Projekte waarmee Volkshulp 2000 reeds besig is:

Volkshulp 2000 verseker u dat u bydraes op ‘n oordeelkundige en verantwoordelike wyse aangewend word en dat van elke sent wat ontvang of uitgegee word, rekenskap gegee kan word. Boekhouding geskied op ‘n professionele wyse en onder die streng toesig van ‘n amptelike ouditeur.

Vier duidelike eienskappe kan aan Volkshulp 2000 toegeskryf word, nl.

      (a) dat Volkshulp 2000 onherroeplik daartoe verbind is om te poog om alle volksgenote wat vanweë bepaalde omstandighede nie langer finansieel selfversorgend kan wees nie, sover moontlik te ondersteun
      (b) dat Volkshulp 2000 oor partypolitieke en kerklike grense beweeg;
      (c) dat Volkshulp 2000 hom beywer vir die bevordering van ‘n samehorigheidsgevoel onder al ons volksgenote; en
      (d) dat Volkshulp 2000 ons volksgenote se belange eerste stel.

Hier is noodsaaklike projekte waarby u 'n bydrae kan maak en 'n groot verskil kan beteken.

(a) Voorsiening en verspreiding van klere, voedsel en ander lewensmiddele.

      b) Werkverskaffing en werkskepping. Duisende volksgenote ly broodsgebrek as gevolg van regstellende aksies. Baie boere lewer reeds hier ‘n waardevolle bydrae deur ook hier betrokke te raak en volksgenote in diens te neem.

      (c) Oorbruggingshulp aan hulpbehoewende volksgenote, asook meewerkende organisasies. Reddingsdaad help meer as 800 gesinne in die weste van Pretoria, dan is daar nog etlike spesiale skole wat werklik dringend hulp nodig het. Puik leerlinge klop aan vir studiebeurse en moet teleurgesteld omdraai omdat daar nie fondse is nie.

Geïdentifiseerde projekte wat dringende aandag vereis is die volgende:

      (a) Kinderhuis vir die plasing en versorging van blanke kinders wat nie meer deur ouers versorg kan word nie. Hierdie is ‘n omvangryke taak en moet daadwerklik aangespreek word. Besef u wat net ‘n paar hektaar grond sal kos en die oprigting van die nodige strukture? As ons nie self vir ons hawelose en verwaarloosde kinders sorg nie, wie gaan dit doen?

      (b) Ouetehuis vir bejaardes wat gebuk gaan onder die gebrek aan finansies en inkorting van subsidies. Bestaande ouetehuise is reeds oop vir alle rasse en is ons bejaardes sielsongelukkig om saam met volksvreemdes geriewe te deel en kos te eet waaraan hulle nie gewoond is nie. Kan ons nie dalk ‘n Kinderhuis en ‘n Ouetehuis op een perseel akkommodeer nie? ‘n Boer maak mos altyd ‘n plan - kan u nie ook hier ‘n plan maak nie? Weereens indien ons nie vir ons ou mensies help nie, wie gaan dit doen?

      (c) Beskutte arbeid vir vele van ons kinders wat in spesiale skole is. Wie gaan na hulle omsien en finansieel help as ons dit nie doen nie? Besef u die donker toekoms wat in die nuwe Suid-Afrika op hierdie kinders wag?

As ons volksgenote se volkseie welsynsinstelling, beywer Volkshulp 2000 hom met alles tot sy beskikking, om in ons minderbevoorregte volksgenote se behoeftes te voldoen.

Boere, vriende, u het al soveel keer in die verlede gehelp. Ons druk al weer op u knoppie. Moet nie langer twyfel nie maar gaan oor tot die daad, skakel mnr. Willie Venter by (012) 333-5906 of 333-4126 of skryf aan:

Die Direkteur

Volkshulp 2000
Posbus 11824
QUEENSWOOD
0121

Ons wag op u oproep of briefie.

Skakel ons gerus as u enige verdere inligting verlang, ons stuur graag ons brosjure en ander inligtingspamflette aan u.

Current projects of Volkshulp 2000:

Volkshulp 2000 wants to assure you that your contribution will be used responsibly and effectively, and that every cent we receive or spend can be accounted for. We use the services of professional accountants under the watchful eye of an official auditor.

Volkshulp 2000 has four clear distinctions:

(a) our main aim is to support, as best as we can, all members of the Boerevolk who are through circumstances no longer capable to survive financially,
(b) we are not bound by party political or church borders,
(c) we aim to promote a feeling of unity amongst members of our volk, and (d) we put the interests of our own volk first.

Here are some of our current projects where you can contribute and make a huge difference.

(a) The provision and distribution of clothes, food and other necessities of life.

b) Creating and providing job opportunities. Thousands of our people can not take care of their families due to affirmative action policies. Many farmers are already making a huge contribution here by taking in their own people, not only for work, but also for the sake of safety.

(c) Bridging capital for needy people and other organisations assisting them, such as Reddingsdaad. Reddingsdaad (Salvation Action) is helping more than 800 needy families in Pretoria West. Then there are many special schools in dire straits due to the state cutting all subsidies. Many excellent students knock on our door for study bursaries and we have to turn them away, because there is just not enough money.

Projects needing immediate attention:

(a) A home for children of our volk whose parents can not take care of them anymore. We are assisting one such initiative, but there are many more children who need help. Do you have any idea what it would cost to acquire the right property or build such a place? But, if we do not look after our own homeless and neglected children, who will?

(b) An old age home for people who are struggling to survive, because also here, the state has cut its subsidies. Many of the existing homes for needy old people are filled with and run by people from other culture groups. After so many years of living in a certain way, our old people cannot be expected to embrace the strange food and ways of other groups. Again, if we do not help them, who will?

How about an old age home and a home for children on one property? Can you perhaps help?

(c)Sheltered labour for many of our children who are in special schools. What could the future in the New South Africa hold for these vulnerable young people, if we do not look after them?

Our friends in the Boerevolk have helped so many times in the past. Please do not hesitate to join them. Phone Mr Willie Venter at (012) 333-5906 or 333-4126 or write to us at

The Director

Volkshulp 2000
PO Box 11824
QUEENSWOOD
0121

We wait for your E-mail, call or letter.

If you need any more information, just let us know, and we will send it along.