KONSEP-DIENSKONTRAK VIR PLAASWERKERS
HIERDIE OOREENKOMS IS TUSSEN:
WERKNEMER: ..................................................................
IDENTITEITSNOMMER: .....................................................
(LW. WERKNEMER MOET OUER WEES AS 15 JAAR.)
ADRES: .......................................................... POSBUS . .........................................
........................................................... ..........................................
........................................................... ..........................................
TEL:
NAASBESTAANDE: ............................................................
ADRES: ...............................................................................
...............................................................................
................................................................................
TEL: ..................................
en
WERKGEWER: .......................................................................
(Indien moontlik die besigheid en nie die werkgewer as persoon nie)
ADRES: ....................................................................................
.....................................................................................
.....................................................................................
TEL: ...................................................
OOREENKOMS VAN DIENSVOORWAARDES
Voltyds / tydelike/ Nie Inwonend/ plaaswerker.
Vul die pos as: ................................................ (opsioneel . bv Toesighouer)
2. PLIGTE VAN PLAASWERKER:
Die plaaswerker onderneem om alle redelike opdragte uit te voer, indien dit verband hou met die instandhouding en onderhoud van die plaas.
Die dienstermyn begin loop vanaf ondertekkening of diensaanvaarding wat begin loop vanaf
(Datum en jaar).....................................................................
op voorwaarde dat die volgende nagekom is
1. Die n burger van die RSA is
2. Die bedank het by vorige werkgewer, ens.
3. ...........................................................
4. ...........................................................
4. WERKPROGRAM:
Soos deur die werker en werkgewer deur die loop van die dag bepaal word.
n Kort beskrywing opsioneel kan nou volg wat die werker se daaglikse program behels
Bv. Maandag: Melk die koeie, Dip die beeste elke 3 week van n maand., ens;.........................................................................................................................
(Hou die uiteensetting van werk so kort moontlik en laat die woorde soveel meer as moontlik betekenis dra. Dit is onwys om n punts gewys uiteensetting van werk te gee, aangesien u in die algemeen nie opdragte mag gee as dit nie in die werker se plig omskrywing val nie.)
Maandag: .......................................................................................................................................
Dinsdag: .........................................................................................................................................
Woensdag: ........................................................................................................................................
Donderdag: ........................................................................................................................................
Vrydag: ...........................................................................................................................................
Saterdag: ............................................................................................................................................
Sondag: ..........................................................................................................................................
Die werker werk ....... werksdae per week
(Maandag tot Vrydag = 5)
(Maandag tot Saterdag 13h00 = 5 ½)
n Gewone werksweek sal wees van Maandae tot Saterdag middae.
Opsie A
Aanvangstyd: ............................
Teetyd : .................... Tot ....................................
Middagete : ..................... Tot ....................................
Middagtee: ..................... Tot .....................................
Vertrektyd: .....................................
Na-Ure: ......................................
of
Opsie B
Werksure ure is onderhewig aan seisoene en kan verander word deur die werkgewer na die ooreengekom het met die werker. n Werker kan verwag dat hy/sy langer ure sal werk in dorstye en in buitegewone gevalle.
Teetyd sal wees vanaf 10h00 tot 10h15
en 15h00 tot 15h10. (gemiddeld tot 15 minute)
Middagete vanaf ...................13 h 00 (Gemiddeld 45 minute)
Indien die gewone werkure van die plaaswerker verleng word, sal 'n skriftelike ooreenkoms aangegaan en deur beide partye onderteken word, vir die ooreengekome tydperk op voorwaarde dat
*dit nie langer as 26 dae in enige aaneenlopende tydperk van 12 maande mag wees nie.
*en hoogtens vier uur per week is nie,
met dien verstande dat die gewone werkure van die plaaswerker met 'n ooreenstemmende getal ure verminder word, gedurende 'n tydperk van dieselfde duur as waartydens die verlengde ure gegeld het (en in dieselfde tydperk van die 12 maande).
