MAJUBAFEES 2007 :
23 - 25 FEBRUARIE 2007 TE MAJUBA (NABY VOLKSRUST)
Feesprogram (voorloppige) | Kostes / besprekings vir verblyf en stalletjies Kontakpersone, vervoer en verblyf Die veldslag van Majuba en die betekenis daarvan | |
MAJUBAFEES 2007 – TOEGANGS- en VERBLYFPLEKFOOIE en VOORWAARDE VIR TOEGANGToegangsfooie: R30,00 per motor ongeag aantal insittendes R50,00 per minibus R100,00 per bus, 30 en meer sitplekke
LW (1) Hekgelde by elke toegang betaalbaar tensy kwitansie getoon word. (2) Verblyfplektariewe sluit nie toegang in nie, d.w.s. elke persoon betaal toegang plus verblyfplek. Verblyfplekkoste. ( Tent/woonwastaanplek sal deur kampbevelvoerder aangewys word) Tentstaanplek: Tot ( 3mX 3m ) grootte tent R30,00 per staanplek per nag, maksimum 6 persone daarna R10,00 per persoon per nag Groter groepe R5,00 per persoon per nag Woonwa R30,00 per staanplek LW geen elektriesekrag word beskikbaar gestel nie. Jeugherberg ( studente) R40,00 per persoon per nag, R30,00 pp per nag vir groepe meer as 20 persone. LW Stapelbeddens, mans en dames lokale afsonderlik, eie beddegoed Stalletjiestaanplek tariewe ( Stalletjie staanplek sal deur feeskomitee aangewys word)Staanplekgrootte: Tot 3m X 3m R200,00 5m X 5m R400,00 LW Alle persone betaal toegangsgeld, ook stalletjiehouers/helpers Voorwaarde vir toelating tot Majubafees 2006Die Majubafeeskomitee huur die terrein van die Majuba Boerevolktrust vanaf Donderdagaand 23 Februarie 2006 (18:00 ) tot Sondag 26 Februarie 2006 (13:00) en die reg van toegang word voorbehou. Toelating tot die fees en toekenning van staanplek vir stalletjie sowel as verblyf is onderhewig aan die volgende voorwaardes: Ondergetekende persoon/persone/ groep verklaar/bevestig/onderneem: Dat ek/ons ‘n historiese verbintenis het met die Boere wat betrokke was by die Slag van Majuba 27 Februarie 1881. Dat ek/ons die Majubafees bywoon om deel te neem aan die program wat deur die Feeskomitee aangebied word. Dat ons die gesag van die Feeskomitee sal respekteer en ook die komitee se beslissing in enige voorvallende aangeleentheid m.b.t. die verrigtinge en fasiliteite sal eerbiedig. Dat ek /ons geen ander persoon wat die fees bywoon sal verhinder om enige deel van die program wat hy/sy wil bywoon by te woon nie. Dat geen brosjure, pamflet. Inligtingsbrief, strooibiljet of enige iets soortgelyks sonder vooraf toestemming van die feeskomitee versprei sal word nie. Dat geen werwing anders as per inligtingstalletjie vir enige groep of standpunt gedoen word nie. Dat geen openbare afkondigings van watter aard ook al anders as met toestemming oor die amptelike aankondingstelsel gedoen word nie.
Aansoeker om toegang tot Majubafees: Naam:___________________ Namens (groep):________________ Handtekening:_____________ Navrae, besprekings en aansoek om stalletjie: (012) 543-2257 ( 8:00 - 12:00) Navrae na-ure (082) 566 7883 _______________ TJ de Wet Sameroeper Majubafeeskomitee
| ||
Voorwaar weer iets om na uit te sien!: Afrikaner volksgenote van regoor die land kom byeen. Soos beskryf deur n jong Boerenooi: "n Fees wat die lewe liefhet; n vergadering van die spontanes; n kuierplek van dié sonder veel inhibisies."
Vanjaar is dit al reeds die twee-en twintigste agtereenvolgende jaar wat die Slag van Majuba (27 Februarie 1881) herdenk word op min of meer die formaat soos u dit nou-al leer ken het. Sedert die inisiëring daarvan in 1985, is dit n instelling vir alle belangstellendes om jaarliks (op Majubadag, 27 Februarie ) die oorwinning van die Boere by Majuba te gaan herdenk.
Graag nooi ons u van harte uit om die naweek aan die voet van die Majubaberg, saam met volksgenote te deel in die viering van hierdie belangrike dag op ons volkskalender.
Die vele hoogtepunte op die feesprogram sorg elke jaar vir onvergeetlike herinneringe vir oud en jonk. Dit is hierdie herinneringe van bergklim, nuuskurig luister na die uiters leersame en interessante historiese gebeure, informele saamkuier en heerlike samesang wat ons roep om telkens terug te keer na Majuba.
Kom dus gerus en herdenk saam met volksgenote die oorwinning uit dankbaarheid. Maak sommer nou n duidelike aantekening in u dagboek.
PLEK: MAJUBA ( naby Volksrust)
VERBLYF: * Studenteherberg (Slegs vir enkellopendes, d.w.s geen groepe)
* Ruimte vir woonwaens en/of tente. Navraag by Mnr. Bastian Geyser by Majuba. (01773) 51962 / 3401
* Verblyf in Volksrust self (Gastehuise / Hotelle / Motelle ens.). Navraag by: (01773) 2445 of (01773) 51238