03/22/05

Rekenaargesteunde onderwys

(lees ook rekenaar model in die klas opset)

Vandag se koste om onderrig te gee met onderwysers, word by die dag hoër as die lewenskoste styg. Verskeie skole met 'n minimale inkomste en die verminderde subsidies van die staat laat onderwys instellings met geen ander keuse om na alternatiewe onderwys metodes te soek nie.

Rekenaargesteunde onderwys word na gekyk as die oplosing by privaat skole en tuisonderig. Rekenaargesteunde onderrig as sulks alleeen kan nooit die plek van persoonlike aandag van 'n onderwyser kan vervang nie en moet hand aan hand gedoen word. Die rekenaar moet bloot gesien word as hulpmiddel of beter gestel 'n besparende onderwyshulpmiddel.

Algemene riglyne wat in gedagte gehou moet word as 'n rekenaar gekoop word:

Wat wil ek doen met die rekenaar?
Watter pakkette wil ek instaleer?
Hoeveel geld het ek beskikbaar? 

Rekenaars gebruik vir tuisonderrig (1- 3 persone) 
Rekenaars gebruik vir klas onderig (5 en meer) 

Verskeie pakkette is tans op die mark en kan op verskillende soorte rekenaars gebruik word vanaf 'n 486 rekenaars tot die nuutste. Dus voordat u 'n rekenaar aankoop bepaal wat is die rekenaar vereiste van die betrokke pakket. Gemiddeld kos nuwe standaard rekenaars, sonder drukker so R6000. 

CD ROM, verkieslik DVD
Meeste sagteware word op laserskywe vrygestel -dus is 'n CD rom 'n vereiste. Met die nuwe verwikkelinge kan u inplaas van 'n CD eerder 'n DVD koop om opgradering binne die volgende 2 jaar te voorkom. Alhoewel dit nie 'n voorvereiste nie.

Mulitmedia
U rekenaar moet oor 'n klankaart en luidsprekers beskik. Dit is 'n noodsaaklikheid

Die proseerder (CPU) 
Moet nie die heel nuutste koop wat tans op die mark pas uitgereik is nie. (tensy u dit kan bekostig), aangesien die prys binne 3 maande met die helfte sal val soos massa produksie en aanvraag toeneem. As algemene reel neem 'n proseseerder wat ten minste alreeds 4 -6 maande op die mark is. Vra vergelykende koste van alle proseseerders op die mark om 'n beslissing te maak.

Hardeskyf
Vra weereens vergelykende pryse en die lees en skryf spoed van die hardeskyf . Dit is egter noodsaaklik om te kyk na die grootte van die hardeskyf en die spoed waarteen die hardeskyf roeteer. Lw. Die laasgenoemde is van uiterse belang. Dit help geensins dat u 'n vinnige proseseerder koop maar 'n stadige hardeskyf nie. Die masjien in die geheel sal dan baie stadig wees aangesien die proseseerder moet wag vir die hardeskyf.

Geheue
Minimum van 32 Meg Ram, as u kan 64 Ram of selfs meer tot en met 128. Multimedia rekenaars neem baie geheue is beslag.

Skerm
Dit is een van die items wat nie hoef vervang te word as u die rekenaar opgradeer nie. Kyk dus na 'n goeie kwaliteit skerm.

Drukker:
'n Laser drukker - alhoewel sy uitleg koste hoog is net swart druk - is die  eenheidskoste is op die lang termyn baie goedkoper en betaal hom self binne 'n jaar af teenoor die ander drukkers. Gemiddeld kan 'n laser drukker tot 2000 bladsye druk voordat die koolstof vervang word. Dit wissel van R300 tot R800 afhangende van die grootte en maak. Tweede handse lasers kan gekry word vanaf R1000. Nuwes teen  R3000 en meer.

Ink (Deskjet) - Alhoewel goedkoop en die voordeel dat hy in kleur druk, is die se instandhoudings koste baie hoog. Die druk gemiddeld tot so 500 bladsye en as volkleur gedruk word,  tot en met 50 bladsye. Die koste van 'n ink kasset wissel van R200 - R400.

Dot - matrix. Ons sal dit nie aanbeveel nie, tensy daar geen ander keuse is nie of as jy reeds oor dit beskik nie.