OPLEIDINGSAKADEMIE
Die Akademie vir Diensopleiding by Spitskop (naby Balmoral) bied 'n 8 weke kursus aan vir jong manne.
Kursus inhoud
Hulle word ondermeer geleer om te sweis, onderhoud op trekkers, motors toe te pas, vee hantering (melkery ens) en dan ook 'n baie belangrike komponent - veiligheid (veral wanneer die Boer weg van sy plaas is). Hierdie opleiding is gemik om die outjies gereed te maak vir die grootmens wereld (Nuwe SA) en na die opleiding word hulle uitgeplaas op plase vir omtrent 'n jaar se praktiese ervaring.
Die Akademie soek gereeld na nuwe werkgewers waar hierdie ouens prktiese ervaring kan opdoen.
Navrae : Hermien Meyer 013 585 657
Geskiedenis van die Opleidings akademie
Die BRKB Opleidingsakademie beplan reeds hul eerste inname vir vroeg Januarie 1997 en alle jongmanne tussen 18 en 25 word genooi om aansoek te doen. Die Akademie sal ook as n koöperasie funksioneer en moet dus ook op sy eie ekonomiese voete staan. Aangesien die opleiding van ons jongmense krities is vir die voortbestaan van ons Volk moet ons almal hier n bydrae maak. Die doelstellings van die Akademie sal wees om by ons jongmense weer n liefde te kweek vir ons Afrikaanse Taal-en-Kultuur, Boerevolk-en-Geskiedenis, ware Christenskap, asook fisiese Weerbaarheid. Baie mense het reeds hul gewig op n vrywillige basis en sonder vergoeding aangebied. Kom help saam ! Daar is geen persoonlike gewin nie, slegs die voordele vir ons Volk !
Basiese vaardighede onder ander landbou, ploeg, motormeganieka, sweis ens. sal ook verskaf word. Dit sal ons in staat stel om jong manne uit te plaas na Boere as werkers op die plase. Boere sal verblyf voorsien en ook die jongman vergoed teen n markverwante salaris. So kan ons onsself ontkneg van die volksvreemde arbeid en geleenthede aan ons eie jong manne bied. So word ons jongmense weer vaardighede aangeleer en leer hulle wat dit beteken om self te werk.
n Verdere voordeel is dat dit ook die benarde veiligheidssituasie van die Boere gesinne op die plase sal verbeter deurdat die jong weerbare manne kan help met beveiliging. Positiewe skakeling in hierdie verband is reeds met die TLU gemaak.
Akademiese modules van hoë standaard soos bv. N - en T-kursusse is ook in beplanning. Ons kan nie meer toelaat dat ons kinders na sogenaamde akademiese inrigtings gaan waar standaarde nie gehandhaaf word en die veiligheid van ons kinders n werklike risiko geword het nie. Teen hoë koste moet jy sien hoe die onderrig ontwrig word deur onopgevoedes wat dan verbasend genoeg dieselfde kwalifikasie bekom. In die arbeidsmark kry die volksvreemde in elk geval die werksgeleentheid as gevolg van affermatiewe aksie. In hierdie opsig sal nou saamgewerk word met bestaande volkseie onderrig-inisiatiewe bv. CVO en BCVO. Instrukteurs wat in enige van die bogenoemde aspekte n bydrae kan lewer word genooi om ons te kontak.
Aangesien die inname beperk sal wees sal daar ook streng vooraf keuring wees. Hoë standaarde sal deurgaans gehandhaaf word en studente sal op n deurlopende basis geëvalueer word. Kursusfooie wat ook akkommodasie en voedsel insluit sal vooraf betaal moet word. Toekomstige innames vir jongmeisie, verpleegsters, bemarkers, sake-entrepreneurs, ens. word ook beplan.
Aangesien daar geweldige logistieke vereistes vir so n enorme projek is, sal alle bystand en hulp van enige aard waardeer word. Enige boumateriaal, plaasimplemente en masjinerie vir die opleidingsfasiliteite sowel as meubels vir die kasernes en eetsale word dringend benodig.
Kontak gerus vir Steve Lategan by sel 083 731 8184 met betrekking tot verdere inligting van die Opleidingsakademie.