Die toelatingsvereistes van die BCVO is.
Aangehaal uit die boekie "Die Beweging vir Christelik-volkseie Onderwys" onder redaksie van Prof Alkmaar Swart.

Keuring en Toelating
Keuring vir Lidmaatskap van die BCVO en keuring en toelating tot 'n CVO-skool geskied op die grondslag van die BCVO. Die kern van die Grondslag word in die vrae van die volgende vraelys saamgevat. Die 15-puntvraelys is die keuringsinstrument van die BCVO. Voornemende lede moet sonder voorbehoud, eerlik en opreg "JA" antwoord op die volgende vrae:

1. Onderskryf u heelhartig die grondslag van die BCVO?
Geloofsgrondslag

Glo u in die Drie-enige God soos Hy Hom in die Bybel openbaar en dat Hy die Skepper en Onderhouer van alles is en dat alles uit Hom deur Hom en tot Hom is?

3. Glo u dat Jesus Christus die Seun van God is en dat Hy die enigste Verlosser van die mens is?

Is Jesus Christus u persoonlike Saligmaker?

5. Beskou u die Woord van God - die hele Woord en die Woord alleen - as onfeilbare waar; as onfeilbare lewensrigsnoer en as onfeilbare bron van kennis van God?

6. Erken u dat Gods Woord volstrekte gesag het op elke terrein vandie lewe en elke terrein van kennis?

Aanvaar u die drie Formuliere van Eenheid (die Heidelbergse Kategismus, die Nederlandse Geloofsbelydenis en Dordtse Leerreëls)

7.1 as getroue weergawe van die hoofwaarhede in Gods Woord;

7.2 as staande onder die gesag van die Woord; en

7.3 as u persoonlike geloofsoortuiging?

Volksgrondslag

8. Glo u dat ons volk, die Boere-Afrikanervolk, deur God Drie-enig in aansyn geroep is en van Hom 'n besondere roeping ontvang het om Hom te dien, te eer en te gehoorsaam ooreenkomstig sy Woord?

Glo u dat die Gelofte van Bloedrivier (1838) soos herbevestig te Paardekraal (1880) as geloftes vir die duur van ons volk se bestaan vir ons volk bindend is en nagekom moet word?

Beskou u Afrikaans

10.1 as volkstaal; en

10.2 as u kind se moedertaal?

Glo u dat ons volk deur God bestem is tot 'n afsonderlike en vrye volk met 'n eie toekoms?

Beskou u die Christelik Republikeinse volkstaat (Boerevolk op eie volksbodem onder eie volksowerheid) as staatkundige bestel en bestemming vir ons volk?

13. Onderskryf u die beginsel van selfwerksaamheid as 'n sleutel tot vryheid?

Eerbiedig u die Voortrekker- en Republikeinse geskiedenis van ons volk en ons volk se tradisies, kultuur en gebruike?

Christelik-volkseie Onderwys en Christelik-volkseie Hoër Onderwys

15. Vereenselwig u u met die besondere siening van Christelik-volkseie Onderwys en Christelik-volkseie Hoër Onderwys?