Hoogland-aksie | |
| Doel, visie, grondslag, funksies en uitvoering 'n Referendum onder Afrikaners Hoe moet kulturele en territoriale selfbeskikking geskied | Konsep vir Afrikanerselfbeskikking op plaaslike regeringsvlak in die groter Pretoria gebied. Konkretisering van selfbeskikking van die Afrikaner Hooglandaksie : Belangesektor : plaaslike regering 'n Antwoord op besware ten opsigte van die meerderheidsgebied (Hoogland) |
KONKRETISERING VAN SELFBESKIKKING VAN DIE AFRIKANER
MOTIVERING
Die volgende faktore maak dit dringend dat met die ANC in hierdie jaar tot 'n vergelyk oor Afrikanerselfbeskikking gekom moet word:
1) President Mandela se tyd raak min om aan die Afrikaner voldoende erkenning ten opsigte van selfbeskikking te verleen voor sy aftrede.
2) As Pretoria die parlement kry en hy word die enigste hoofstad (dit kan nog vanjaar besluit word), kan dit nie sonder 'n baie duidelike teenprestasie aan die Afrikaner geskied nie. Ons kan nie nog 'n vesting verloor sonder 'n teenprestasie nie. Die simboliek van Pretoria vir die Afrikaner moet benut word.
3) Die herdenking van die Tweede Vryheidsoorlog kom nader - ook dit moet 'n teenprestasie van die ANC betyds lewer voordat dit lyk of die ANC onder druk toegegee het. Die Afrikaner mag dit nie herdenk sonder selfbeskikking nie.
4) Samewerking van die Afrikaner met die ANC sal geloofwaardigheid kry en beide die prosesse van ANC-nasiebou en Afrikanervolksbou bevorder. Dit kan groot internasionale waarde hê.
5) Uitvloei van kundigheid en algemene benadeling van die ekonomie kan grootliks uitgeskakel word.
6) 'n Tydige skikking kan 'n groot positiewe invloed hê op die 1999 verkiesing.
(Sielkundige druk is van groot belang.)
TWEEBEENSTRATEGIE
1. 'n Afrikanerraad
1.1 Kulturele selfbeskikking en territoriale selfbeskikking moet versoen word in 'n Afrikanerraad wat die verskeidenheid van Afrikaners insluit.
1.2 Die konferensie van die Volkstaatraad kan as eerste stap dien om dit tot stand te bring.
1.3 'n Beplanningskomitee moet 'n eerste vergadering reël en 'n voortsettingskomitee moet die konferensie se voorstelle verder voer.
2. Verkryging van 'n heimat (kerngebied)
2.1 'n Spesifieke gebied van Pretoria, Verwoerdburg en 'n deel van die platteland moet as kern dien oor die korttermyn.
2.2 'n Breër pakket van gebiede en kulturele selfbeskikking moet daarmee saam erken word.
2.3 'n Kort konsepdokument moet hiervoor opgestel word.
2.4 Die Oranjewerkers bied aan om die eerste gesprek van belanghebbende Afrikaner rolspelers te nooi.
Nadat die belangrikste Afrikanerrolspelers met mekaar tot 'n breë vergelyk gekom het, moet gesamentlik met die ANC gesprek gevoer en onderhandel word. 'n Wen-wen situasie moet geskep word.