BYLAAG "A"
AANHEF
ONS die afstammeling van die Voortrekkers en die afstammelinge
van hulle wat lewe
en eiendom in die Eerste en Tweede Vryheidsoorlog vir Volk en
Vaderland opgeoffer
het, en diegene wat hulle toe, daarna en tans ten volle
vereenselwig met die vry-
heidstryd van die Afrikaner/Boerevolk vir 'n eie
soewerein-onafhanklike Vaderland
onder 'n eie Regering -
IN NEDERIGE ERKENTLIKHEID teenoor God-Drie-Enig, Beskikker oor
die lotgevalle van
mense en die geskiedenis van volke;
Wat ons voorgeslagte uit baie lande byeengebring en hulle hier
in hul eie gevestig
het;
Wat hulle we deur geslagte bepaal het;
Wat hulle so wonderlik deur gevare gelei het;
GEDAGTIG aan die selfbeskikkingsreg van volke wat deel vorm van
die algemene
volkereg en wat as sodanig 'n jus cogens-karakter met 'n erga
omnes-regswerking het
en wat erken word in die Handves van die VVO ingevolge waarvan
dit die onver-
vreembare reg van elke volk is om oor sy bestaan, sonder
inmenging deur andere,
self te beslis;
VERKLAAR hiermee as verteenwoordigers van die volk dat:
ONS BEWUS IS van ons verantwoordelikheid voor God, die mensdom
en ons volk;
ONS die leiding van die lewende God erken wat ons as volk
gevestig het en ons daar-
toe verbind om Hom te dien en gehoorsaam te wees en om daarna te
strewe om in 'n
vaste geloof vir Hom te werk in sy diens en vir die uitbouing van
ons volk en ander
volke.
OORTUIG IS van die noodsaaklikheid dat Afrikaners wat een van
politieke sin en
strewe is, moet saamstaan:
Om die politieke onafhanklikheid en die territoriale
integriteit van ons
land teen aanvalle van binne en buite te beskerm;
Om die Wet en Orde daarin te handhaaf;
Om die geluk en welvaart van almal daarin te bevorder.
DAT ONS BEREID IS om te alle tye ons plig teenoor ons land en ons
medelandsburgers
te doen en om nie-landsburgers altyd met respek en agting te
behandel en
OM GESAMENTLIK met alle vredeliewende volke, en veral ons
buurvolke en gemeen-
skappe in Suider-Afrika, vrede te soek
en geskille, waar dit moontlik is, vreedsaam te besleg.
DAAROM wil ons die opdrag van God en van ons Volk uitvoer om ons
eie Republiek te
vestig met 'n Grondwet wat die beste sal aanpas en inpas by die
tradisies, geskie-
denis en norme van die Boere-Afrikanervolk in sy eie vaderland;
DAAROM gee ons nou aan ons volk in sy eie Vaderland die volgende
grondwet:
DEEL 1
GRONDBEGINSELS
ARTIKEL 1
OMSKRYWING
1.1 Die Boerevolksrepubliek is 'n vrye, soewereine en
onafhanklike Staat met 'n
Christelike grondslag.
1.2 Die Naam van die staat is ....
BEKENTENIS
Die Afrikaner/Boerevolk erken die Oppergesag en Leiding van God
Drie-Enig
ARTIKEL 2
SOEWEREINITEIT
Met erkenning aan God Drie-Enig wat die lotgevalle en
toekomsbestemming van na-
sies en volke en daarom ook van ons volk, in Sy hand hou, word
alle staatsregtelike
bevoegdhede en kompetensies in hierdie grondwet deur die volk
bepaal wat hierdie
bevoegdhede en kompetensies deur demokraties verkose
verteenwoordigers uitoe-
fen; met dien verstande dat hierdie volksverteen-woordigers in
algemene, vrye, ge-
lyke, direkte en geheime stemmings in kiesafdelings verkies moet
word.
ARTIKEL 3
STAATSVORM
3.1 Die Republiek is 'n demokratiese regstaat en berus
(i) op die verdeling van die staatsgesag in die
wetgewende, uitvoerende
en regsprekende gesag;
(ii) op die voorrang van en agting vir die reg in die
algemeen en in die
besonder die regte en pligte wat in artikel 11 en
ook in ander arti-
kels in hierdie grondwet vervat is.
(iii) daar is twee vlakke van regering naamlik die
Volksraad en Plaaslike
regering (Burgerrade). Regulering geskied deur 'n
wet van die
Volksraad.
3.2 Die Republiek aanvaar die vryemarkstelsel met dien
verstande dat die
Volksraad paslike maatrels kan tref om die ekonomiese
belange van sy
burgers te beskerm.
ARTIKEL 4
GEBIED EN TERRITORIALE WERKING
4.1 Die gebied van die Boerevolksrepubliek omvat daardie
gebiede waartoe deur
onderhandelinge ooreengekom word of wat deur ander
staatsregtelike of
volkeregtelike we bepaal word.
4.2 Hierdie grondwet vind sy werking in die Republiek soos
hierbo bepaal asook
in daardie gebiede (kantons) wat vrywillig ingestem het
om deel van die
Boerevolksrepubliek te wees.
4.3 Samewerking tussen die Boerevolksrepubliek en daardie
gebiede (kantons) wat
ingevolge artikel 4(2) hierbo daarby aangesluit het asook
die onderlinge
verdeling van die staatsregtelike bevoegdhede en
kompetensies geskied deur
middel van die verskillende vlakke van regering en die
gekose volksverteen-
woordigers in die Boerevolksrepubliek.
4.4 Samewerking tussen die Boerevolksrepubliek en daardie
kantons wat daarby
aangesluit het aan die een kant en ander state in
Suidelike Afrika aan die
ander kant asook die onderlinge verdeling van die
volkeregtelike bevoegd-
hede en kompetensies tussen hierdie instansies geskied op
'n vrywillige basis
binne konfederale verband en kom tot uitdrukking in
onderlinge verdrae wat
vir hierdie doel tussen die samestellende state gesluit
word en waarvan die
teks van sodanige verdrae deur middel van wetgewing deel
gemaak word van
die regsisteem van die onderskeie verdragstate.
4.5 Vir groot konsentrasies nie-burgers binne die
Boerevolksrepubliek kan, na
besluit deur die Volksraad en deur middel van verdrae in
artikel 4(1) genoem,
kantons geskep word wat staatsregtelik verbind is met
ander state in Sui-
delike Afrika.
ARTIKEL 5
TERRITORIALE INTEGRITEIT
5.1 Die gebied van die Boerevolksrepubliek en die gebiede van
die daarby aan-
geslote kantons is onskendbaar, ondeelbaar en
onveranderbaar, tensy die
Volksraad deur middel van 'n wet wat drie stadiums moet
deurloop met 'n
meerderheid van 66% anders beslis.
