Swakopmund - Pro-Ed Akademie.

Die Pro-Ed Akademie onderwysprojek bied 'n splinternuwe onderwysbenadering aan.  Klasse is klein en individuele aandag word aan leerlinge gebied. Die I.E.B.-leerplan van hoë standaard wat algemeen erken word, word vir graad 10, 11 en 12 aangebied. 

Skoolvakke

Skoolvakke word op H.G. of S.G. aangebied na gelang van leerlinge se belangstelling en aanleg. Duits as vak word tot gr. 8 aangebied en sal na gelang van belangstelling verder gevoer word.  Besondere klem word geplaas op die aanbieding van Engels sowel as Afrikaans aas eerste taal.

Sport en Kulturele

Deelname aan sport word gereel in samewerking met ander skole en klubs.  Kulturele en sosiale sowel as verrykende aktiwiteite word as namiddagbedrywighede aangebied en deur die entrepeneursklub word leerlinge metberoepsmoontlikhede in aanraking gebring.  Musiek sowel as gimnastiek-deelname word gereel.  Voorskoolse gereedmakingsklas word op aanvraag aangebied.  Biblioteekgeriewe, skaakonderrig sowel as aanvangsrekenaargeletterdheid word aangebied. Leerlinge word gemotiveer om deelnemend en betrokke te wees om 'n positiewe opvoedingsbeeld te  dra. Regverdige dissipline geniet hoë prioriteit en algemeen geldende geestelike en morele waardes word nagestreef  en gehandhaaf.

Swakopmund

Ons verskaf graag inligting oor ons skool, ons dorp en ons toeristebestemming.  Ons dorp het 'n besondere geskiedenis met pragtige historiese geboue uit die tyd van die Duitse besetting.  Ons kan seker met reg sê ons dorp is die enigste plek in die land (of kontinent) waar die gevangenis 'n toeriste-aantreklikheid is en as sodanig gereeld besoek word. Verder is ons dorp ook die enigste plek in suider-Afrika wat in die Eerste Wêreldoorlog deur die Britse oorlogskepe gebombardeer is.

3/12/1998

Navrae kan gerig word aan: petra@swk.namib.com