BELKOP SUID-OOS PRETORIA

1. Doelstellings en riglyne
2. Ons wil in hierdie gebied die volgende doen
3. Om by ons doelwitte uit te kom, sal ons die volgende stappe volg.
4. In die praktyk
5.Dagbestuur
 

1. DOELSTELLINGS EN RIGLYNE

1.1 Ons wil weer in 'n eie, vrye, soewereine BOEREREPUBLIEK, waar die Boerevolk woon, deur ons eie mense regeer word.

1.2 Ons wil as plan van aksie DIE SUIDERLANDPLAN, wat a-polities is volg, totdat daar 'n beter plan na vore kom.

1.3 Eerstens wil ons ons voor die HERE ONSE GOD verootmoedig, omdat ons glo dat net Hy in staat is om ons uit die mag van ons vyande te red.

1.4 Tweedens wil ons, deur steun aan die SUIDERLAND-KOöPERASIE en die stigting van die BELKOP SUID-OOS PRETORIA, beheer verkry oor die ekonomie van die area wat ons as mikpunt gestel het.

1.5 Ons wil binne ons geledere slegs die volgende persone toelaat: Elke volksgenoot wat glo in die Drie-enige God van die Bybel; wat die Bloedriviergelofte respekteer en sy eie maak; en wat deel van die Boerevolk wil wees. (Die projekspan sal hierdie persone aktief by wyse van opnames identifiseer).

2. ONS WIL IN HIERDIE GEBIED DIE VOLGENDE DOEN

2.1 Ons wil die steun van ons eie mense verkry.

2.2 Ons wil ons geledere sluit en heel eerste sorg vir die belange van ons eie mense binne ons gebied.

2.3 Ons wil van ons gebied 'n selfversorgende eenheid maak, deur eerstens 'n omvattende plan op te stel, wat alle fasette sal dek.

2.4 Ons wil begin om die grondstowwe, wat eerstens die landbouprodukte behels, self te verwerk, te verfyn en in die finale stadium te verhandel, sodat ons eie mense alle moontlike wins daarop maak.

2.5 Ons wil voorkom dat ons eie mense verarm word, deur die verkoop van ons grondstowwe aan volksvreemdes, wat die wins daarop maak.

2.6 Ons wil slegs handelsondernemings wat met hierdie BELKOP saamwerk, aandele hierin en in die SUIDERLAND-KOöPERASIE koop, ondersteun. Indien daar sekere soorte handelsondernemings nodig is, wat nie in ons gebied bestaan nie, of net aan volksvreemdes behoort, sal ons binne koöperatiewe verband, nuwe ondernemings stig.

2.7 Ons sal volksvreemde ondernemings vermy en liefs verder ry om ons eie ondernemings te kan ondersteun. Ondernemings wat aan blankes behoort, maar nie deel van ons wil wees nie, word ook as volksvreemde ondernemings beskou.

2.8 Ons wil met ander BELKOPS saamwerk, sodat ons nie onnodig sal dupliseer nie en ons bronne so sinvol moontlik kan aanwend.

2.9 Ons sal in liefde met mekaar saamwerk en voorkom dat onderlinge wrywing en selfsug ons doelwit verydel.

2.10 Ons sal voorkeur gee aan volkseie arbeid.

2.11 Ons sal meganiseer, outomatiseer en koöperatief saamwerk deur gebruik te maak van makro-implemente, om onnodige hande-arbeid uit te skakel.

2.12 Ons sal, deur die stigting van BELKOP-BESKERMING, begin om die veiligheid van ons eie mense te verseker, omdat die polisie nie meer in staat is om dit te doen nie. Dit sal ook binne koöperatiewe verband gedoen word.

2.13 Al ons aksies sal so ver moontlik binne koöperatiewe verband gedoen word om samewerking tussen lede van die Boerevolk te kan verkry.

3. OM BY ONS DOELWITTE UIT TE KOM, SAL ONS DIE VOLGENDE STAPPE VOLG

3.1 Ons gaan formeel oor tot die stigting van die BELKOP -OOS, as deel van die SUIDERLAND-AKSIE.

3.2 Ons onderneem om binne die breë beleidsraamwerk van die SUIDERLAND-KOöPERASIE te beplan en te werk.

3.3 Ons onderneem om VOLKSBELANG te alle tye bo EIEBELANG te stel, al verg dit moeite en opoffering.

3.4 Die aksie begin met 'n PROJEKSPAN, totdat die koöperasie formeel geregistreer is. 'n Span van 17 lede is saamgestel sodat die regte werkkrag en insette ingebou kan word. Die span het 'n PROJEKLEIER, ONDERLEIER en SEKRETARIS gekies.

3.5 Na die stigting van die koöperasie sal 'n direksie ingevolge die statuut daarvan gekies word.

3.6 Nadat die BELKOP geregistreer is, word 'n vergadering van aandeelhouers belê, waar 'n direksie gekies word.

4. IN DIE PRAKTYK

4.1 Word 'n aandeelhouer by die S.O. PRETORIA BELKOP deur 'n aansoekvorm in te vul en R100:00 aandeelfooi te betaal.

4.2 Ons beveel ook aan dat u terselfdertyd 'n aandeel verkry in die SUIDERLAND KOöPERASIE teen R100:00 per aandeel.

4.3 Ons is reeds besig met ons eerste projekte:

4.3.1 Bemarking en werwing.

4.3.2 Databasis.

4.3.3 Kartering.

4.3.4 Advertensieblad.

4.3.5 Veiligheid.

4.3.6 Kleuterskool.

4.4 Die volgende projekte sal spoedig ook aangepak word:

4.4.1 Fondse en skenkings.

4.4.2 Staalwerke.

4.4.3 Tuisnywerheid.

4.4.4 Verwerking van landbouprodukte.

4.4.5 Vlae en vlagpale.