(i) Dit is die hoogste prioriteit vir die Staat om te
sorg vir die
verdediging van die Republiek en sy belange asook
die beskerming
van sy burgers teen interne en eksterne
bedreiging.
(ii) Vir hierdie doel moet die Staat sorg vir 'n
doeltreffende weermag en
polisiemag en die daarmee samehangende
staatsveiligheidsdienste.
(iii) Die Staatspresident is ex officio hoof van die
weermag, polisiemag
en ander staatsveiligheidsdienste.
ARTIKEL 6
STAATSIMBOLE
6.1 Die vlag van die Boerevolksrepubliek is die "Vryheidsvlag"
waarvan die ont-
werp en die kleure in ooreenstemming is met die ontwerp
en die kleure soos
vervat in Bylae 2 van die Grondwet, nl. wat van bo na
onder uit drie hori-
sontale bane onderskeidelik oranje, wit en blou en 'n
vertikale groen baan
aan die linkerkant bestaan.
6.2 Behalwe by amptelike ambassadegeboue, mag geen landsvlag
van 'n vreemde
staat wapper sonder dat die landsvlag van die
Boerevolksrepubliek ook tege-
lykertyd saam wapper nie. Regulering geskied deur 'n wet
van die Volksraad.
6.3 Die volkslied van die Boerevolksrepubliek is "Die Stem"
van Suid-Afrika soos
geskryf deur CJ Langenhoven en getoonset deur ML de
Villiers en waarvan
onderskeidelik in Bylae 3 van hierdie Grondwet amptelike
weergawes vervat
is.
6.4 Die amptelike wapen en sel van die Boerevolksrepubliek
is die wapen en sel
wat onderskeidelik in Bylae 4 van hierdie Grondwet vervat
is.
ARTIKEL 7
AMPTELIKE TALE
Die amptelike tale van die Boerevolksrepubliek is Afrikaans en
Engels.
ARTIKEL 8
BURGERSKAP
8.1 Burgerskap word toegeken aan alle Boere-Afrikaners wat op
die datum van die
inwerkingtreding van hierdie Grondwet in die gebied soos
in Artikel 5(1)
bepaal woonagtig is asook diegene wat elders gebore of
woonagtig is en wie
se aansoek om burgerskap goedgekeur word.
8.2 Burgerskap in albei bogenoemde gevalle d.w.s.
Boere-Afrikaners wat in die
gebied woonagtig is asook diegene wat van elders af
aansoek doen, is afhank-
lik van die in besit wees van 'n burgerskapsertifikaat wat
deur die bevoegde
owerheid uitgereik word. Regulering geskied deur 'n wet
van die Volksraad.
8.3 Burgerskap word verder toegeken aan alle Boere-Afrikaners
wat in die gebied
gebore is.
8.4 Burgerskap word verder ook toegeken aan alle
Afrikaner/Boere wat buite die
Boerevolksrepubliek gebore is en wie se vader of moeder
burgerskap van die
Boererepubliek verkry het.
8.5 By die interpretasie van hierdie artikel word die Aanhef
van die Grondwet
gebruik soos bepaal in artikel 32 van die Grondwet.
ARTIKEL 9
BURGERSKAPSREGTE
9.1 Alle burgers wat die agtiende lewensjaar bereik het,
beskik oor aktiewe
kiesreg om daardeur verteenwoordigers in en vir die
Volksraad en ander deur
hierdie Grondwet ingestelde liggame te kies en waardeur
die volk deur middel
van politieke partye of individue aan die demokratiese
proses deelneem en
die volkswil sodoende tot uitdrukking bring. Regulering
geskied deur 'n wet
van die Volksraad.
9.2 Alle burgers wat die agtiende lewensjaar bereik het,
beskik oor passiewe
kiesreg om daardeur as volksverteenwoordigers in en vir
die Volksraad en
ander deur hierdie Grondwet ingestelde liggame benoem en
verkies te word;
met dien verstande dat sodanige burgers voldoen aan die
by wet vereiste
toepaslike kwalifikasies vir sodanige benoeming en
verkiesing. Regulering
geskied deur 'n wet van die Volksraad.
9.3 Elke burger het die reg om
(i) 'n politieke party te stig;
(ii) by 'n politieke party aan te sluit en aan die
bedrywighede van
sodanige politieke party deel te neem;
(iii) persone in diens van die Staat word nie verbied
om aan regmatige
politieke bedrywighede deel te neem nie; met die
voorbehoud dat
geen persoon in diens van die staat hom vir enige
amp vir die
liggame wat in hierdie Grondwet vervat is,
verkiesbaar mag stel nie.
9.4 Elke burger het die reg om nie
(i) van sy of haar burgerskap ontneem te word nie;
behalwe in die geval
van skuldigbevinding aan hoogverraad maar met dien
verstande dat
'n reg van hor beroep op die Hooggeregshof nie
uitgesluit word nie;
(ii) uit die Republiek verban, uitgesit of uitgelewer
te word nie;
behalwe ingevolge 'n geldige uitleweringsverdrag;
(iii) verhinder te word om die Republiek te verlaat nie;
behalwe in
gevalle van 'n bevel of uitspraak van 'n hof of
ingevolge 'n wettige
aanhouding soos bepaal in 'n wet van die Volksraad
ingevolge Artikel
12.3.2 van hierdie Grondwet;
(iv) 'n paspoort geweier of ontneem te word nie;
behalwe waar die
staatsveiligheid dit ingevolge 'n hofbevel
noodsaak.
ARTIKEL 10
NIE-BURGERS
10.1 Alle nie-burgers wat hulle in die gebied bevind, is daarop
geregtig om
behandel te word in ooreenstemming met die algemeen
erkende volkeregtelike
standaard van behandeling en in besonder in ooreenstemming
met die regte
wat in artikel 11 in hierdie Grondwet vervat is;
10.2 Nie-burgers mag slegs werk verrig in die
Boerevolksrepubliek indien hulle
in besit is van 'n werkvergunningspermit wat deur die
Departement van Man-
nekrag uitgereik is. Sodanige permitte is geldig vir die
tydperk daarin
vermeld maar nie vir langer as twee jaar nie. Permitte
kan hernieu word.
10.3 Nie-burgers kwalifiseer nie vir aanstelling in die
Staatsdiens nie in watter
verband of op watter vlak ook al nie; met die voorbehoud
dat tegniese,
deskundige en ander personeel na aanbeveling deur die
Staatsdienskommissie,
en in geval van weermag-, polisie en veiligheidspersoneel,
deur die Staats-
veiligheidsraad uit die geledere van nie-burgers deur
middel van 'n diens-
kontrak wat vir hoogstens drie jaar aangegaan kan word
maar hernubaar is,
aangestel kan word. Regulering geskied deur middel van
'n wet van die Volks-
raad.
