Boere-Afrikanerbeweging vir Selfbeskikking | |
| Postnet suite 172 Privaatsak X9013 Ermelo 2350 | Tel: 017-7531922 Sekretaris: Theo Wassenaar |
Babso, die Boere-Afrikanerbeweging vir Selfbeskikking, is in November 1996 onder leiding van Dr. Wally Grant gestig met die doel om deur maksimale kulturele en ekonomiese bemagtiging wesentlik te bou aan territoriale selfbeskikking vir Afrikaners in die Oos-Transvaal.
Twee duidelike komponente word geformuleer:
AFRIKANERBEDINGSMAG DEUR EENHEID
Die Volkstaatraad bied in samewerking met die organisasie Babso op Saterdag 17 Oktober 1988 'n konferensie te Middelburg aan met die doel om strategie te ondersoek waardeur Afrikaners in Oos-Transvaal deur kulturele en ekonomiese eenheid hulle bedingingsmag kan vestig en versterk.
Registrasie fooi is R20-00 en is die dagbetaalbaar en sluit verversings en middagete in.
Agenda
Voorsitter: Dr. Natie Luyt
8:30 -9:30 Aankoms en registrasie
9:30 Opening
9:40 Verwelkoming Dr. Wally Grant
10:00 Inleiding : Prog HCG Robbertze, Voorsitter Volkstaatraad
10:20 Referaat: Afrika realiteite: wat kan ons verwag? Dr Chris Maritz, RAU
11:00 Tee
11:20 Referaat: Ekonomiese bemagtiging: 'n MWU perspektief: Mnr Flip Buys, Hoofsekretaris, Mynwerkersunie
11:50 Referaat: Kulturele Selfbeskikking en afrikanerrade: Dr Piet Liebenberg, Volkstaatraad.
12:20 Konferensiegangers verdeel in besprekingsgroepe
13:00 Ete
14:00 Rapport deur besprekingsgroepe en algemene bespreking
15:00 Samevatting
15:30 Bedankings mnr Jan Coertzen
Pad aanwysing
Met N4 - Neem Middelburg - Fonteinstraatafrit vanaf N4. Ongeveer 200 meter op Bethalpad links by Pienaardam Ontspanningsoord
Babso- Maart 1997 Konferensie
Babso het Maart 1997 ''n suksesvolle beplanningsoefening gehou. Babso is 'n nie-partypolitieke organisasie wat in 1996 geloods is met die doel om die ideaal van selfbeskikking en territoriale outonomie vir Afrikaners in die Oos-Transvaal te bevorder.
Babso het tydens die beplanningsoefening tot die slotsom gekom dat kultuurrade op grondvlak die instrument kan wees waarmee die Afrikaner homself kan bemagtig. Deur kultuurrade kan hy sy langtermyndoelwit van territoriale selfbeskikking en uiteindelik 'n soewereine volkstaat bereik.
Handves vir selfbeskikking
Prof Pikkie Robbertse, lid van die Volkstaatraad, het tydens die vergadering 'n referaat oor kulturele selfbeskikking gelewer. Prof Robbertze het 'n Handves vir Afrikaner-selfbeskikking bepleit, wat deur 'n Afrikaner volkskonvensie bekragtig kan word, sowel as 'n struktuur vir Afri-kanerrade vanaf plaaslike vlak tot op nasionale vlak.
Deur hierdie strukture kan druk uitgeoefen word om internasionale erkenning vir die Afrikaner se aansprake te kry, het dr Robbertze gesê. Die Afrikaner kan onder andere aanspraak maak op die reg tot die voortbestaan van die Afrikanervolk, die reg tot 'n grondgebied, die reg op ontwikkeling, selfbeskikking, taal, en eie onderwys.
Outonomie
Dr Wally Grant, het 'n voorlegging gelewer waarin hy aangedui het dat die ou Oos-Transvaal of Drakensberg-Noord gebied homself tot verdere ondersoek leen van gebiede waarin die Afrikaner outonomie kan bekom.
Onder leiding van dr Piet Liebenberg van RAU is kragpunte van die Oos-Transvaal geïdentifiseer. Die kragpunte is:
Babso het tot die slotsom gekom dat kulturele bemagtiging, gekoppel aan goed gekose groeipunte, die onmiddellike doel behoort te wees. Geen regering gee vrywillig mag aan 'n volk nie. In gevalle waar 'n volk selfbeskikking op 'n vreedsame wyse bekom het, het dit gebeur omdat daardie volk homself bemagtig het. Volledige selfbeskikking sal slegs moontlik wees indien die Afrikaner die wil daartoe openbaar.