En dat so 'n werkverspreiding met die verlengde werkure nie meer as 12 uur vir 'n uitwonede en 14 uur vir inwonende werker is nie.
(BEREKEN VAN DIE BEGINTYD TOT WERK GESTAAK WORD).
Die werkgewer betaal die werker vir die duur van die tydperk gelykstaande aan die uurlikse loon wat die sou verdien het in die gewone werk ure.
· *Die werker sal maandeliks 'n kontantloon van R................... ontvang, betaalbaar nie later as op die laaste dag van elke maand nie of soos ooreengekom op versoek van werknemer.
· *'n Vervoertoelae is ingesluit / uitgesluit ten bedrae van R..........
· Salaris verhoging sal op meriete, of een keer per jaar oorweeg word.
· Geen vergoeding word betaal vir die tydperk wat die werker sonder 'n geldige verskonning of rede wegbly nie of deur ooreenkoms nie.
· *Werkgewer voorsien oggendete en middagete vir die dae wat die werker op diens is, die waarde van die rantsoene bedrae in kotantwaarde (R100+=) R.................... per maand en vorm (nie) deel van die vergoedingspakket (nie). Dit is nie in kontant uitkeerbaar nie en sal nie bereken word as vergoeding van oortyd of kennisgewingstydperk nie.
*NUTURA IS ENIGE VERGOEDING WAT NIE IN KONTANT GESKIET NIE EN WORD BEREKEN OP R100 PER MAAND OF DIE BEDRAG WAAROP DIE PARTYE SKRIFTELIK OOREENKOM, WATTER BEDRAG OOK AL DIE GROOTSTE IS.
LW. DIE WET VERBIED ENIGE AFTREKKINGS VAN DIE WERKER SE LOON, SONDER SKRIFTELIKE MAGTIGING VAN DIE WERKER..
Die kontantwaarde van die loon en die addisionele voordele (betaling in nutura) bv. voedsel, akkommodasie (behuising) en vervoertoelae, wat by die loon ingesluit word, is soos volg saamgestel.
Kontant bedrag R ........................................
Behuising: R ........................................
Voedsel: R ........................................
Vervoertoelaes: R ........................................
Voorsieningsfonds-polis R ........................................
Werkloosheidsversekering R ........................................
(1% dra die werker by op sy maandelikse salaris, die werkgewer dra n verdere 1% by)
Begrafnispolis R ........................................
_________________________
TOTAAL _________________________
Kontant/Tjek/ Oorbetaling In Rekening
*10. DIENSBONUS
'n Diensbonus is betaalbaar volgens meriete werk gelewer op diskressie van werkgewer.
· *Huisvesting sal aan die werker verhuur word of deel wees van van die vergoedingdspakket solank die werker in diens is van die werkgewer.
· Die huisvesting sal alleen deur die werker en sy gesin bewoon word.
· Die huurooreenkoms is kwartaaliks hernubaar, na inspeksie.
· *Die huisvesting vorm deel van die vergoedingspakket, maar sal nie as oortyd vergoeding bereken word nie en is nie in kontant uitkeerbaar nie.
· Die werker onderneem om die behuising skoon en netjies te hou.
· Geen verbeterings en veranderings aan die struktuur sal sonder die skriftelike keninsgewing van die werkgewer geskied nie.
· Binne die tydperk van kennisgewing van ontslag, sal die werker die behuising ontruim, tensy anders skriftelik ooreen gekom is met die werkgewer..
· As kuier gaste oornag, moet die werker vooraf toestemming ontvang van werkgewer.
· Werkgewer behou die reg om enige besoekers toegang tot die perseel te weier en te laat vewyder indien nodig.
· By diensbeiëndiging deur kennisgewing of summiere ontslag met billike rede, vrywaar die werker die werkgewer teen eise van skadevergoeding ten opsigte van die ontruiming van behuising.
*12. KLERE EN NETHEID
· ........ Stelle oorklere word verskaf deur werkgewer en bly (nie) eiendom van werkgewer.
