VORDERINGSVERSLAG BOERE REPUBLIEK (KO-OP) BPK


1. VOORSITTER EN SAMEROEPER VAN DIE BEMARKINGSPAN:

Fritz Meyer (012) 46 5841w of Sel: 082 572 9370.

Daar was op 2 April 1997 reeds 55 lede en 109 hektaar is aangekoop. 'n Aanbod vir gedeelte 67 (51,18 hektaar teen R100 000) is aanvaar. Die Dagbestuur vergader elke Woensdag, die volle Direksie elke eerste Woensdag van elke maand. Die lede en nuwe lede vergader elke eerste Saterdag van elke maand in die Konsentrasiekamp Kerkhof. 'n Vorderingsverslag is maandeliks aan lede beskikbaar.

Die oogmerk is om alle inkomste van die kooperasie, ledegelde en huurinkomste, aan te wend om nog landbougrond aan te koop. Die sekondere doelwit is om ons lede ekonomies te bemagtig en lede wat in sekondere kooperasies opgeneem is, sal die eerste opsie geniet om die grond op uiters billike terme te huur. Dit sal as 'n suiwer kommersieele transaksie beskou word en alle inkomste wat deur die sekondere bedrywe gegenereer word, sal die lede van daardie kooperasies as vergoeding toekom. Die onderstaande portefeuljes is as sekondere projekte geloods en kundige lede word versoek om daarby in te skakel.

2. ONDER VOORSITTER EN SAMEROEPER: LANDBOU-KOOPERASIE

Andries Campher (01212) 20796H (0157) 55525W. Alle lede wat belangstel om voltyds, of deeltyds, by boerdery betrokke te wees, kan aansoek doen om hierdie lid te word. Alle landbougrond wat reeds aangekoop is, sal op billike terme aan die Landboukooperasie verhuur word vir boerdery. Een van ons lede, mev Elna Kohler, is tans in Noord-Spanje op 'n feitesending om by die Baskiese Seperatiste kers op te steek. Elna het ook trekkers en landbou- implimente beskikbaar gestel.

3. SEKTRETARIS/SAMEROEPER: BOERE VROUE-AKSIE

Alta Grobler (012) 561 2087 (tel/faks). Alle vroue-lede moet hier inskakel. "Die gesin is gans die Volk". Alta hanteer ons administrasie en ledelyste, help haar gerus.

4. TESOURIER/SAMEROEPER: BOEREJEUG

Koos Coetzee (012) 345 3721H en Sel: 082 968 4610 Alle jeuglede moet hier inskakel om toekomstige leiers te word. Oom Koos hanteer ons finansies en navrae oor aandelesertifikate, ledegelde, debietorders en kwitansies. Boere wat veilige beleggings, teen uitstekende rentekoerse wil maak, kan gerus met hom skakel. Ondersteun u eie mense!

5. WERKSOPLEIDINGS/DIENSPLIG: SAKEKOOPERASIE

Koot Swanepoel (012) 991 1559H of Sel: 083 283 2956 Alle lede wat belangstel om sakeondernemings en nywerhede te Balmoral wil vestig, kan hier aansoek doen. Die eerste projek wat reeds goedgekeur is, is om 'n moderne vulstasie langs die snelweg op te rig. Die vulstasie sal ook 'n kafee, restaurant, werkswinkel en insleepdiens he. Soos met alle sekondere projekte sal daar van geen volksvreemde arbeid gebruikgemaak word nie. Die werkswinkel sal jong Boerseuns as werktuigkundiges oplei om die vulstasie te beman en ook ons eie plaasimplimente onderhou. Nywerhede kan by die kooperasie inskakel, of as selfstandige entiteite soos bv 'n konstruksiekoop tot stand kom, maar deurentyd geld alleen self-arbeid.

6.REGSADVISEUR/SAMEROEPER: BOEREKOMMANDO

Smof Beetge (012) 83 4550H/W 803-5525F of Sel: 082 458 3909 Smof is verantwoordelik vir die statuut wat deur elke lid gelees en verstaan behoort te word aangesien dit die lede se onderlinge verhouding bepaal en die reels en regulasies bevat waarbinne ons moet funksioneer. Die statuut kan deur die lede gewysig word en positiewe insette in hierdie verband moet verwelkom word. Alle weerbare manlike lede moet by die Boerekommando inskakel ten einde veiligheid en sekuriteit te verseker maar ook om op kulturele gebied, Boeredae soos die Tweede Vryheidsoorlog, ens., luisteryk te gedenk. Die Boerekommando sal ook verantwoordelik wees vir die onderhoud van die kerkhof. 'n Piekniekplek sal in die bloekombos ingerig word vir dagbesoekers en 'n woonwapark met ablusiegeriewe by die dam. Later sal 'n natuurreservaat met inheemse wild geskep word. Nog 'n projek wat geloods gaan word is om buitelandse besoekers die geleentheid te bied om per ossewa deur die wildreservaat te toer en te oornag om sodoende egte Boere-kultuur te ervaar.

7. GRONDAANKOOPADVISEUR: BEHUISINGSKOOPERASIE

Hannes Scholtz (012) 991 3955H/W of Sel: 083 628 2055 Elke lid is geregtig op 'n standplaas (erf) wat tydelik of permanent bewoon kan word en lede wat daarvan gebruik wil maak, kan hier inskakel. Die Behousingskooperasie is verantwoordelik om die verskillede soorte ontwikkeling ordelik te laat geskied. Hoee standaarde wat betref infrastruktuur, soos toegangspaaie, water-, krag- en rioolvoorsiening met streng bouregulasies sal geld. Erwe sal gratis beskikbaar wees. ________________________________

LIDMAATSKAP

Om 'n lid van die Boere Republiek (Kooperatief) Bpk te word, sal u in hierdie stadium net R1 200 kos. U mag die bedrag ook betaal met 'n deposito van R120 en R50 per maand. Dit bied u ook toegang tot die sekondere kooperasies en 'n gratis woonerf, sou u een verlang. U mag ook beleggings maak waarop u uitstekende rente-opbrengste sal ontvang. Skakel vandag nog met Koos Coetzee: (012) 345 3721 of 082 968 4610.


Boer.co.za

CyberVolkstaat (Afrikaans - English) / Nuusdienste - News services / Landbou - Agriculture / BoerWar / Ambassades