Hoogland-aksie | |
| Doel, visie, grondslag, funksies en uitvoering 'n Referendum onder Afrikaners Hoe moet kulturele en territoriale selfbeskikking geskied | Konsep vir Afrikanerselfbeskikking op plaaslike regeringsvlak in die groter Pretoria gebied. Konkretisering van selfbeskikking van die Afrikaner Hooglandaksie : Belangesektor : plaaslike regering 'n Antwoord op besware ten opsigte van die meerderheidsgebied (Hoogland) |
'n REFERENDUM ONDER AFRIKANERS
1.MOTIVERING
1.1 Dit is heelwaarskynlik beter om Afrikaners se steun vir selfbeskikking by 'n referendum te toets as by 'n algemene verkiesing, omdat daar dat op een saak gekonsentreer word en partybelange nie so sterk figureer nie.
1.2 Voorafbeplanning en opvoeding aan die openbare mening kan ook beter ge fokus wees.
1.3 Weens die Afrikaner se agtergrond van deelname aan verkiesings en referendums met redelik hoë stempersentasies kan 'n groot deel van die Afrikaner betrek word.
1.4 Indien die referendum voor die '99-verkiesing gehou kan word, sal dit die partye in die verkiesing bevoordeel omdat die kiesers en in die besonder die Afrikaner meer op hoogte oor selfbeskikking sal wees en baie reeds 'n verbintenis aangegaan het om daarvoor te stem - onder andere baie van die twyfelaars en diegene wat nie meer tuis voel in die NP of die nuwe beweging nie.
1.5 Daar is veral drie sake op die korttermyn waardeur Afrikaners gemobiliseer kan word * 'n tydige referendum
* die herdenking van die Tweede Vryheidsoorlog
* die verkiesing van 1999
Ander geleenthede kan sekerlik ook benut word.
1.6 'n Tydige referendum met die nodige voorbereiding kan die aksie wees wat die meeste Afrikaners kan saamneem, veral as dit territoriale en kulturele selfbeskikking insluit.
2. DIE PROSES
2.1 Die behoefte aan 'n referendum moet bepaal en verduidelik word.
2.2 Daar moet ooreengekom word waaroor die referendum sal gaan, naamlik oor selfbeskikking.
2.3 Samewerking van soveel as moontlik Afrikaner leiers en organisasies moet verkry word.
2.4 Daar moet vertroulik met die regte mense in die ANC te gepraat word om druk te plaas op hierdie behoeftes van Afrikaners. Indien daar vordering is, moet 'n volledige skriftelike voorlegging aan hulle gemaak word.
2.5 Goedkeuring moet van die Parlement verkry word.
2.6 'n Beplande georganiseerde aksie moet van stapel gestuur word.
3. TYDSKAAL
Uit 'n Afrikanerhoek sal 'n referendum voor einde 1998 baie belangrike mobiliserende en samewerkende invloed hê - ook op voorbereiding vir die 1999 verkiesing. Die ANC kan dit moontlik nie as voordelig vir sy strategie ervaar nie. Nogtans MOET eers baie druk op hulle geplaas word (agter die skerms) om dit wel toe te gee. Indien hulle nie wil of kan nie (oa die Thabo Mbekigroep) moet 'n afdwingbare ooreenkoms gemaak word om betyds teen 2002 'n referendum te reël. Dit moet plan B wees as dit werklik nie anders kan nie.
Die motivering kan wees dat die ander saak wat die Afrikaner sal mobiliseer die herdenking van die Vryheidsoorlog is. Die Afrikaner kan nie sonder konkretisering van selfbeskikking die einde van die herdenking van die oorlog bereik nie.
Die toestemming tot 'n referendum kan 'n uitlaatklep wees om die nasionale gevoel van die Afrikaner vreedsaam te akkommodeer. Dit moet dan die werklike konkretisering van selfbeskikking (territoriaal en kultureel) te weeg bring.
NASKRIF
By die onderhandeling vir selfbeskikking moet daar seker gemaak word dat 'n enkele inklusiewe voorstel, wat die goedkeuring van alle Afrikanerbelangegroepe (territoriaal en kultureel) wegdra, voorgelê kan word. Sou dit nie gebeur nie, sal die ANC in die posisie wees om die voorstel te verwerp op grond daarvan dat dit nie 'n finale oplossing vir die Afrikaner kwessie bied nie. 'n Gebrek aan so 'n voorstel, sou ook die gevolg hê dat dit verdeeldheid tussen Afrikaners verder aanblaas.
AJ DE BEER
9 MEI 1997