Die CyberVolkstaat idealliseer 'n vrye volkstaat vir die Boere-Afrikanervolk. Die CyberVolkstaat is ook 'n barometer om te wys wat reeds bereik is, in die aanloop na 'n vrye Volkstaat..
'n Volkstaat is 'n staat waarin ons die Boerevolk uiteindelik die meerderheid sal vorm. Dit beteken dat ons volk volkome vry sal wees in ons eie land. Die mees stabiele en welvarende state in die wêreld is volkstate. Voorbeelde hiervan is Duitsland, Frankryk, Holland ensovoorts.
'n Volk is 'n groep mense wat deur die volgende gemeenskaplikhede in 'n samehorigheid saamgebring word:
Die Boere-Afrikaner voldoen aan al hierdie vereistes vir 'n volk, en is daarom geregtig op 'n eie staat.
'n Eenheidstaat in Suid-Afrika impliseer 'n staat waar verskillende volke onder 'n sentrale regering saamgebondel word, ongevoelig vir die verskille wat tussen die volke bestaan en vir die aspirasies van die verskillende volke.
Die eenheidstaat kan net met geweld en onderdrukking in stand gehou word omdat die aspirasies van volke onderdruk moet word sodat hulle by die geheel kan aanpas.
Die "Nuwe Suid-Afrika" is 'n eenheidstaat waar die volgende omstandighede sal geld, of reeds grootliks geld:
1. Staatsvorm
Eenheidstaat onder die ANC/SAKP-regering met al die nadele wat daarmee gepaard gaan, soos die nasionalisering van grond en eiendom, sowel as swart bevoordelingsprogramme.
2. Ekonomie.
- Die toepassing van uitgediende kommunistiese ekonomiese beginsels wat oral op aarde nog net op ellende uitgeloop het.
- Verlaagde standaarde as gevolg van swart bevoordeling, wat ook produktiwiteit en ekonomiese groei benadeel.
- Wrywing op die werkvloer as gevolg van diskriminasie teen die Boere-Afrikaner.
2. Taalverwarring.
Onrealistiese verwagtinge wat veral deur die ANC/SAKP-alliansie geskep word, lei tot aspirasies wat die beskikbare bronne oortref. Dit kan net tot konflik en ekonomiese chaos lei.
3. Sosiale omsrandighede.
Wrywing van verskillende kulture, tradisies, sedes en leefwyses in 'n gedeelte leefruimte. Godsdiens en taalverskille. Die heterogene bevolkingsamestelling binne die eenheidstaat maak dit maklik vir grensskenders om die staat binne te kom en in die voordele daarvan te kan deel sonder enige belasting-of ander bydrae.
4. Misdaad
Die permanente onrustoestande van die eenheidstaat maak dit die ideale teelaarde vir misdaad, soos reeds in Suid-Afrika ondervind word. Optrede teen midaad in die huidige Suid-Afrika is reeds uiters moeilik, aangesien skuldiges maklik tussen die massa verdwyn. In die nuwe Suid-Afrika sal dit onmoontlik wees om wet en orde te handhaaf. POPCRU gee reeds die publiek 'n onaangename voorsmaak van wat in die Nuwe Suid-Afrika van "wetstoepassing" te wagte kan wees.
'n Volkstaat is dus die resep vir vrede en vooruitgang omdat dit faktore wat wrywing veroorsaak uit die weg ruim.
Die presiese grense van die Boerevolkstaat kan nie eensydig bepaal word nie.Voor die Britse inmenging wat tot die Unie van Suid-Afrika gelei het, het Suid-Afrika uit verskillende state en kolonies bestaan. Die unie was 'n kunsmatige skepping wat op die volke van Suid-Afrika afgedwing is in 'n gees van imperialisme.
Die Boere-Afrikanervolk se historiese reg op sekere gebiede is grootliks geldig, maar daar moet ook ruimte galaat word vir sekere werklikhede soos demografiese, ekonomiese, politieke en verdedigingsmag, nie net van die Boere-Afrikanervolk nie, maar ook van ander volke in Suid-Afrika, wat sedert Uniewording ontwikkelinge getoon het.
