CVO skool Kleinfontein

Posbus11
Rayton,
1001
Telefoon: 012-8021454

Faks (Selfde)

In die volkstaatgebied te Kleinfontein, is die dinge aan die roer! Die CVO skool Kleinfontein het reeds op Januarie 1997 sy deure vir die leerlinge open.  Die Skool het sederdien van krag tot krag gegroei. Die Skoolhoof is Mnr P. C Minnaar (sel 0826283902) en die Hoof van Beheeraad is Henk van Den Graaf

Die skool bestaan uit 'n voorskoolse afdeling; skoolafdeling; buitengewone onderwysafdeling; 'n naskoolse afdeling, tersiêre afdeling; en 'n koshuisafdeling. Die skool spog ook met 'n rekenaarsentrum en sekere leerlinge begin reeds die jaar 2000 met die Kenweb stelsel. Die suksesvolle Kenwebstelsel sal in 2001 volledig in die skool toegepas word. Standerts wat aangebied word is van Graad 0 tot Standerd 9. Indien u belangstel kan u die volgende Inskrywingsvorm voltooi en aan die skool deurgee.

skool.jpg (10179 bytes)

Die skoolgebou soos dit in 1997 gelyk het. Verskeie permanente klaskamers is sedertdien opgerig. 'n Skool saal is in aanbou.

koshuis.jpg (8308 bytes)

Die koshuis waar leerlinge weke kan oornag.

Inskrywingsgeld
Die inskrywingsgeld is vasgestel op R300 per maand vir tien maande ten opsigte van die eerste kind, R200 per maand vir tien maande ten opsigte van die tweede kind en R110 per maand vir tien maande ten opsigte van die derde kind. Die eerste maand se skoolgeld is betaalbaar by registrasie.

Die Skool word as 'n privaatskool (onafhanklike skool) ingevolge onderwyswetgewing vir onafhanklike skole. Benewens die gebruiklike akademiese vakke, sal rekenaarvaardighede ook by die skool aangebied word.

Koshuisgeriewe

Kleinfontein beskik oor sy eie koshuis waar leelinge gedurende weke kan bly. Koshuis gelde is R330 permaand oor 11 maande per leerling.

Sportgeriewe
Die eienaar van Kleinfontein, . Kleinfontein Boerderybelange Bpk, het 10 hektaar van die Plaas Kleinfontein aan die skool afgestaan. 'n Volledige sportterein is opgerig met twee rugbyvelde, tennisbane, 'n hokkieveld, jukskei bane  asook 'n swembad vir watersport. 

rugbyveld.gif (24267 bytes)

Die sportveld word opgemeet in 1997. Tans spog CVO Kleinfontin met uitstekende sportgeriewe soos rugby velde, hokkie en netbal bane.