· Dit is die werker se verantwoordelikheid dat die klere in 'n netjiese en skoon toestand is.
· Die werker magtig die werkgewer om maandeliks 'n bedrag van R ............... van die werker se salaris af te trek vir pensioenvoordele.
· Die werkgewer onderneem om R ............ tot die pensioen by te dra.
of
die Wergewer se bydrae verhouding tot n voorsieningsfonds 1:1
· Indien meer as 46 ure per week gewerk word geld die oorskryende tyd as oortyd teen vergoeding van een en een-derde van die gewone uurlikse werk.
· Oortyd sal nie meer as drie uur per dag of tien uur per week wees nie.
· As op 'n Sondag nie meer as vier ure gewerk word nie, sal die gewone daaglikse uurlikse loon betaal word. Indien meer as vier ure gewerk word op 'n Sondag, sal dubbel die uurlikse loon betaal word vir die volle tyd.
· Of anders word die werker 'n dag vry gegee teen volle betaling en die oortyd bereken op een en een-derde van die uurlikse loon vir totale tyd oortyd gewerk.
15. OPENBARE VAKANSIEDAE
Die werker is geregtig op volle betaling vir openbare vakansietye:
(INDIEN DIE WERKER WEL EEN VAN DIE DAE WERK GELD DIE REëLING TEN OPSIGTE VAN SONDAE.)
· Binne sestig dae na elke twaalf maande aaneenlopende diens sal die werker geregtig wees op ....... (14) dae aaneenlopende verlof. Sodanige verlof sal verminder word met met die aantal dae geleentheidsverlof wat aan die werker toegestaan is.
· Onbenutte verlof is (nie) betaalbaar aan die einde van die volgende twaalf maande ononderbroke diens teen die gewone uurlikse loon (nie).
· Indien werker besluit op 'n verlof tydperk, sal die werker ten minste 30 dae voor die beplande verlof aansoek doen by die werkgewer vir verlof. Die werkgewer het die diskressie om die verlof toe te ken op die tydperk of nie.
· Vakansieverlof oorvleuel nie met sieke verlof nie.
· Vakansieverlof sal nie met kennistyd geneem of toegestaan word nie.
· Die werker is (nie) geregtig op die uitbetaling van verlof wat nie geneem is nie.
· *Vir elke openbare vakansiedag wat binne die verlof tydperk van die werker val, wat andersins 'n gewone werkdag vir die werker sou gewees het, moet die verloftyd met eendag teen volle betaling verleng word.
· *'n Gereelde dagwerker / los werker sal geregtig wees op een dag verlof vir elke 26 werksdae.
· *Verlof is nie oploopbaar nie en word nie uitbetaal as dit nie gebruik word nie.
17. SIEKTEVERLOF
· *Die werker is geregtig op ........... dae betaalde siekteverlof per jaar.
· Siekteverlof is nie oploopbaar nie en word nie uitbetaal as dit nie gebruik word nie.
· *As meer as twee dae siekteverlof geneem word, kan die werkgewer 'n mediese sertifikaat vereis. Indien so 'n siekteverlof vir die tydperk nie genoegsame gronde het nie en geen mediese bewys gelewer kan word nie, kan geen salaris vir die tydperk betaal word nie.
· ***Gedurende die eerste twaalf maande is die werker geregtig op een dag siekteverlof ten opsigte van elke kalender maand gewerk. Daarna kry die vyf dag per week werker dertig dae en die ses dag per week werker 36 dae verlof vir elke siklus van 36 maande.
(SIEKTEVERLOF NIE VAN TOEPASSING OP LOS WERKER NIE TENSY SOOS BO GEREëL)
· As die werker baie lank afwesig is as gevolg van siekte, sal die werkgewer geregtig wees om die kontrak te beëindig .
· Die werker waarborg dat, tydens ondertekening, die vry is van enige aansteeklike siekte of dodelike siekte (Vigs).
