Hoogland-aksie | |
| Doel, visie, grondslag, funksies en uitvoering 'n Referendum onder Afrikaners Hoe moet kulturele en territoriale selfbeskikking geskied | Konsep vir Afrikanerselfbeskikking op plaaslike regeringsvlak in die groter Pretoria gebied. Konkretisering van selfbeskikking van die Afrikaner Hooglandaksie : Belangesektor : plaaslike regering 'n Antwoord op besware ten opsigte van die meerderheidsgebied (Hoogland) |
STAATKUNDIGE PLAN
A VISIE
B AGTERGROND
C BREëR SUID-AFRIKAANSE PLAN
l. VERTREKPUNTE
Vryheid, vrede en voorspoed moet vir almal bevorder word. Menseregte en volkeregte dien as grondslag.
1.2 Die hele Suid-Afrika behoort nie as geheel aan elke inwoner nie, bv. die Afrikaners van die huidige geslag kan nie aanspraak maak op die grond van Kwazulu-Natal nie.
1.3 Die verskeidenheid van behoeftes en belange moet deur 'n akkommodering van keuses hanteer word.
1.4 Die huidige grondwet moet verander word om daarvoor voldoende voorsiening te maak anders sal dit nooit aanvaarbaar word nie.
1.5 Dit moet deur 'n konstitusionele proses verder ontplooi.
1.6 Interafhanklikheid moet sonder bedreiging van selfstandigheid geskied.
1.7 'n Unieke staatkundige plan vir Suid-Afrika (Suidelike Afrika) moet verder ontwikkel word. Die huidige grondwet skiet te kort.
1.8 Getalle kan nie deurslaggewend wees vir demokratiese prosesse in Suid-Afrika met sy verskeidenheid nie. In onderskeibare dele van Suid-Afrika kan die demokratiese regte van individue, etniese groepe of volke deur plaaslike of streeksregering met die nodige magte en bevoegdhede beter gedien word.
1.9 'n Federatiewe staatkundige struktuur sal vir die voorsienbare die beste vir Suid-Afrika wees. 'n Unitêre staat(e) kan daarbinne steeds bestaan. Keuses word geakkommodeer.
1.10 Horisontale sowel as vertikale skeiding van magte is nodig.
1.11 A-semetriese magte tussen dele moet oorweeg word (Sien diagram).
2. KORT- EN MEDIUM TERMYN STAATKUNDIGE MODEL
2.1 Sekere magte is eksklusief by sentrale regering, volgens die huidige grondwet bv. Buitelandse sake, Verdediging ensovoorts.
2.2 Sekere magte is konkurrent of eksklusief by Provinsiale of Streeksregerings, soos onderwys, plaaslike regering, belastingbevoegdheid, landbou, ekonomiese ontwikkeling, taal en kultuur, "affirmative action", gesondheids- en welsynsdienste, gemeenskapspolisiëring, streeksbeplanning, grond en hulpbronne bestuur.
2.3 In selfbeskikkingsgebiede vir Afrikaners moet transformasie en normalisering ten gunste van Afrikaners geskied soos dit toepaslik in ander dele van Suid-Afrika vir andere gedoen word.
2.4 Plaaslike regering moet met afgewentelde bevoegdheid die derde vlak van regering vorm.
3. LANGTERMYN [ 20 tot 30 jaar ]
3.1 'n Losser federale staatkundige samewerkingstruktuur met keuses vir samestellende dele moet ontwikkel word. Dele wat hegter samevoeging wil aanvaar, moet dit ook kan doen.
3.2 Dit moet dus volke akkommodeer wat volkome vry wil wees sowel as volke wat gedeeltelik vry wil wees en volke/gemeenskappe wat deel wil wees van 'n enkelstaat. Keuses moet gerespekteer word. Samewerking moet tussen komponente duidelik omskryf word.
D. HOOGLANDGEBIED
Let wel, samewerking met ander gebiede van Afrikaners moet deur bilaterale en multilaterale onderhandeling bepaal word. Sake wat besondere gemeenskaplike samewerking vereis: Onderwys, Ekonomie, Ontwikkeling, Taal en kultuur, Landbou, Media.
1. VERTREKPUNTE
1.1 'n Konsentrasie van Afrikaners as meerderheid in die gebied maak dit moontlik om die regering te kan vorm.
1.2 Met minderheidsregte sal toepaslik rekening gehou moet word.
1.3 Verstedeliking sal die grootste konsentrasie uitmaak met 'n plattelandse hinterland.
1.4 Aanvanklik sal die gebied deel wees van Suid-Afrika. Hoe dit toekomstig tot meer selfstandigheid sal ontwikkel, sal deur die omstandighede bepaal word en ook deur die volkswil.
1.5 Keuses van minderhede sal gerespekteer word en met keuses van ander in die NSA sal rekening gehou word.
1.6 'n Eie streeksgrondwet moet ontwikkel word terwyl gewerk word binne die parameters van die SA grondwet.
1.7 Streeksoutonomie wat gelyk staan aan die huidige provinsies met spesiale magte oor onderwys en fiskale maatreëls moet op die mediumtermyn ingestel word.