10.4 Nie-burgers word nie verplig om enige vorm van diens in
die weermag of
veiligheidsdienste te verrig nie.
10.5 Dit staan nie-burgers vry om soos burgers enige wettige
transaksie te sluit
waarop die Boerevolksrepubliek se reg van toepassing is;
met die voorbehoud
dat in geval van nie-burgers reg op onroerende goedere
verkry kan word in-
gevolge bepalings van 'n wet van die Volksraad.
10.6 Deur middel van verdrae wat tussen die Boerevolksrepubliek
en ander state
gesluit is, kan bepaal word dat die burgers van ander
state wat in die Boere-
volksrepubliek woonagtig is, stemreg in ander state het
en dat die burgers
van die Boerevolksrepubliek wat in ander state woonagtig
is, in die Boere-
volksrepubliek stemreg het.
DEEL 2
HANDVES VAN REGTE EN PLIGTE
ARTIKEL 11
GELDING, BEPERKINGS EN AFDWINGING
11.1 Die regte in hierdie handves vervat,
(a) skep slegs 'n regsverhouding tussen die Staat aan
die een kant en
burgers en nie-burgers aan die ander kant soos
hieronder uiteen-
gesit.
(b) het geen regswerking tussen burgers onderling nie.
(c) het die regskarakter van afweerregte teen die op
hierdie regte
inbreukmakende staatsowerheid op watter vlak van
owerheidsoptrede
ookal;
(d) bind die wetgewende, uitvoerende en regsprekende
gesag op alle
staatsowerheidsvlakke as direk geldende reg;
(e) is beregbaar en moet deur alle howe afgedwing word
met 'n appl in
die laaste instansie na die Applhof. Regulering
geskied deur 'n wet
van die Volksraad.
(f) word beperk aan die hand van:
(aa) die grense van hulle eie inhoud;
(bb) die trefwydte van ander regte in hierdie
handves vervat;
(cc) algemene wetgewing vir sover hierdie handves
beperking deur
wette van die Volksraad toelaat.
11.2 DIE MENSLIKE LEWE EN MENSWAARDIGHEID
11.2.1 Die deur God geskape menslike lewe en die
waardigheid van elke mens
is onskendbaar; om die mens met agting te
behandel en te beskerm is
die hoogste plig van die staatsowerheid;
11.2.2 Geen persoon mag van sy of haar lewe opsetlik of
nalatig ontneem
word nie; tensy dit geskied in die voltrekking van
'n doodvonnis as
finale vonnis deur 'n bevoegde hof opgel nadat
'n aansoek om
begenadiging na die Staatspresident-in-Rade
onsuksesvol was; en met
die voorbehoud verder dat die doodvonnis opgel
word ooreenkomstig
artikel 6 van die Internasionale Handves op
Burgerlike en Politieke
Regte van 1966. Regulering geskied deur middel
van 'n wet van die
Volksraad.
11.3 PERSOONLIKE VRYHEID
11.3.1 Elkeen het die reg op die vrye ontwikkeling van
sy persoonlikheid;
vir sover hy nie daardeur op die regte van ander
inbreuk maak nie
en dit nie gerig is teen die grondwetlike orde of
teen die staats-
veiligheid of teen die algemeen aanvaarde openbare
sedes nie.
11.3.2 Elkeen het die reg op lewe, op liggaamlike
onaantasbaarheid, op sy
eie persoonlike vryheid en privaatlewe. Op hierdie
regte mag slegs
op grond van 'n wet van die Volksraad inbreuk
gemaak word waarin die
magtiging, perke en prosedure vir sodanige
vryheidsontneming
uitdruklik en omsigtig voorgeskryf moet word; met
dien verstande
dat 'n wet;
11.3.2.1 nie misdrywe met terugwerkende krag skep
nie;
11.3.2.2 nie die skadeloosstelling van
staatsowerheidspersone of -
instansies vir die onregmatige doodslag
of besering van
persone of die beskadiging van eiendom
tot gevolg het nie;
11.3.2.3 nie die aanhouding sonder verhoor van
'n persoon vir 'n langer
tydperk as 48 uur magtig nie; met die
voorbehoud dat in geval-
le waar die veiligheid van die staat in
gevaar gestel word of
kan word, geen persoon vir 'n tydperk
langer as 72 uur sonder
verlof of bevel van die Hooggeregshof
sonder verhoor aange-
hou kan word nie; met dien verstande
verder dat ingeval van
'n noodtoestand afgekondig deur die
Staatspresident aanhou-
ding van 'n persoon sonder verhoor kan
geskied vir 'n tyd-
perk van hoogstens 60 dae waarna hy of
aangekla of vrygelaat
moet word.
11.4 GELYKHEID VOOR DIE REG
11.4.1 Alle persone is gelyk voor die reg en het gelyke
beskerming deur die
reg, maar is terselfdertyd individueel en
andersins verantwoordelik
om wet en orde in die staat te handhaaf.
11.4.2 Niemand mag bevoordeel of benadeel word bloot op
grond van sy of
haar geslag, herkoms, ras, taal, geloof of sy
godsdienstige of
politieke opvattings nie; met dien verstande dat
hierdie artikel
nie afbreuk daaraan doen nie dat die staat 'n
Christelike grondslag
dra.
11.5 VRYHEID VAN GELOOF EN GEWETE
11.5.1 Die Christelike grondslag van die Staat is in
ooreenstemming met die
inhoud en strekking van atikel 36 van die
Nederlandse Geloofsbe-
lydenis.
11.5.2 Met die voorbehoud dat die Christelike grondslag
van die Staat nie
aangetas word nie, het elkeen die vryheid van
geloof en gewete en
word die vryheid van godsdienstige en politieke
opvattings gewaar-
borg.
11.5.3 Die ongestoorde godsdiensoefening word gewaarborg.
11.5.4 Christelik-godsdienstige bediening van die
verdedigingsmagte, die
polisiemag, veiligheidsdienste van die Staat,
Staatsdiensinrigtings
en die Christelik-godsdiensonderrig of
Christelik-godsdiensoefening
in skole en Christelik-godsdienstige uitsendings
deur die by wet
ingestelde uitsaaidienste word gewaarborg.
11.6 VRYHEID VAN SPRAAK
11.6.1Elke persoon het die reg op vryheid van spraak in
woord, skrif en
beeld asook die reg om inligting uit algemeen
toeganklike staats-
inligtingsbronne te bekom en te versprei,
uitgesonderd egter in-
ligting wat op staatsveiligheid betrekking het.
11.6.2Die mediavryheid en die vryheid van verspreiding
van inligting deur
die radio en televisie word gewaarborg; met dien
verstande dat
onchristelikheid, onbehoorlike geweld en
onsedelikheid op generlei
wyse bevorder mag word nie en met dien verstande
verder dat die
veiligheid van die staat op generlei wyse in
gevaar gestel mag word
nie.
