Hier volg spesifieke projekte waar die R.V.O. genader is vir fonds. Ons beskik egter nie oor die nodige fondse nie en vra
vir U goedgunstige oorweging om die fondse aan die R.V.O., of direk aan die onderskeie instansies beskikbaar te stel.
Reddingsdaat Volkseie onderwys, is 'n nasionale fonds wat daargestel is, om omtesien na die hulpverlening aan Volksgerigte Christelike Onderwys instellings en leeriinge, van die Boere/Afrikaner kinders. As gevolg van die sogenaamde "Transformasie" in S. Afrika se skole, waar Christelike onderig en norme uitgefaseer word en Kommunistiese en Humanistiese onderrig afvorseer word, het dit onmoontiik geword om die kinders van behoudende ouers in die skole te laat onderrig. "Affirmative Action" deur die ANC regering, het bale van ons mense armgeiaat en is dit moeilik om hulle kinders in Christlike Volkseie privaat skole te plaas, waar die ouers vir die volle bedryf van die skole moet betaal. Die R.V.O. wil op enige wyse tot ons beskikking hierdie ouers en instellings bystaan.
Hier volg spesifieke projekte waar die R.V.O. genader is vir fondse. Ons beskik egter nie oor die nodige fondse nie en vra vir U goedgunstige oorweging om die fondse aan die R.V.O, of direk aan die onderskeie instansies beskikbaar te stel.
VOLKSKOOL BRITS PROJEKTE
Die Brits gebied beskik oor twaalf staats laerskoie en drie hoerskole, vir opvoeding van 4500 laerskool en 3400 hoerskoolleerlinge. Die oorgrote meerderheid is Boere/Afrikanerkinders en dus potensiele leerlinge vir Christelike Volkseie Onderwys. Die Volkskooi Brits huur tans 'n gebou om te dien as die skool, maar is kennis gegee om te ontruim. Die ouers is nou self daartoe verbind om fasiliteite te skep, op 'n perseel wat aan die skool beskikbaar gestel is. Die perseel is gedeelte 148 van die plaas Roodekopjes 417 JQ. Distrik Brits, en is 10 hektaar groot.
Fondse word benodig om 'n skool gebou en 'n sportterrein op te rig.
VOLKSKOOL BURGERSHALT
Die skool is meer as 'n jaar oud, en het 30 leerlinge gehad in 1997. Die skool is tans besig met die bou van 'n skool gebou. Vanaf 1998 het die skool St 6 leerlinge. Die skool wil graag die leerlinge rekenaar geletterd maak. Die skool het egter nie die fondse nie en vra graag skenkings van rekenaars.
Posbus 130, Kiepersol, 1241. Tel: (013) 7378755
CVO SKOOL HOEDSPRUIT
Die skool is 'n geregistreerde CVO skool in die Hoedspruit omgewing. Vanaf Januarie 1995 het die leerlinge skool gegaan van uit 'n huis. Tans is die besig om 'n eie perseel op te rig. Die skool het fondse dringend nodig om die koste te dek. Reeds het die skool verskeie pogings aangewend om fondse in te samel. So het die skool verskeie wildfeeste aangebied om fondse te in.
Om veiligheidsredes moet 'n omheining opgesit word wat 'n bedrag van R10 000 sal beloop. Voorafverwaardige geboue van R80 000 is reeds opgesit. Donasies is baie welkom.
Navare Mev Susan Marais.
Posbus 1231, Hoedspruit, 1380. Tel (015) 795-5197
CVO Kleinfontein
Die benodig dringend 'n rekenaar vir algemene administrasie werk. Verkieslik 'n 386 DX of hoër.