BOERE REPUBLIEK KOöPERATIEF BEPERK (BRKB)
n Klomp Republikeinse Boere het vroeër hierdie jaar n koöperasie gestig en het plaasgrond in Balmoral omgewing bekom. Balmoral is ongeveer 80 km oos van Pretoria tussen Witbank en Bronkhorstspruit geleë.

Die doelstellings van hierdie koöperasie is op n besigheidsgrondslag gebaseer en wel om die grond tot die voordeel van die lede te ontwikkel en te gebruik. Weliswaar n klein begin, maar op die regte Fondamente gebaseer. Die Manifes van die BRKB bepaal dat alle Christen Boere wat hulself aan die Bloedrivier-Gelofte verbind en n strewe het na die onafhanklikheid van die Boere in n vrye en sowereine Republiek kan aansluit.
Die hele BRKB projek word in nederige erkentlikheid aan die Here opgedra en ons vertrou op Jesus as ons enigste Saligmaker en Verlosser om ons nou weer uit te lei en van die projek n sukses te maak.
Aandele kos R1,200.00 en elke Boer kan so n aandeel opneem. Die aandeel maak die lid maak geregtig op n erf. Aangesien die grond in die naam van die BRKB geregistreer word, ontvang die lede nie kaart en transport nie maar wel n ooreenkoms wat vir hom die gebruiksreg bepaal. Aandele is oorerfbaar, en kan ook verkoop word, aan ander lede. Hier gaan Boere weer saam werk en self werk om n land vir hulself te bou. Behuising, landbou en voedselvoorsiening is van die eerste doelstellings. Tesame daarmee word industrieë en nywerhede genooi om daar te kom vestig om werksgeleenthede te bied. Sake ondernemings en besighede is die vierde been van ontwikkeling wat markte vir produkte en winkels sal insluit. So sal n totale gemeenskap ontwikkel met skole en hospitale. Dit alles deur ons eie volksgenote en vir ons eie volksgenote, tot eer van God.
Die Boervolk gaan gebuk onder ongekende onderdrukking deur n vreemde regering. Boere word vermoor in beplande en koelbloedige etniese moorde deur APLA en PAC terroriste wat niks met kriminele geweld te doen het nie. Dit is beplande moord van blankes en Boere en word onder opdrag van hul leiers uitgevoer. Die kapitulering van die Afrikaner het gelei tot die grootste diefstal in mensegeskiedenis waar n volk van sy totale volksbates beroof is in n bloedlose en lafhartige oorgawe aan n onderontwikkelde nasie wat voorvadergeeste aanbid, sonder dat n koeël geskiet is. Ons is weer terug by "joiners" en "handsoppers" met die verskil dat die Boere toe nog die ruggraat gehad het om teen die magtigste Britse Ryk op te staan. Oral in die land is die Volk weer besig om weer gestalte te kry : Die Boervolk ! Kom gooi u gewig nou in by die Boere groeipunt.
Groot opgewondenheid het geheers toe die eerste erwe uitgesit is en aan lede beskikbaar gestel op n spesiale ledevergadering wat op Saterdag 11 Oktober 1997 te BRKB gehou was. Baie lede het erwe opgeneem en sal nou aansluit by die behuisingskoöperasie wat dan self verantwoordelik sal wees vir die ontwikkeling van dienste na gelang van die behoeftes van die lede. Alle dienste sal deur ons eie mense gelewer word. So voorsien ons ook werkverskaffing.
Die BRKB is n onafhanklike inisiatief en het geen verbintenis met enige politieke groepering nie, en sal saamwerk waar moontlik met alle behoudende organisasies en soortgelyke ontwikkelings. Lede verkies die bestuur wat dan onder hulle opdrag die koöperasie moet bestuur. Die lede het dus die hoogste gesag en bepaal self die doelwitte en reëls.
Skakel gerus vir Fritz Meyer by sel 082 572 9370 vir verder inligting.