Hoogland-aksie

Doel, visie, grondslag, funksies en uitvoering

Strategie hoogland

'n Referendum onder Afrikaners

Staatkundige plan

Hoe moet kulturele en territoriale selfbeskikking geskied

Konsep vir Afrikanerselfbeskikking op plaaslike regeringsvlak in die groter Pretoria gebied.

Konkretisering van selfbeskikking van die Afrikaner

Hooglandaksie : Belangesektor : plaaslike regering

'n Antwoord op besware ten opsigte van die meerderheidsgebied (Hoogland)

Strategie Hoogland

Uitgangspunte:

1) Volksamewerking
2) Volkswil

Drie-been-strategie

1)     Konstitusionele bemagtiging moet op die volgende tererine geskied:

Dit kan langs twee weë geskied, naamlik

Ons is van mening dat die binne-parlementêre pad niks sal oplewer as daar nie eers buite-parlementêre druk en verstandhoudinge bewerkstellig is nie. Die proses sal drie fases vir territoriale selfbeskikking behels: Erkenning van streeksoutonomie met spesiale magte oor onderwys en finansies.

Erkenning van deelstaatstatus met eksklusiewe en konkurente magte.

Volledige staatkundige vryheid in samewerkende verband.

Bedinging moet langs die volgende weg geskied:

Samewerking met vennote - dit is ander volkstaatorganisasies en Afrikanerorganisasies wat een of ander vorm van selfbeskikking voorstaan.

Samewerking met bondgenote - dit is ander liggame of etniese strukture wat ook selfstandigheid nastreef, byvoorbeeld tradisionele leiers, Zoeloes ens.

Druk en onderhandeling met andere wat nie dieselfde breë beleid nastreef nie, bv die ANC (die regering van die RSA). Die ANC moet oorreed word om 'n skikking met die Afrikaner aan te gaan oor 'n gebied en kulturele selfbeskikking.

Indien die Regering nie aan redelike eise wil voldoen nie, moet lydelike versetaksies binne die wet gevoer word. Klem moet op die internasionale reg van individue en groepe/volke gelê word.

Deputasies moet na onverbonde lande, die VVO en ander tersaaklike organisasies gestuur word.

2) Ontwikkeling

a) Die ontwikkeling van 'n onbesette gebied bv Kleinfontein en ander.
b) Die ontwikkeling van 'n besette gebied soos Centurion/Pretoria-oos ea
c) Ander groeipunte word in die gebied oorweeg.

3) Verhoudinge

Skakeling met volkstaatorganisasies
Skakeling met organisasies oor kulturele selfbeskikking
Skakeling met Afrikaanses
Skakeling met regeringstrukture en veral ekonomiese instansies moet saam met ander Afrikanerorganisasies gevoer word.
Internasionale skakeling moet ook op die geleë tyd gevoer word.