HOOGLANDAKSIE : Belangesektor : PLAASLIKE REGERING
SAMESTELLING
Drie kundiges op die gebied van plaaslike regering plus een verteenwoordiger van die Staatkundige Belangesektor en een verteenwoordiger van die Finansiële Belangesektor.
SKAKELING
1 Koördineer van tyd tot tyd met ander Belangesektore.
2 Pleeg oorleg met die Beplanningsdepartemente van die Groter Metropolitaanse Raad van Pretoria, Verwoerdburg en Akasia.
3 Skakel met ander belanghebbende instansies, soos die Volkstaatraad ens.
VISIE
Om ter bereiking van die doelstellings van die Hooglandaksie, bemagtiging op plaaslike regeringsvlak in 'n meerderheidsgebied vir die Afrikaner te verkry.
VERGADERINGS
Vind so dikwels as nodig plaas, maar minstens een keer per maand.
REGLEMENTE
Die algemene reglemente ten opsigte van vergaderingsprosedures sal geld met besondere verwysing na die reglemente soos deur die Hooglandaksie geformuleer.
FUNKSIES
1 Identifiseer en ontleed die meerderheidsgebied tov die volgende:
1.1 Geografiese grense
1.2 Bevolkingsamestelling en taalgebruik
1.3 Aantal plaaslike owerhede
1.4 Landelike- en Distriksregeringsinstellings
1.5 Partypolitieke samestelling van 1.3 en 1.4
1.6 Bestaande en toekomstige gebruiksones soos deur plaaslike owerhede bepaal.
1.7 Identifiseer binne die meerderheidsgebied 'n bepaalde teikengebied.
2 Bepaal in oorleg met Staatkundige Belangesektor die gesagstruktuur vir die meerderheidsgebied.
3 Bestudeer en ontleed bestaande wetgewing en die Grondwet tov magte en bevoegdhede van plaaslike regering.
4 Identifiseer die rol en moontlike benutting van Kultuurrade.
5 Identifiseer magte en bevoegdhede van plaaslike regering in die meerderheidsgebied met in agneming van :
5.1 Bestaande Konstitusionele samestelling
5.2 Meerderheidsgebied
5.3 Kultuurrade
6 Bepaal die organisatoriese samestelling van plaaslike owerhede in :
6.1 Die huidige RSA
6.2 Die meerderheidsgebied
6.3 Intern
7 Identifiseer verhoudinge en skakeling met :
7.1 Sentrale-, Provinsiale- en plaaslike regerings in die RSA.
7.2 Regeringsinstellings in die meerderheidsgebied.
8 Stel in oorleg met Finansiële Belangegroep vas :
Bronne van inkomste :
heffings
belastings
bydraes ens
9 Bepaal die funksies wat deur die plaaslike owerheid uitgeoefen sal word.
10 Identifiseer welke beheer oor plaaslike regering uitgeoefen sal word.