11.6.3Hierdie regte word verder omvattend beperk deur
regulerende en
verbodsvoorskrifte vervat in wetgewing van die
Volksraad ter be-
skerming van die jeug onder die ouderdom van 18
jaar en die algemene
reg op persoonlike eergevoel. Die bewyslas om te
bewys dat 'n
jeugdige ouer as 18 jaar is, rus op sodanige
jeugdige en hy of sy is
verplig om sodanige bewys by wyse van
identifikasie in elke voor-
komende geval voor te l. Regulering geskied deur
'n wet van die
Volksraad.
11.6.4Die beoefening van die kunste, die wetenskap,
navorsing en weten-
skaplike onderrig word gewaarborg. Hierdie
vryheid word uitdruklik
beperk deur die plig wat op elkeen rus om die
bepalings van hierdie
Grondwet nougeset na te kom, die regte van ander
te eerbiedig en nie
die veiligheid van die staat te bedreig nie.
11.7 DIE VRYHEID VAN VERGADERINGS EN PETISIES
11.7.1Alle burgers het die reg om vreedsaam saam met
ander te vergader
met dien verstande dat hierdie reg in 'n
noodtoestand beperk of
uitgesluit kan word.
11.7.2Die reg op die hou van vergaderings wat nie in 'n
saal of gebou
plaasvind nie, kan deur of op grond van 'n wet van
die Volksraad
beperk word en moet in sodanige wet beperk of kan
uitgesluit word
indien die staatsveiligheid dit in 'n noodtoestand
vereis.
11.7.3Regulering van hierdie reg op vergaderings geskied
deur middel van
wet van die Volksraad.
11.7.4Elke persoon het die reg om petisies op te stel
en aan toepaslike
owerheidspersone voor te l; met dien verstande
dat petisies aan en
by die Volksraad volgens die prosedure in 'n wet
van die Volksraad
vervat, opgestel en voorgel moet word.
11.8 VERENIGINGSVRYHEID
11.8.1Met behoud van artikel 11(8)(3) van hierdie
Grondwet het alle burgers
die reg om verenigings, vakbonde, vennootskappe,
beslote korpora-
sies, maatskappye en soortgelyke organisasies te
stig en, waar nodig
die plig om dit by die toepaslike owerheidspersoon
of - instansie te
registreer. Regulering geskied deur 'n wet van
Volksraad.
11.8.2Verenigings of enige soortgelyke organisasie wie
se oogmerke of
bedrywighede in stryd is met die strafreg of wat
sig teen die
grondwetlike orde of die staatsveiligheid rig of
die ekonomiese
stabiliteit versteur, word verbied.
11.8.3Elke burger het die reg om 'n
werknemersorganisasie of werkgewers-
organisasie te stig, daarby aan te sluit of nie
aan te sluit nie, aan
die bedrywighede van so 'n organisasie deel te
neem of nie deel te
neem nie of andersins daarmee te assosieer of nie
te assosieer nie;
kollektief of individueel te onderhandel en te
beding; aan stakings
deel te neem of nie daaraan deel te neem nie; met
dien verstande dat
stakings deur persone in diens van die Staat of
in strategiese
bedrywe en noodsaaklike dienste nie gemagtig is
nie. Regulering
geskied deur 'n wet van die Volksraad met
betrekking tot onbillike
arbeidspraktyke, werksomstandighede, werksure,
ontspanning en
vakansiegeleentheid en riglyne ten opsigte van
lone en salarisse.
11.9 KOMMUNIKASIE VERTROULIKHEID
11.9.1 Die vertroulikheid van enige vorme van
kommunikasie word gewaar-
borg.
11.9.2 Beperkinge mag op grond van 'n wet van die
Volksraad bepaal word en
moet in gevalle van aangeleenthede wat die
staatsveiligheid bedreig
in 'n wet van die Volksraad vervat word.
11.10 BEROEPSVRYHEID
11.10.1 Elke burger het die reg om sy beroep, werksplek,
ambag, bedryf,
onderneming en besigheid te kies.
11.10.2Beroepsuitoefening kan egter deur 'n wet van die
Volksraad geregu-
leer en in algemene belang beperk word.
11.10.3 Niemand mag gedwing word om 'n spesifieke werk of
arbeid te verrig
nie, behalwe wanneer dit geskied ingevolge 'n plig
wat in die
algemene belang aan almal op 'n gelyke grondslag
opgel word.
11.10.4 Dwangarbeid is alleen toelaatbaar wanneer dit
geskied ingevolge 'n
wettige hofbevel of straf na skuldigbevinding deur
'n geregshof.
11.11 MILITRE DIENSPLIG
11.11.1 Manlike burgers wat die agtiende lewensjaar bereik
het, is by me-
diese geskiktheid, verplig om militre diensplig
in die weermag,
polisie of staatsveiligheids-dienste te doen.
Regulering geskied
deur 'n wet van die Volksraad.
11.11.2.Vroulike burgers, wat die agtiende lewensjaar
bereik het, kan op
versoek en by mediese geskiktheid militre diens
doen. Regulering
geskied deur wet van die Volksraad.
11.12 DIE ONSKENDBAARHEID VAN DIE WOONPLEK
11.12.1Die woonplek van elke persoon is onskendbaar, met
die voorbehoud
egter dat deursoeking van die woonplek slegs deur
'n deursoekings-
lasbrief gemagtig kan word in geval waar 'n
redelike vermoede
bestaan dat 'n misdryf waarskynlik gepleeg is of
beplan word.
Regulering geskied deur 'n wet van die Volksraad.
11.12.2Met behoud van artikel 11.12.1 mag verdere
beperkings deur 'n wet van
die Volksraad opgel word om 'n gemeenskaplike
gevaar of 'n lewens-
gevaar vir 'n persoon of persone, of 'n dreigende
gevaar vir die
openbare veiligheid of gesondheid die hoof te
bied.
11.13 EIENDOMS- EN ERFREG
11.13.1Private eiendomsreg en erfreg word deur die staat
gewaarborg.
Inhoud en beperkings geskied deur die gemenereg
en wette van die
Volksraad, maar met dien verstande uitdruklik dat
niks mag afbreek
doen aan die bestaan en erkenning van private
eiendomsreg en erfreg
nie.
11.13.2Onteiening geskied slegs wanneer die algemene
belang dit vereis en
markverwante vergoeding deur die Staat betaal
word.
11.14 SKOOLONDERRIG
11.14.1Onderwysvoorsiening aan kinders van burgers
geskied binne volks-
en taalverband.
11.14.2Die skoolonderrig in sy geheel staan onder die
sorg van die Staat;
met die uitdruklike voorbehoud dat Christelike
volkseie skool-
onderrig vir sover moontlik kosteloos deur die
Staat vir alle
burgers gewaarborg moet word en aan die kinders
van alle burgers
verskaf moet word.
