Vir die Boere-Afrikanervolk het vryheid in sy eie staat 'n noodsaaklikheid geword. Die Vryheidsverkryging van 'n staat kan slegs verkry word deurdat die volk wat aanspraak maak daarop, dit besit en beset. Die volgende dorpe is reeds 'n bewys daarvan dat die Boere-Afrikanervolk deur homself regeer wil word.
In die Volkstaat moet die Boere-Afrikaner sy doelwitte definieer en dan konstruktief vir die bereiking daarvan werk. Wie die Volkstaat en sy gedefinieerde doelwitte wil verydel, is die vyand van die Boere-Afrikanervolk.
BASIES IS DAAR 3 SLEUTELGEBIEDE WAT GEIDENTIFISEER IS, EN 'N AANTAL KLEINERES (insluitend eilande om SA)
|
HOOGLAND GEBIED

| Vierfontein in Transvaal Na 'n lang en moeisame pad van ontwikkeling is Vierfontein vandag een van 'n reeks Boere-Afrikanerdorpe en privaat eiendomme waar daar aan 'n volkseie Christelik Nasionale gemeenskapslewe gebou word. Hoogland-aksie Die Hooglandgebied is die grootste Afrikaner konsentrasiegebied in Suid-Afrika en daarom is dit as toespitsingsgebied geidentifiseer. Hoogland huisves tans sowat 1 miljoen Afrikaners en sowat 700 000 nie-Afrikaners. Die Afrikaners van die gebied is hoofsaaklik verstedelik en is in verbinding met die landelike dele oos en noordwes van die metropolitaanse gebied. Oos-Transvaal Babso, die Boere-Afrikanerbeweging vir Selfbeskikking in die Oos-Transvaal, | Orania in die Noord - Kaap Orania is die eerste groeipunt in 'n gebied tussen die Weskus en die Oranjerivier, wat deur verskeie Afrikaner organisasies gesien word as toekomstige volkstaat of nasionale tuiste vir die Afrikaner (Boere). Kleinfontein Kleinfontein is 'n dorp 20 minute van Pretoria waar jou kinders en huis veilig is en word bewoon deur jou eie mense: Boere-Afrikaners. Balmoral Balmoral is ongeveer 80 km oos van Pretoria tussen Witbank en Bronkhorstspruit geleë. |