1.8 Die Akte van menseregte sal ook in die gebied geld.
1.9 Transformasie, "Affirmative action" en Normalisering sal in Hoogland ten gunste van Afrikaners geld soos toepaslike soortgelyke stappe ten gunste van ander in die ander nie-Afrikaner gebiede toegepas word.
1.10 Ekonomiese samewerking en ontwikkeling moet met die ontwikkeling van SA rekening hou.
1.11 Die teenwoordigheid van Afrikaners in die digbevolkte dele van SA wat reeds grootliks beset is met 'n eie mosaïek, kan tot 'n groot mate as 'n stabiele samewerkingsbasis geld.
1.12 Eie Afrikanerontwikkeling daarnaas kan bevorderlik vir die omliggende gebiede in SA wees.
1.13 Regering moet so na as moontlik aan die mense op grondvlak gebring word.
1.14 Die staat moet nie onnodig betrokke wees by die burger se reg om 'n volle vrye lewe te voer nie. Daar moet gewaak word teen inmenging.
1.15 Die staatkundige proses moet gelyktydig buite-parlementêr en parlementêr gedryf word.
1.16 Dit is beter om beperkte mag vir Afrikaners in 'n eie gebied te kry en daarvandan te ontwikkel as om eers alles self te ontwikkel en dan oor 10 - 20 jaar aanspraak op selfbeskikking te maak.
2. DIE STAATSVORM (Kort- en medium termyn)
2.1 'n EIE PROVINSIE IN SUID-AFRIKA
* Vir die wetgewende, uitvoerende en regsprekende bevoegdhede moet die grondwet [wet 108 van 1996] gebruik word.
* Bevoegdhede ten opsigte van eie Afrikaneronderwys moet uitgebou word sodat eksklusiewe en konkurente bevoegdhede daargestel word.
* Die Afrikaner provinsie, moontlik ook ander provinsies, moet voldoende fiskale magte verkry om doeltreffende regering te kan vorm, in besonder oor onderwys en plaaslike aangeleenthede.
* 'n Eie toepaslike grondwet vir die provinsie moet opgestel word.
2.2 PLAASLIKE OWERHEDE
* Die bevoegdhede in die grondwet [wet 108 van 1996] moet gebruik word.
* Toepaslike magte moet eksklusief en konkurent tussen plaaslike owerhede en die provinsiale regering hanteer word.
* Waar plaaslike owerhede nie deur Afrikaners beheer word nie, moet plaaslike kultuurrade en/of alternatiewe strukture tot stand kom.
* Plaaslike owerhede moet fiskale bevoegdhede hê om eie finansiering waar toepaslik, te kan doen.
* Plaaslike sekuriteit moet besondere aandag kry.
2.3 SELFBESKIKKING BUITE VOLKSTAATGEBIED(E)
Dit kan by die territoriale selfbeskikking gevoeg word.
Twee moontlikhede bestaan:
2.3.1 Die voorsiening wat die grondwet maak om vir taal-, godsdiens-, en kultuurgroepe voorsiening te maak, kan benut word. Daardeur kan plaaslike kultuurrade, streekrade en 'n nasionale kultuurraad tot stand kom wat dan by die sogenaamde Kultuurkommissie inskakel. Dit is dus die statutêre pad. Ongelukkig bestaan daar geen wetgewing wat dit verder uiteen sit nie en is dit afhanklik van die parlement (dus die ANC).
2.3.2 Die Afrikaner vorm buite-parlementêre, streeks en nasionale Afrikanerrade. Die rade beding en skakel op die drie vlakke met die staatsisteem of -strukture om die belange van die Afrikaner te verteenwoordig. Ook in hierdie geval bestaan daar nie wetgewing wat ter opheldering en duidelikheid gebruik kan word nie. Dit moet ook die parlementêre pad loop.
Hoogland kan dus die volgende plan volg:
- Buite-parlementêre plaaslike rade, streeksrade en 'n nasionale Afrikanerkultuurraad word tot stand gebring. Dit moet die Afrikaner en kultuurbelang buite die volkstaatgebied(e) verteenwoordig.
-Binne die volkstaatgebiede word eie Afrikaner Kultuurrade gevorm wat eerstens territoriale selfbeskikking onderskryf en binne die gebiede Afrikanerkultuur bevorder.
-Dit kan dan saamwerk en skakel met die Afrikaner kulturele strukture daarbuite.
3. DIE STAATSVORM (Langtermyn)
3.1 Die uiteindelike staatsvorm kan nie nou rigied vasgelê word nie.
3.2 Die ideaal bly 'n soewereine Afrikanerstaat wat moonlik uit meer as een gebied bestaan. Die gebiede kan federatief met mekaar verbind word.
E SLOT
1. Uiteraard is hierdie 'n konsepplan wat gewysig kan word.
2. Die plan moet verkieslik op vreedsame onderhandelde wyse tot stand kom, maar verset is nie uitgesluit as die verskillende keuses nie tot 'n vergelyk kom nie.
3. Veranderinge aan die huidige grondwet van Suid-Afrika moet tydig aangebring word.