasie wat liefdadigheidswerk sonder winsoogmerke verrig. Bewusmaking van hulpbehoewendes onder volksgenote Dit is deel van Volkshulp 2000 se beleid om belangegroepe oor ons handelinge toe te spreek. n Aktiewe bemarkingsbeleid is gevolglik die afgelope jaar veral gehandhaaf. Enkele voorbeelde is die volgende: Daaglikse advertensies oor Radio Pretoria. Lugtyd (gesprekvoering oor aktuele onderwerpe) oor Radio Pretoria (driekeer per maand); advertensies in verskillende nuusblaaie; verspreiding van inligtingsbrosjures en pamflette en die nadering van verskillende kerklike gemeentes dwarsoor die land. Bejaardes en spesiale skole Verskillende organisasies wat betrokke is by die versorging van volksgenote, word finansieel en ook op ander maniere deur Volkshulp 2000 gehelp. Aanvullend tot hierdie organisasies help ons ook daadwerklik met die versorging van bejaardes in verskillende ouetehuise van byvoorbeeld die S.A.V.F., asook n aantal spesiale skole en ander liefdadigheidsorganisasies. Voeding en kleding van kinders Skoolhoofde van gewone skole in veral minder gegoede gedeeltes kom haal gereeld kos en klere vir die kinders, asook die ouers. n Groot hoeveelheid komberse is byvoorbeeld die afgelope winter onder vele minderbevoorregtes uitgedeel. Hierdie diens wat Volkshulp 2000 lewer, strek oor die lengte en breedte van die Republiek en word duisende kilometers deur die jaar afgelê om werklike gevalle in nood by te staan. Daar is tans 22 Volkshulpkomitees dwarsoor die land. Bystand aan welsynsinstansies Gedurende die afgelope jaar is, benewens individue, die volgende organisasies gehelp: Reddingsdaad, Geluktoevlugsoord, Daleen Joubert Kinderhuis, Ruimte Dienssentrum, Magaretha Ackerman Ouetehuis, Silversig Ouetehuis, Meerhofskool vir Gestremdes, Willie Snyman Skool vir kinders met leerprobleme en nog vele meer. Indiensplasing van volksgenote en opleiding Die een been van Volkshulp 2000 konsentreer net op die indiensplasing van volksgenote. Ongelukkig is daar nie n ooraanbod van werksgeleenthede nie, maar is daar reeds n beweging te bespeur om blanke arbeid te benut, veral op plase. Volkshulp 2000 was ook betrokke met die voorsiening van motorwagte by verskillende groot winkelsentrums. Nog n projek waar blanke arbeid doeltreffend benut word, is die ontwikkeling van Kleinfontein oos van Pretoria. Enkele van die ander belangrikste indiensstellingsprojekte, wat in n proses is, is die Balmoral Haweloses en Kiboetsprojek; die Tonnelverbouingsprojek; die sogenaamde "Drie-voëls-met-een-klip-projek" en verskeie klereverkoop-projekte. |
Making our people aware of the needs of many poor Afrikaners
The elderly and special schools
Feeding and clothing of children
Assisting welfare institutions
Training and finding job opportunities
|