Die volkstaat moet wat grootte aanbetref in realistiese verhouding wees met die Boerevolk se getalle en moet deur die volk self bewoon, bewerk en beveilig word.
Die finale keuse van waar die Volkstaat hang egter van wie is bereid om sy gedeelte in die VOLKSTAAT in te werk en nie wie daarvoor skreeu nie.
Indien 'n sentrale regering nugter en eerlik is sal die selfbeskikkingsreg van volke erken word en steun om volkstate te stig aan volke verleen word. Dit is hoe ondermeer Lesotho tot stand gekom het. Dit is egter onwaarskynlik dat die ANC/SAKP-regering die Boerevolk sy vryheid sal gun.
'n Eerbare sentrale regering sou die volkswil om selfbeskikking in 'n verkiesing of 'n refurendum getoets het en hom deur die uitslag daarvan laat lei het. Dit is onwaarskeinlik dat die ANC/SAKP-regering 'n verkiesing of refurendum sal toestaan.
Onderhandeling is 'n metode om 'n skikking te bereik. Onderhandeling kan egter net suksesvol wees as dit gesteun word deur sterk druk buite die onderhandelings wat die onderhandelaars se hand strek.
Die ANC/SAKP-regering en die NP het egter reeds gewys dat onderhandeling vir hulle 'n beleid is en nie 'n metode om oplossings te bereik nie. Hulle het reeds hulle mikpunte gestel en geen onderhandeling sal dit kan verander nie, tensy die onderhandeling met sterk druk gepaard gaan.
Die eensydige aankondeging van 'n volkstaat is 'n moeilike opsie omdat dit aanvanklik ekonomiese en ander opofferings van die volk verg. Sesessie kan net oorweeg word indien die volk bereid is om sekere opofferings te maak.Sesessie kan ook net suksesvol wees indien die volk bereid is om die volkstaat met die wapen te verdedig indien nodig.
Dit kan moontlik wees om die Boere-Afrikanervolk se vryheid deur militere verowering te bereik, maar hierdie opsie het verskeie nadele wat nie buite rekening gehou moet word nie.
Die vyand is in die volk se midde en moeilik identifiseerbaar en isoleerbaar. Dit kan die onnodige vergieting van bloed veroorsaak.
Die stryd sal waarskynlik baie lank duur.
Indien 'n militere verowering nie binne ure of dae bereik kan word nie, kan buitelandse ingryping plaasvind.
'n Militere verowering sal baie lewens eis en baie ellende tot gevolg he.
Ons moet seker wees dat die volk wel die wil en die vermoe het om in 'n langdurige en bloedige oorlog betrokke te raak nie.
Die Boere-Afrikanervolk beskik oor die vermoe om homself deur vreedsame verset vry te koop en daardeur die huidige regering te dwing om die regte van die Boerevolk te erken.
Hierdie tipe verset kan die kans op suksesvolle onderhandeling aansienlik vergroot en die nodige druk uitoefen om 'n verkiesing of refurendum af te dwing.
Hierdie verset kan vele vorms inneem, van nywerheidsoptrede tot vreedsame besetting van persele, optogte en handelsboikotte, maar dit kan net slaag indien die volk bereik is om opofferings te maak.
Indien die Boere-Afrikanervolk onder 'n ANC/SAKP-regering geen erkenning kry nie, kan 'n langdurige rysmieraksie geloods word om die regering oor 'n lang tydperk moedeloos te maak sodat die volk se vryheid bereik kan word.
So 'n aksie bestaan hoofsaaklik uit burgerlike ongehoorsaamheid en 'n weiering om met die regering saam te werk.
Die beste weg om 'n volkstaat te bereik is 'n totale poging van elemente van verskeie van die aksies hierbo genoem, met die uitsondering van militer, sowel as moontlike ander aksies, insluit.