VOLKSKOOL VENTERSDORP

Cannichel straat 66,
Ventersdorp
(Feitlik langs die Madeira kafee.
Telefoonnommer:
018-264-2289

Die skool is 'n privaatskool wat gegrond is op Christelike Volkseie Onderwys.  Die skool is geopen in 1997-01-14 met 22 leerlinge en het gedurende 1997 gegroei tot 32 leerlinge. In 1998 het die skool geopen met 70 leerlinge. Die skool bestaan tans uit 'n beheerraad, hoof, vyf leerkragte, nasorgsentrum en 70 leerlinge wat wissel van graad 1 tot standerd 10. Leerlinge neem op 'n georganiseerde grondslag deel aan sport en kultuur.

Die skoolhoof is Gys Viljoen en die voorsitter van die beheerraad is mnr Peet Terblanche.

Vir enige navrae skakel gerus die skool by telefoonnommer 018-264-2289 of praat met Peet Terblanche by 082-5679952.

DIE SKOOL BEPLAN OM 'N REKENAAR SENTRUM TE OPEN. SKENKINGS VAN REKENAARS EN FONDSE WORD VERWELKOM.