12/19/04
Rekenaars in 'n klasopset gekoppel aan 'n netwerk.
Indien jy 5 of meer gebruikers het is dit beter om die stelsel op 'n netwerk te koppel om koste te bespaar en om administrasie te vergemaklik.
Voordele
- Die voordele is natuurlik dat jy van jou bediener kan werk en werkstasies kan oorneem en instalasies / opgradering doen.
- Jy kan almal toegang gee tot 'n intranet ('n Interne Internet)
- en as jy dit kan bekostig self tot die Internet
- so kan elke skolier self sy eie epos adres kry (wat slegs binne die netwerk gebruik word of self ook per Internet afhangende van die behoefte)
- Kostes word ook bespaar met hardeware, so kan 'n drukker en "scanner" gedeel word. Dit is ook nie nodig dat alle PR (Persoonlike Rekenaars) sy eie mini skyf aandrywer ("stiffy") of CD rom moet hê nie.
Nadele
- Kinders is slim en nuuskierig - sekuriteit moet opgestel word en die wagwoorde mag nie bekend wees aan die kinders of sekere personeel nie.
- Virusse kan vinnig versprei - deur eger nie "stiffy"s te instaleer nie, kan dit slegs op die netwerk kom van die bediener (hoof rekenaar) of per e-pos. Daar is ook virus pakkette beskikbaar wat die netwerk beskerm en alle epos stukke deurgaan vir virusse.
Wat word benodig
Werkstasies (Rekenaars waarop die kinders op gaan werk)
- Kleur SVGA skerm, hardeskyf (minimum van 340 meg), 486 of pentuim verkieslik, 16 meg ram en hoër, klank kaart en luidsprekers (opsioneel), UTP netwerkkaart
Bediener (Hoofrekenaar)
- Kleur SVGA skerm, hardeskyf (minimum van 8 gig), Pentuim III 450+, 128 meg ram en hoër, klank kaart en luidsprekers (opsioneel), netwerkkaart, modem.
Ander en netwerk benodighede
- HUB (8 - 24 poort afhangende van u behoefte)
- Netwerk kabels (UTP)
- UPS (Noodkrag pak)
- Drukkers
Daar is twee modelle beskikbaar
- Sagteware word per rekenaar geinstalleer, dus vind die proseseering / verwerking op die werkstasie (PR) self plaas. (Win95/98). Die netwerk word slegs gebruik om met ander rekenaars te kommuniukeer vir e-pos, om die sagteware wat op een rekenaar gestoor is af te trek en bronne te deel soos 'n modem, drukker, ens
of
- Die werkstasies is slegs terminale, waar die verwerking op die bediener gedoen word. In die geval word gebruik gemaak van Windows 2000 se "Terminal server" paket. Die sagteware word op die hoofrekenaar (bediener) gelaai en die verwerking vind op die bediener plaas, Die werkstasie doen geen verwerking nie, maar die inligting word slegs vertoon op die skerm van die werkstasie. In die geval moet elk van die werkstasies oor 'n minimum van 16 meg ram beskik , maar kan selfs 'n 486 masjien wees. Die model word suksesvol reeds toegepas, en is redelik goedkoper as boonste model. Win95/98 moet gelaai wees op elk van die werkstasies of daar moet gebruik gemaak word van 'n boot netwerk kaart.
Vir meer inligting aangaande die moontlikhede skakel Boer.co.za na-ure (6-8) by 012-5671922