11.14.3Onderwysvoorsiening aan die kinders van
nie-burgers geskied krag-
tens ooreenkomste wat gesluit is tussen die
Onderwysdepartement en
die ouers wat nie-burgers is.
11.14.4Ouers en wettige voogde het die reg om oor die
deelname van hulle
kinders aan godsdiensonderrig self te besluit;
11.14.5Die reg om privaatskole op te rig en te bedryf
ook ten opsigte van
die kinders van nie-burgers word gewaarborg.
Regulering geskied
deur 'n wet van die Volksraad.
11.15 DIE HUWELIK, GESIN EN KINDERS
11.15.1Die huwelik en gesin staan onder die beskerming
van die Staat;
11.15.2Elke persoon het die reg op die beskerming van
sy of haar gesin;
11.15.3Dit is die deur God gegewe reg en hoogste plig
van ouers om vir hulle
kinders te sorg en hulle op te voed. Hieroor hou
die Staat deur
staatlike owerheidspersone wag; onderhewig daaraan
dat die Hoog-
geregshof die oppervoog van alle minderjarige
kinders is.
11.15.4Teen die wil van die ouer(s) of wettige voog(de)
mag hulle kinders
slegs van hul weggeneem word, indien die ouer(s)
of voog(de) nalaat om
vir hulle kinders behoorlik te sorg of wanneer die
kinders om ander
redes verwaarloos word en dan ook slegs op grond
van 'n bevel van 'n
hof nadat verslae en getuienis van Volkswelsyn en
die getuienis van
ouers/voogde of hulle getuies of ander relevante
verslae of ander
getuies aangehoor is. Regulering geskied deur wet
van die Volksraad.
11.15.5Aangenome en buite-egtelike kinders het dieselfde
regte as ander
kinders.
11.16 BELASTINGPLIGTIGHEID
11.16.1Alle burgers is persoonlik belastingpligtig
teenoor die staat;
eweredig tot sy of haar inkomste en eweredig
versprei onder die
burgers.
11.16.2'n Stelsel van belasting tot toegevoegde waarde
mag gehef word op 'n
koers wat rekening moet hou met alle relevante
ekonomiese en fis-
kale faktore.
11.16.3Burgerrade mag eiendomsbelasting op relevante en
billike gronde hef.
11.16.4Verdrae tussen die Boerevolksrepubliek en ander
state kan daarvoor
voorsiening maak dat die belasting van nie-burgers
gekanaliseer
word na die staat waarvan hulle burgers is en
hierdie belasting kan
vir die onderwys en ander behoeftes van hierdie
nie-burgers
aangewend word.
DEEL 3
WETGEWENDE GESAG
ARTIKEL 12
OMSKRYWING
Die Wetgewende Gesag setel in die Volksraad.
ARTIKEL 13
VOLKSRAAD
VERKIESING
13.1 Nie meer nie as honderd lede vir die Volksraad word in
algemene, direkte,
vrye, gelyke en geheime stemmings vir vyf jaar verkies en
hulle verteen-
woordig hulle kiesafdelings in die Volksraad en is
herkiesbaar.
13.2 Tussenverkiesings moet plaasvind wanneer lede oorlede is,
onbevoeg raak of
bedank. Regulering geskied deur 'n wet van die Volksraad.
13.3 'n Volksraadslid wat in stryd optree met die mandaat
ingevolge waarvan hy
verkies is, ontruim sy setel, en dit kan deur 'n hofbevel
afgedwing word.
Regulering geskied deur 'n wet van die Volksraad wat onder
andere die ver-
eistes waaraan 'n verkiesingsmanifes moet voldoen, moet
uiteensit.
13.4 Die Volksraad wat ten minste een maal per jaar moet sit,
bepaal self die
begin en einde van sy sittings.
13.5 Die Voorsitter moet die Volksraad byeenroep op versoek van
die Staatspresi-
dent of op versoek van 33% (een-derde) van sy lede.
13.6 'n Volksraadslid moet:
13.6.1 'n Stemgeregtigde vir 'n Volksraadsverkiesing wees
13.6.2 'n Burger van die Boerevolksrepubliek wees
13.6.3 Minstens vyf jaar binne die grense van die
Boerevolksrepubliek of
die voormalige Republiek van Suid-Afrika woonagtig
gewees het
13.6.4 Nie 'n ongerehabiliteerde insolvent of 'n
geestesversteurde inge-
volge 'n bevel van 'n bevoegde Hof wees nie, met
dien verstande dat
wat 'n ongerehabiliteerde insolvent betref, die
Volksraad by magte
is om hierdie diskwalifikasie op goeie grond op
te hef)
13.6.5 Nie gevangenisstraf sonder die keuse van 'n boete
opgel gewees het
nie
13.6.6 In die kiesafdeling wat hy verteenwoordig,
permanent woonagtig is
13.6.7 Gereeld een maal per jaar verslag aan sy kiesers
doen
ARTIKEL 14
VOORSITTER, ONDERVOORSITTER
EN REGLEMENT VAN ORDE
14.1 Die Volksraad verkies na elke algemene verkiesing 'n
voorsitter uit sy
geledere wat as sodanig optree in die Volksraad.
14.2 Die Volksraad verkies na elke algemene verkiesing twee
onder-voorsitters
uit sy geledere wat as sodanig optree in die Volksraad.
14.3 Die Volksraad stel sy eie reglement van orde op.
14.4 Die Voorsitter voer gesag in die Volksraad en oor
Volksraadslede wanneer die
Volksraad in sitting is en sonder sy toestemming mag geen
dagvaarding op
lede bedien word en mag geen ondersoeking van lede of
deursoeking van hulle
kantore of hulle huise tydens volksraadsittings plaasvind
nie. Regulering
geskied deur 'n wet van die Volksraad.
ARTIKEL 15
OPENBARE SITTINGS EN BESLISSINGS
15.1 Die Volksraad sit in die openbaar; tensy met 66%
(twee-derde) meerderheid van
al die lede beslis word om in camera te sit.
15.2 Die Volksraad neem besluite met 'n meerderheid van stemme;
tensy hierdie
Grondwet anders bepaal. Regulering geskied deur die
reglement van orde.
15.3 Die verrigtinge van die Volksraad word woordeliks
opgeteken in die notules
wat amptelik onder die naam van die Volksraad en met
toestemming van die
voorsitter van die Volksraad gepubliseer moet word.
Regulering geskied deur
die reglement van orde.
ARTIKEL 16
GESAMENTLIKE KOMITEES
Die Voorsitter stel Gesamentlike Komitees uit die geledere van
die Volksraad aan
verteenwoordigend van die politieke partye of individuele lede
om wetsontwerpe
te bespreek, getuienis daaroor aan te hoor, konsensus te bevorder
en verslag daar-
oor aan die Volksraad te doen. Regulering geskied deur die
reglement van orde.
