Alhoewel ons slegs 'n paar studente by Majuba Privaat Kollege is, is dit 'n heerlike samesyn wat ons geniet. Almal word ingetrek in een groep wat ons vorm. Ons het 'n hele paar grapjasse en verbeeldingryke mense wat sorg dat daar geen vervelige oomblik op die kampus ontstaan nie. Sommer vroeg in die jaar het ons al ons Mej. Majuba gekies, wat ons Kollege ten alle tye verteenwoordig het met haar innemende persoonlikheid.
Elke Woensdagaand hou ons 'n braai, of by die Kollege self of by een van die studente, waar ons heerlik saamkuier en gesels om die vuur. Na die braai soek ons gewoonlik een van die lokale klubs op om bietjie litte los te maak op die dansbaan.
Ons het al 'n hele paar sokkies gereël, asook 'n skaapbraai wat 'n reuse sukses was. Ons musiek word verskaf deur een van ons dosente wat haar eie disco besit. Verskillende musiek word deurentyd gespeel vir almal wat wil dans of net wil luister. Jy moet egter saam met ons kuier om die kwaliteit te beleef waaruit ons studente bestaan.
| Ons het onlangs deelgeneem aan 'n Vlotvaart op die Hartbeespoortdam. Dit was twee weke van vlot bou en beplan, met hope pret tussendeur. Alhoewel ons derde prys gewen het in die vlotvaart self, het ons laggend weggedraf met die eerste prys vir spangees! Alhoewel almal baie moeg was na die tyd, was ons dankbaar vir die pret wat ons gehad het! As beloning oor ons derde plek in die vaart, het ons besluit om sommer 'n dag af te vat en langs Harbeespoortdam gaan sit en visvang. Hope pret was weereens teenwoordig toe ons daardie aand huis toe gaan met eier- en vispap reuk wat aan jou kleef. Asook modderstukke wat jy nog die volgende oggend agter jou ore uit haal! |
Daarby het ons nog 'n heerlike sementdam waar ons sommer in teetye of etenstye kan gaan afkoel. En wat menige keer sorg dat jy onskuldig in die water beland.
| Alhoewel ons nie regtig tyd het om baie studente pret te hê nie, omdat ons kursustyd dit nie toelaat nie, is die tye wat ons wel het meer as genoeg om 'n goeie groepsgees te bou wat almal insluit. | ![]() |
| Terug na Majuba Kollege | Erkenning word hiermee gegee aan Ria Strydom, 'n student van Majuba, wat die blad help skep het | Terug na VolkseieOnderwys |