· Indien werker ontdek dat die wel aan sodanige siekte onderlede het, sal die werker, die werkgewer onmiddellik in kennis stel.
· Die werker stem in om ter enige redelike tyd 'n mediese ondersoek te ondergaan op werkgewer se koste, indien die werkgewer dit vereis.
· 'n Werkgewer is geregtig om alle redelike en billike mediese koste te verhaal van die werker se salaris, indien die werker dit benodig het.
*19. SWANGERSKAPVERLOF
· Die werker sal vier weke voor die bevalling onbetaalde verlof neem en agt weke na die die bevalling.
· *Die pos sal vir 12 weke (nie) oopgehou word (nie). ( tensy die werker vir die 12 weke bevallingstydperk 'n plaasvervanger reël en wat deur die werkgewer aanvaar word.)
20. ANDER
BEGRAFNISSE:
Toestemming moet van die werkgewer gevra word en die aantal ure sal afgetrek word van verlofdae of is nie betaalbaar nie, soos ooreengekom .
WEGBLY-AKSIES:
Indien dit 'n algehele staking is, sal die ure wat nie gewerk is nie, nie betaalbaar wees nie.
Die beginsel van - Geen diens, Geen betaling - geld.
· *Hierdie ooreenkoms word aangegaan onderhewig aan die eerste proeftydperk van (12 maande) waartydens die werker of werkgewer die ooreenkoms met 24 uur kennisgewing kan beëindig. Na die 12 maande sal kennisgewing van een maand skriftelik geskied ( wat geld vanaf betaaldag).
· Na een jaar diens sal die werker in permanente diens wees. Dan sal diens beëindig word op grond van 'n billike of/en 'n regverdige grondige rede (bv. werkgewer kan werknemer nie meer bekostig nie) of soos uiteengesit in die dissiplinêre kode.
· Kennistyd mag uitbetaal word in plaas daarvan dat die werker gedurende die tyd werk. Sodanige betaling sal nie die kontantwaarde van behuising en etes insluit nie.
WERKER: .........................Dae / Week / Maand
WERKGEWER:............................... Dae / Week / Maand
· Ek onderneem om alle redelike en regmatige pligte of opdragte van my werkgewer uit te voer.
· Ek aanvaar dat ek my onderwerp aan die dissiplinêre kode, huisreëls en griewe prosedure.
· Ek aanvaar die werkrooster, insluitend oortyd,van tyd tot tyd sal wissel.
· **Ek aanvaar dat die werkgewer van tyd tot tyd my vermoë om pligte uit te voer sal evalueer en dat die werkgewer my binne .......... (12) maande sal inlig oor die se besluit op permanente indiensneming.
· Ek aanvaar dat ek nie tydens die aanstelling, my in 'n ander se diens sal aanvaar sonder die goedkeuring / toestemming van my werkgewer nie.
· Indien toestande ontstaan wat my werkgewer laat besluit om my af te dank of oortollig te maak, sal ek in kennis gestel word, en alle gelde betaalbaar of verskuldig aan werker/werkgewer sal ten volle betaal word, in volle en finale verekening en die voordele en voorregte sal onmiddellik staak.
· Die inhoud van hierdie dokument is aan my verduidelik en ek verstaan dit ten volle.
Hierdie ooreenkoms herroep alle vorige ooreenkomste en verstandhoudings en sal alleen skriftelik gewysig word en by wysiging sal 'n handtekening van die werkgewer en werker en twee getuies by wysiging gevoeg word.
Enige vergunning, verslapping of afwyking van die diensooreenkoms sal nie geag word 'n wysiging van die diensooreenkoms te wees nie.
WERKGEWER :........................................ PLAASWERKER: .....................................
GETUIE :.................................................... GETUIE: ...................................................
DATUM: ................................................... PLEK: .......................................................
TOLK INDIEN GEBRUIK: .........................................................
(indien werker nie kan teken nie sal n kruis genoegsaam wees en moet dit net voldoen aan twee getuies)
plaaswer.doc