DEEL 4
UITVOERENDE GESAG
ARTIKEL 17
17. OMSKRYWING
Die Uitvoerende Gesag is die beleidmakende en die
beleidsuitvoerende Staatsge-
sagsorgaan van die regering aan wie tegelyk die uitvoering van
die wette van die
Volksraad en die publiekregtelike administrasie van die staat
opgedra word.
ARTIKEL 18
SAMESTELLING EN VERANTWOORDELIKHEID
18.1 Die Uitvoerende Gesag bestaan uit die Staatspresident en
die Uitvoerende
Raad bestaande uit die Ministers deur die Staatspresident
aangestel en by-
gestaan in die amptelike uitvoering van hulle pligte en
werksaamhede deur
die Staatsdiens.
18.2 Staatsdepartemente word deur die Staatspresident in die
lewe geroep waar-
van die Ministers die politieke hoofde en die
Staatsekretarisse die admini-
stratiewe hoofde verantwoordelik aan die Minister is.
18.3 Die Staatsdepartemente soos in bylae in hierdie Grondwet
uiteengesit kan
deur die Staatspresident-in-Rade ingestel word en kan van
tyd tot tyd ge-
wysig word, met dien verstande dat die aantal
staatsdepartemente ingestel
nie vermeerder mag word nie, tensy die Volksraad met 'n
meerderheid van lede
daartoe toestem.
18.4 Die Staatspresident dra presidensile verantwoordelikheid
vir die doen en
late van sy Ministers en die Ministers dra ministerile
verantwoordelikheid
vir die gebeure in hulle staatsdepartemente.
18.5 Die Volksraad kan deur 'n mosie van wantroue met 'n gewone
meerderheid die
Staatspresident verplig om te bedank, waarna die
Staatspresident verplig
is om 'n algemene verkiesing uit te skryf.
ARTIKEL 19
DIE STAATSPRESIDENT
19.1 Die Staatspresident staan bekend as "Die President".
19.2 Die Staatspresident is Staatshoof en Opperbevelhebber van
alle staats-
veiligheidsdienste.
19.3 Die Staatspresident dra die hoogste plig om te sorg dat
die Grondwet en die
verdrae wat met ander state gesluit is, nougeset nagekom
word, asook dat die
politieke onafhanklikheid en die territoriale integriteit
van die staat
onder alle omstandighede bewaar bly.
19.4 Die Staatspresident tree in alle geval op as
Staatspresident-in-Rade.
19.5 Benewens die bevoegdhede elders in hierdie Grondwet
vervat, beklee die
Staatspresident die volgende magte en bevoegdhede, naamlik
om
19.5.1 met die toestemming van die Volksraad oorlog te
verklaar en vrede
te sluit;
19.5.2 na voorlegging van skriftelike verto in
konsultasie met die
Minister van Justisie of sy gevolmagtigde daardie
vonnisse van
misdade soos bepaal in die Strafproseswet te
versag;
19.5.3 te eniger tyd die besteding van staatsfondse deur
enige departe-
ment, amptenaar, Minister, Adjunkminister of enige
ander ower-
heidspersoon te ondersoek of te laat ondersoek;
en
19.5.4 enige van sy bevoegdhede te delegeer.
ARTIKEL 20
VERKIESING EN AMPSTYDPERK
20.1 Die Staatspresident word na elke algemene verkiesing deur
die Volksraad uit
sy geledere met 'n volkstrekte meerderheid vir 'n periode
van 5 jaar verkies.
20.2 Die Staatspresident kan uit sy amp onthef word deur 'n
twee-derde meerder-
heidsbesluit van die Volksraad op grond van onbevoegdheid,
wangedrag, insol-
vensie of onbevredigende uitvoering van sy ampspligte.
ARTIKEL 21
AMPSEED
By sy ampsaanvaarding moet die Staatspresident die eed in die
vorm afl wat in
Bylae ..... van hierdie Grondwet vervat is
ARTIKEL 22
WAARNEMENDE STAATSPRESIDENT
In gevalle van afwesigheid, bedanking of oorlye of ander
onbevoegdheid van die
Staatspresident, tree die Voorsitter van die Volksraad tydelik
op as Waarnemende
Staatspresident totdat die Staatspresident sy werksaamhede kan
hervat of 'n
Staatspresident verkies is. Indien die Staatspresident en die
Voorsitter van die
Volksraad gelyktydig tydelik onbevoeg raak, kies die Volksraad
'n waarnemende
Staatspresident uit sy geledere.
ARTIKEL 23
UITVOERENDE RAAD
23.1 Die Staatspresident is voorsitter van die Uitvoerende Raad
wat uit die deur
die Staatspresident aangestelde Ministers bestaan wat die
politieke hoofde
van die Staatsdepartemente is.
23.2 Die Uitvoerende Raad neem sy beslissings deur konsensus
maar moet, in geval
die meerderheid so beslis, deur geslote stemming besluite
neem, in welke
geval by 'n staking van stemme die Staatspresident 'n
beslissende stem het
wat hy moet uitoefen.
23.3 Die Staatspresident en lede van die Uitvoerende Raad doen
deurlopend ver-
slag aan die Volksraad.
ARTIKEL 24
ADJUNKMINISTERS
Die Staatspresident kan in sy diskresie adjunkministers soos
benodig aanstel, maar
nie meer as die helfte van die aantal Ministers nie.
ARTIKEL 25
UITVOERENDE GESAG EN DIE STAATSDIENS
Die Uitvoerende Gesag is verplig om te sorg vir 'n dinamiese
Staatsdiens en lands-
administrasie wat geskik moet wees om aan die een kant die regte
van individue te
beskerm maar aan die ander kant die openbare belang in die oog
te hou en te be-
vorder en wel op so 'n wyse dat verlammende burokratisering vermy
word sodat die
Staatsdiens te alle tye die beste diens aan die land kan lewer.
DEEL 5
REGSPREKENDE GESAG
ARTIKEL 26
GRONDBEGINSELS
26.1 Regsprekende bevoegdheid word aan Regters toevertrou, wat
hierdie bevoegd-
heid uitoefen in die volgende geregshowe wat ingestel moet
word:
26.1.1 die Applhof
26.1.2 Hooggeregshowe
26.1.3 Laerhowe en
26.1.4 Ander howe ingestel kragtens wet; met dien
verstande dat hierdie
ander howe nie in die plek van voorafgaande howe
ingestel mag word
nie. Regulering geskied deur 'n wet van die
Volksraad.
26.2 Die Regsprekende Gesag is onafhanklik van die Wetgewende
en Uitvoerende Ge-
sag op alle vlakke en geen inmenging in die Regsprekende
Gesag en in die
uitoefening van sy funksies is hoegenaamd enigsins
toelaatbaar nie. Regule-
ring geskied deur 'n wet van die Volksraad.
