VERKLARENDE AANTEKENINGE
AFDANKING
As jy jou werker wil afdank of as hy/sy wil bedank, moet julle mekaar skriftelik 'n maand kennis gee (of soos ooreengekom) of u kan hom/haar 'n maand se betaling voor uit gee op dag van maandelikse loon betaling.. Die vereistes geld slegs as die werker slegs permanenrt aan gestel is en nadat die proeftydperk verstryk het.
As die werker n ernstige misdryf gedoen het soos diefstal kan u hom/haar summier ontslaan.
BELASTING
Ingevolge Artikel 23(b) verbied die Wet op Inkomstebelasting die aftrekking van onkoste ten opsigte van huishoudelike persele" ...... behalwe ten aansien van enige gedeelte wat vir bedryfsdoeleindes geokkupeer word". Sou u dus 'n besigheid vanaf die huis bedryf, mag u dus geregtig wees om 'n bepaalde gedeelte van u privaat onkoste aan die huis aftrek. Onkoste soos verbandlening, erfbelasting, elektrisiteit, skoonmaak en onderhoud. Dus sou u 'n studeerkamer gebruik vir al die rekords en die bewaring daarvan van die werker en ander besigheidswerkers en die onkoste om dit skoon te maak, kan dit moontlik as belastingkorting aan die werkgewer toegestaan word. (LW. Slegs as u 'n besigheid van uit die huis bedryf).
Die geld ook ten opsigte van 'n persoon wat 'n besigheidsperseel besit en wat 'n gedeelte van sy huis soos 'n studeerkamer gebruik om die besigheid te bedryf. Die gedeelte van die aftrekking, word bereken in verhouding tot die vloeroppervlak wat vir besigheidsdoeleindes gebruik word.
Die aftrekking word moeilik deur die ontvanger aanvaar, maar u kan altyd probeer.
BYHOUING VAN REGISTERS
'n Tyd-, Loon-, Presensie register moet ten alle tye bygehou word en vir 'n tydperk van drie jaar bewaar word, tensy u skriftelik ooreengekom het oor die werkure (tov. tydsregister).
Waar u afwyk van die werkure soos ooreengekom, moet sodanige ure in die voorgeskrewe vorm aangeteken word.
DIENSSERTIFIKAAT
By diensbeëndiging van n permanente werker moet u vir die werker 'n sertifikaat as bewys van die diens wat die gelewer het gee, tensy die gedros het.
LENINGS
Gedurende die maand leen werkers soms 'n bedrag geld van die werkgewer. U is verplig om die lening skriftelik aan te bring en in die leningskontrak moet u 'n klousule inbou waar die werker, die werkgewer dan ook magtig om die bedrag aan die einde van die maand van sy salaris te verhaal. U mag onder geen omstandighede geld aftrek van sy salaris of 'n boete oplê nie ten sy hy of sy nie toegestem het daartoe nie.
Dit geld ook ten opsigte van skuld of verpligtinge aan ander partye.
U kan slegs 'n bedrag aftrek indien die skriftelik toegestem is deur werker of indien 'n hofbevel u magtig.
Ongevalle gedurende werksure
Ingesluit is fotostate van die Ongevallefonds, u moet hulle egter self kontak om uit te vind wat ter bepalings is van toepassing op u, aangesien hul onderskei tussen verskillende boerdery bedrywe .
Die bydrae aan die Ongevllaefonds mag nie van die werknemer se salaris verhaal word nie.
n Werknemer volgens die Ongevallefonds is enige werknemer, permanet of tydelik.
OUDERDOM VAN WERKER
'n Verbod geld dat geen persoon onder die ouderdom van 15 jaar permanet as werker mag werk nie
PLIGTE VAN WERKER
Alhoewel die pligte redelik wyd uitgespel word, het ek voorsiening gemaak dat dit nog wyer interpreteer kan word, met die woorde " indien dit verband hou met die instandhouding en onderhoud van die ... ". As 'n werker dus weier om 'n sekere taak uit te voer, omdat dit nie in die werker se pligstaat se beskrywing staan nie, kan u haar waarsku of ontslaan afhangende van die feite en u diskressie.
Dit gebeur meermale in staat en maatskappy verband dat werkers wyer om take te verig omdat dit kwansuis nie in sy pligstaat staan nie.
VAKBONDE
Vakbonde wat werkers werf is geregtig tot toegang tot werkers wat werksaam is op u plaas (LW. nie tot die persone wat nie werksaam is nie, byvoorbeeld tot sy gesin en aanhangsels nie),
Vervolgens stel ek voor om die netelige situasie te beredder deur dat u die vakbond werwer nog steeds tegemoet kom, deur dat hy 'n afspraak kan maak op 'n tyd en plek wat u pas en waar u in beheer is en sodat daar tyd aan u gegun kan word om sy ware identiteit vas te stel.
So 'n versoek van u kant is billik en redelik en kan nie geweier word nie.
(Dit sal fataal wees as u hom toegang op u gronde toelaat sonder dat u sy ware bedoelings en identiteit vasgestel het - wat meermale in die verlede gebeur het.)
Ten opsigte van vakbonde wat werkers werf, kan die werwer met die werker buite die gronde of op n plek op u gronde wat vir u geskik is onderhandel, en is dit u reg om hom toegang te weier tot u eiendom, solank dit nie 'n weiering is tot toegang tot die werker nie, tensy die werker ook weier.
VIKTIMISASIE
U mag nie 'n werker ontslaan as die werker aan 'n sekere politieke groepering of aan 'n vakbond behoort of as die werker sekere inligting verstrek het aan 'n inspekteur of aan 'n ander persoon wat geregtig is op so inligting (bv. Vakbond) nie.
WERKLOOSHEIDSVERSEKERING
Die werkgewer moet 2% van die permanente werker se maandelikse salaris oorbetaal aan Depatement van Arbeid, waarvan die helfte deur die werker bygedra word. (Kyk aangehegte fotostate vir meer inligting )
Sodra die werker bedank of ontslaan is moet hy binne die voorgeskrewe tydperk sy eis om werkloosheid versekering registreer (hy het nie nodig om in die tydperk n bloukaart te hê nie). Sodra geld wil eis het hy egter wel die bloukaart nodig.
WERKVERSPREIDING
Die tydperk van wanneer die werker begin werk tot dat die werk gestaak is.
BAIE BELANGRIK
Tot op hede (1994/10/1) 1is daar geen spesifieke wetgewing van krag op die plaaswerker wat u verplig om n sekere loon en sekere spesifieke voordele te gee nie. Al wat u bind is dat u , u werker net billik en regverdig moet behandel. U het die diskressie om nog steeds die kontraksbepalings so te stipileer as wat die redelike man as billik en regverdig sou beskou.