Doel, visie, grondslag, funksies en uitvoering
Doel
Die verkryging, ontwikkeling en bemagtiging van 'n meerderheidsgebied vir die Afrikaner/Boer.
Visie
Die vryheid van die Afrikaner/Boer in die meerderheidsgebied as vertrekpunt met as eindbestemming 'n vrye volkstaat wat deur middel van 'n proses daargestel moet word.
Grondslag
Die Woord van God Drie-enig is die grondslag van ons ideaal, strewe en werksaamhede.
Funksies
Die volgende funksies moet uitgevoer word om hierdie visie te verwesenlik:
- Versameling van inligting in die meerderheidsgebied deur onder andere gebruik te maak van die navorsing van die Volkstaatraad, die VRWK en ander volkstaatorganisasies en volkstaatgesinde persone.
- Identifisering van die magsmiddele van die Afrikaner/Boere binne die meerderheidsgebied.
- Verspreiding van inligting.
- Oorreding van alle betrokke rolspelers van die regverdigheid en werkbaarheid van hierdie strewe.
- Uitbouing van Afrikaner/Boere kultuur.
- Verset teen die aftakeling van die Afrikaners/Boere se middele en die vervreemding van sy volkseie binne die meerderheidsgebied.
- Ondersoek die rol, verwagtinge, moontlikhede en implikasies ten opsigte van landbou, ekonomie, kommunikasie, onderwys, welsyn, gesondheid ensovoorts en bevorder dit.
- Ondersoek en bevorder die samewerking met ander moontlike volkstaatgebiede.
- Oorreding van volksgenote om al meer van volkseie-arbeid gebruik te maak.
- Bevordering van goeie verhoudinge met ander belangegroepe, gemeenskappe en state in streeks- en wźreldverband.
Uitvoering
Om die aksie ten uitvoer te bring, word volledige planne opgestel en in werking gestel, naamlik 'n staatkundige plan, grondwetlike bemagtigingsplan, ontwikkelingsplan, beveiligingsplan, kultuurplan, ekonomiese plan, geestelike heropbouplan, grondsake- en landbouplan, verhoudingeplan en struktuurplan.
Administrasie
Die administrasie word behartig deur die Vereniging van Oranjewerkers wat die kantoor, personeel en aanvanklike fondse beskikbaar stel.