26.3 Die Regsprekende gesag waarborg die regte, vryhede,
pligte, bevoegdhede,
kompetensies en verbodsbepalings wat in hierdie Grondwet
vervat is.
26.4 By die totstandkoming van die Staat geld die bestaande Reg
van die Repu-
bliek van Suid-Afrika totdat dit deur wetgewing herroep
of gewysig word.
ARTIKEL 27
AANSTELLING EN UITDIENSPLASING VAN REGTERS
27.1 Regters word aangestel deur die Staatpresident wat handel
op die benoemings
deur 'n Regterskommissie bestaande uit:
27.1.1 Die Hoofregter en twee Applregters
27.1.2 Die Regters-president(e)
27.1.3 Minister van Justisie
27.1.4 Die Hoofwoordvoerders oor Justisie van alle
politieke partye in die
Volksraad verteenwoordig
27.1 5 Twee dekane van 'n regsfakulteit aan erkende
universiteite in die
Boerevolksrepubliek
En verder:
27.1.6 vyf advokate en twee professore in die
regswetenskap aan erkende
universiteite vir die applhowe en hooggeregshowe
En verder:
27.1.7 twee prokureurs en twee medeprofessore van erkende
universiteite
vir die laerhowe en ten opsigte van die ander
howe.
27.2 Regulering geskied deur 'n wet van die Volksraad.
Met die uitsondering van die vaste lede van die
Regterskommissie in art.
24(1)(i tot iv) word die ander lede van die Kommissie elke
drie jaar vervang.
27.3 Regters kan nie teen hulle wil nie maar slegs op grond van
en op die wyse wat
deur 'n wet van die Volksraad bepaal word deur die
Staatspresident na goed-
keuring deur die Volksraad voor afloop van hul dienstyd
ontslaan of per-
manent of tydelik van hulle ampte onthef of met pensioen
op aftrede geplaas
word; met dien verstande dat wetgewing ouderdomsperke vir
die dienstyd-
perk van regters kan vasstel waarna regters by die
bereiking van daardie
ouderdomsperk moet aftree. Regulering oor aftrede en
pensioene geskied
deur 'n wet van die Volksraad.
27.4 By verandering van die struktuur van die howe of die
verandering van die
jurisdiksiegrense van geregshowe kan regters na 'n ander
geregshof oorge-
plaas of verplaas of uit diens geplaas word; met dien
verstande dat by
uitdiensplasing aan sodanige regters hulle volle salaris
en byvoordele tot
by aftrede betaal word, waarna hulle vir pensioen,
byvoordele en gratifi-
kasie kwalifiseer.
ARTIKEL 28
REGSBESKERMING
28.1 Elkeen het ongehinderd toegang tot die geregshowe en kan
in alle gevalle
regsbeskerming in ooreenstemming met die reg verlang om
daardeur sy regte
op te eis of te verdedig;
28.2 Die volledige regsweg word vir elkeen in alle gevalle waar
sy regte aangetas
is, gewaarborg.
28.3 Niemand mag regsbeskerming onts word op grond van 'n
gebrek aan die nodige
fondse nie. Regulering geskied deur 'n parlementswet
waarin onder andere
bepaal word dat die Staat deur middel van die Departement
van Justisie moet
toesien dat 'n sisteem van regskosteversekering tot stand
gebring en in
stand gehou word.
28.4 In gevalle van halsmisdade het elkeen aanspraak op pro
deo- verdedi-ging
voorsien deur die Staat uit die geledere van die
staatsadvokate wat by die
Kantore van die Advokate-Generaal diens doen.
28.5 Die reg van eie regsverteenwoordiging word in alle gevalle
geregshowe, arbi-
trasiegedinge, tugkomitees, huishoudelike
beslegtingskomitees en soort-
gelyke ondersoeke gewaarborg. Enige wetsbepaling of
bepaling in wette of
huishoudelike reglemente in stryd hiermee is ab initio
nietig.
28.6 Die rels van natuurlike geregtigheid moet in alle
hofsake, arbitrasiever-
hore, tugkomitees, beslegtingskomitee of soortgelyke
ondersoeke nougeset
nagekom word. Enige bepaling en enige bevinding in stryd
met die rels van
natuurlike geregtigheid is ab initio - nietig met
regskostekonsekwensies.
DEEL 6
FINANSWESE
ARTIKEL 29
BEGROTING
29.1 Alle inkomste en uitgawes van die Boerevolks Republiek
word in die Begro-
tingswetsontwerp vervat wat jaarliks by die Volksraad op
Begrotingsdag, so
vroeg moontlik na aanvang van die Volksraadsitting,
ingedien en goedgekeur
moet word; maar nie later as drie maande na aanvang van
die sitting nie; met
dien verstande dat 'n gedeeltelike begrotingswetsontwerp
ter bestryding van
uitgawes vanaf sluiting van die finansile jaar en
inwerkingtreding van die
begrotingswet vir die betrokke finansile jaar ingedien
en goedgekeur mag
word.
29.2 Die begrotingsjaar strek vanaf 'n datum tot 'n datum,
twaalf kalendermaande
daarna deur 'n wet van die Volksraad voorgeskryf.
29.3 Die Begroting moet deur die Volksraad goedgekeur word.
Uitgawes van die
Staat waarvoor in die Begroting nie voorsiening gemaak
word nie en wat
noodsaaklike uitgawes is, geskied deur middel van
toestemming van die
Volksraad op aanbeveling van die Minister van Finansies
en geratifiseer deur
'n wet van die Volksraad aangeneem met 'n meerderheid van
66% (twee-derdes)
van die lede van die Volksraad.
29.4 Die uitgawes van die Staat word streng gekontroleer en
geouditeer deur die
Ouditeur-Generaalskommissie aangestel deur die
Staatspresident en be-
staande uit die Ouditeur-Generaal en vier onafhanklike
ouditeurs, drie
onafhanklike regsgeleerdes en een verteenwoordiger elk van
die onderskeie
politieke partye wat in die Volksraad verteenwoordig is.
Hierdie lede kan
aanspraak maak op regterlike onafhanklikheid en kan in
gesamentlike komi-
teesittings enigeen aans om voor die kommissie te verskyn
en vrae te ant-
woord. Die verbatim-oorkonde van hierdie verrigtinge
word tot beskikking
van politieke partye gestel vir gebruikmaking in openbare
debat in die
Volksraad. Regulering geskied deur 'n wet van die
Volksraad.
29.5 Die Ouditeur-Generaalskommissie doen jaarliks volledig
verslag oor sy
werksaamhede en bevindings aan die Volksraad.
29.6 'n Reserwebank word by 'n wet van die Volksraad ingestel
met die uitdruklike
bepaling dat die Reserwebank en sy amptenare onafhanklik
in die uitvoering
van hulle pligte en verpligtinge teenoor die Regering is.
