Werkloosheidversekering

 

‘n Werkgewer is statuter verplig ingevolge die Werkloosheidversekeringswet van 1966 om bydraes te maak aan die werkloosheidversekeringsfonds en om rekords te hou van die salaris skale en aftrekkings van werkers in sy diens.

Die Werkloosheidversekeringsfonds word geadministreer deur die Departement van arbeid (oud departement van Mannekrag): WVF, Posbus 1851, Pretoria, 0001

Die Bydraerskaart wat aan die werkgewer versend word sodra betalings deur die werkgewer gemaak word is ingevolge art 8 van die Wet verplig om die kaart in sy besit te hou, terwyl die bydraer in sy diens is. By die beëindiging van ‘n bydraer se diens, moet die werkgewer die betrokke dele op die bydraerskaart (bloukaart) invul en aan die bydraer oorhandig

Voordele betaalbaar aan die bydraer

Die wet maak voorsiening vir die betaling van die volgende voordele aan die bydraer tot die Werkloosheidsversekeringsfonds:

(a) Werkloosheidvoordele

(b) Siektevoordele

(c) Kraamvoordele

(d) Aannemingsvoordele

(e) Betaling aan afhanklikes van oorledene.

 

Volle besonderhede van die genoemde voordele is verkrygbaar by enige kantoor van die Departement van Mannekrag, Landroskantoor of Magistraatskantoor.

Sodra ‘n bydraer werkloos geraak het, moet hy by die naaste kantoor van die Departement van Mannekrag, Mannekragsentrum, Landroskantoor of Magistraatskantoor om voordele aansoek doen.

Indien die Bydraer sterf moet die bloukaart aan sy naasbestaande besorg word.

Die Werklose het nie die bydraers kaart (Bloukaart) nodig om aansoek te doen vir voordele nie. Geen betaling kan egter gemaak word voordat die voltooide kaart by die kantoor van aansoek ingehandig is nie.

Datum van aansoek

Die datum van aansoek is ‘n belangrike faktor waarvolgens bepaal word of ‘n bydraer vir enige voordele kwalifiseer. Enige aansoek moet dus onmiddelik ingedien word , andersins kan hy die voordele verbeur.

Geldlike voordele ontvangbaar

Voordele word bereken teen die koers van 45% van die laaste skaal van verdienste as bydraer tot en met ‘n sekere bedrag .

Bydraers bedrag betaalbaar

Die werkgewer moet 2% van die maandelikse vergoeding in natura van die werker waarvan die grootste van

a) 30% van die verdienste betaal of betaalbaar aan die bydraer in kontant ; of

b) die bedrag van eenhonderd rand.

aan die Werkloosheidsversekeringfonds oorbetaal. Waarvan die helfte dws 1% deur die werkgewer bygedra moet word en die ander 1% deur die werker.

Uitsonderings

Die berekenings hierbo genoem, kan geïgnoreer word indien ‘n werkgewer en werknemer skriftelik ooreenkom oor die waarde van vergoeding in natura op voorwaarde dat die gemelde bedrag nie minder is as R100-00 nie

 

Volgende besonderhede word benodig om ‘n bydraerskaart in te vul

1) Familienaam

2) Voorname

3) Geslag

4) Identiteitsnommer

5) Kaart nommer

6) Handtekening van bydraer

7) Werkgewer se naam en adres

8) Werkgewer se WVF registrasie nommer

9) Meld die tydperke van diens as bydraer vanaf ..... en tot ...................

10) Laaste skaal van verdienste as ‘n bydraer

11) Tydperk(e) van diens as nie bydraer

12) Redes waarom nie bygedra het nie.

13) Sertifisering deur werkgewer dat inligting verstrek waar is.

NB: Kontak die WVF vir nuuste inligting aangaande Werkloosheidsversekering.