DEEL 7
MILITRE AANGELEENTHEDE
ARTIKEL 30
30.1 Verklaring van oorlog geskied deur die Staatspresident,
na besluit deur die
President-in-Rade en onmiddellike ratifikasie van hierdie
besluit deur die
Volksraad. Is onmiddellike ratifikasie nie moontlik nie,
geskied die be-
kragtiging deur die Volksraad onmiddellik wanneer die
omstandighede dit
toelaat.
30.2 In sodanige geval gaan die bevel van die weermag en alle
veiligheidsdienste
oor op die Staatspresident en hy is gemagtig om 'n
oorlogskabinet saam te
stel.
30.3 (1) Die vasstelling dat die Republiek in 'n gewapende
konflik betrokke
is of dat die Republiek ekstern of intern bedreig
word, geskied deur
die Staatspresident-in-Rade met bekragtiging deur
die Volksraad.
(2) In sodanige geval is die Staatspresident gemagtig
om krygswet, 'n
noodtoestand in die land, gedeeltelike
noodtoestand in gebiede, of
gebiede as onrusgebiede af te kondig. Regulering
geskied deur 'n wet
van die Volksraad.
30.4 (1) In gevalle van 'n oorlogstoestand, krygswet,
noodtoestand in die land
word die Volksraad gemagtig om, vir sover dit
noodwendig is, be-
palings van hierdie Grondwet vir die duur van
sodanige toestand met
wetgewing te vervang wat daarop gerig is om die
toestand die hoof
te bied.
(2) In sodanige geval geld die
proporsionaliteitsbeginsel.
ARTIKEL 31
POLISIEMAG
31.1 Vir die Boerevolksrepubliek word 'n polisiemag ingestel
wat bevoeg is om
misdaad effektief te bestry.
31.2 Regulering geskied deur 'n wet van die Volksraad.
DEEL 8
PLAASLIKE BESTUUR
ARTIKEL 32
32.1 Elke plaaslike gemeenskap verkies sy eie stadsraad wat
plaaslike bestuurs-
aangeleenthede behartig.
DEEL 9
INTERPRETASIE
ARTIKEL 33
33.1 Die Aanhef van hierdie Grondwet vorm deel van hierdie
Grondwet en kan by
die interpretasie van die bepalings van die Grondwet
gebruik word.
32.2 By die toepassing van die bepalings van hierdie Grondwet,
die straf- en
strafprosesreg in besonder of enige ander wette in die
algemeen, geld die
stelrel in dubio pro libertate.
DEEL 10
WYSIGING VAN DIE GRONDWET
ARTIKEL 34
33.1 INISIATIEFREG
33.1.1 Die Inisiatiefreg vir die wysiging van hierdie
Grondwet is gele by
die verkose Volksraadslede wat dit by wyse van
individuele lede of
deur middel van 'n politieke party, of na ontvangs
van 'n petisie van
50 000 geregistreerde kiesers by die
Staatspresident en die voor-
sitter van die Volksraad indien.
33.1.2 Die deel van die Grondwet wat gewysig is, word
deur die Volksraad in
die openbaar afgekondig en in die eersvolgende
uitgawe van die
Staatskoerant of ander openbare koerant opgeneem.
33.2 WYSIGING
33.2.1 Geen deel van hierdie Grondwet mag gewysig word
nie; tensy goed-
gekeur deur 'n meerderheid van 66% van alle
verkose lede van die
Volksraad; met die voorbehoud dat vir die
wysiging van diehandves
van regte en pligte en hierdie wysigingsbepaling
die vereiste
meerderheid 75% is; maar met dien verstande
verder dat 20% van die
stemgeregtigde kiesers of 51% van die lede van die
Volksraad, 'n
volksreferendum ten opsigte van hierdie voorgenome
wysiging(s) by
die Staatspresident kan aanvra wat dit moet
toestaan en sodanige
referendum vind binne ses weke plaas. Die uitslag
by wyse van 66%
(twee-derde) en in geval van die handves van regte
en pligte 75% van
alle geregistreerde kiesers is op alle
staatsowerheidspersone en -
instansies bindend. Regulering geskied deur 'n
wet van die Volks-
raad.
DEEL 11
INWERKINGSTELLING VAN DIE GRONDWET
ARTIKEL 35
35.1 Die Oorgangsraad van 21 lede wat deur die
meerderheidsparty van die Afri-
kaner/Boerevolk benoem word, bepaal in 'n openbare sitting
die dag van
inwerkingstelling van hierdie Grondwet.
35.2 Hierdie Grondwet tree amptelik in werking op die dag om
12:00 wat in artikel
35(1) bepaal is.
35.3 Die aankondigingsdatum en die inwerkingstredingsdatum van
hierdie Grond-
wet word in die openbaar in Afrikaans en Engels
afgekondig.
35.4.1 Die Oorgangsraad hou op die direk daaropvolgende
dag om 09:00 'n
sitting waartydens drie Regters as Verkiesings-en
Afbakeningskom-
missie met onmiddellike effek aangestel word.
35.4.2 Hierdie Regters het die bevoegdheid om verdere
deskundige en
administratiewe personeel op hierdie kommissie te
benoem en hulle
werksopdragte, salaris en voordele te bepaal wat
uit die Staats-
inkomstefonds gedelg word.
35.4.3 Die Verkiesings-en Afbakeningskommissie baken die
gebied van die
Boerevolksrepubliek in 100 kiesafdelings af
volgens die beginsel van
eweredigheid deur belading van plattelandse
gebiede en ontlading
van stedelike gebiede.
35.4.4 'n Algemene verkiesing vir die verkiesing van die
100 lede van die
Volksraad moet deur die Verkiesings-en
Afbakeningskommissie gerel,
georganiseer en gehou word nie vroer nie as 35
dae en nie later nie
as 45 dae na die dag genoem in artikel 35(2).
35.4.5 Die uitslag van die algemene verkiesing word deur
die Voorsitter
van die Verkiesings-en Afbakeningskommissie in die
openbaar afge-
kondig en hierna gaan die funksies van die
Verkiesings-en Afbake-
ningskommissie oor op die Volksraad en hou hierdie
Kommissie op om
te bestaan.
35.5 Die Volksraad hou sy eerste sitting op die tweede dag
nadat die uitslag van
verkiesing aangekondig is.
35.6.1 Die verkose Volksraad verkies die Staatspresident
binne drie dae na
die datum genoem in artikel 35.5.
35.6.2 Binne sewe dae nadat die Staatspresident verkies
is, moet alle ander
owerheidspersone in hierdie Grondwet genoem,
verkies, benoem en
aangestel word en in die openbaar aangekondig
word.
35.7 Oorgangsbepaling:
Bepalings wat noodwendig is vir die inwerkingstelling,
inwerkingtreding en
werking van hierdie Grondwet word goedgekeur deur die
Volksraad.