English text available at Embassies of the Boervolk

Ambassades van die Boerevolk

2005/03/22

Inleiding

Boerevolk skep verteenwoordigende kantore wêreldwyd

Na aanleiding van die afgelope 4 jaar se bewind van ‘n Kommunistiese volksvreemde regering, blyk dit duidelik dat die aanslag op ons volk in felheid toeneem. Dit maak ons verantwoordelikheid groter om plaaslik en oorsee weer as Boere te hergroepeer en weer terug te keer na onderlinge samewerking.

Hoë vlaag van misdaad en moorde wat grotendeels op Blankes gerig is. Die miskenning van "tersiêre kwalifikasies" by indiensneming nie. Regstellende aksie wat niks anders as diskriminasie en rassisme is nie. Onderdrukking van ons eiesoortige kultuur. Dit is van die toestande wat bygedra het tot die uitstroming van blankes uit Suid-Afrika.

Reeds in die begin van die eeu het Boere Suid-Afrika verlaat vir Argentinië, om sodoende om weg te kom van Engelse oorheersing. Na drie geslagte is die groepe egter reeds geassimileer met die Argentyne en is Spaans hul moedertaal.

Die Jode het inteendeel na eeue se omswerwinge dit reggekry om as Joodse gemeenskappe te oorleef ongeag in watter land hul bevind het. Met die draai van die 1900 het Joodse gemeenskappe van oor die hele wêreld georganiseer om fondse in te samel om grond te koop vir besetting in Palestina. Joodse gemeenskappe het die aangekoopte grond beset en onderhou - tot dit groot genoeg was om die as ‘n onafhanklike staat te verklaar. Die Israelse staat word vandag nog steeds gesteun en aan die lewe gehou deur die buitelandse Joodse gemeenskappe.

Toestande in Suid-Afrika het drastiese afmetings aangeneem en huidiglik vertrek duisende jongmense uit Suid-Afrika na ander wêreld dele. Waar Jode die grond moes gekoop het, besit die Boerevolk die grond met die verskil dat niemand die grond wil beset nie.

Met die Internet wat wêreldwyd strek is dit nou moontlik om ‘n gekoördineerde poging daar te stel om Boeregemeenskappe te vestig en voordeel te trek uit daaruit. Oor ‘n tydperk van twee jaar is ’n kommunikasie netwerk daar gestel en is verskeie komitee’s aan die werk om gemeenskappe te organiseer. Die projek word deur alle volkseie organisasies ondersteun en die sukses lê juis daarin dat die ambassades nie ‘n spesifieke politieke groepering verteenwoordig nie, maar tot voordeel is van die Boere / Afrikaner gemeenskap en die persone wat hom vereenselwig met die ideale van die Boerevolk.

Die doel van Boere ambassades is om volksgenote en ondersteuners ingelig te hou ten opsigte van gebeure in Suid-Afrika. Om volksgenote en ondersteuners in 'n geografiese gebied te organiseer. Om aksiegroepe te stig om projekte te loods wat gemik is om kommunikasie is sosiale verband te bevorder. Die herdenking van die IIde Vryheidsoorlog is ‘n unieke geleentheid en reeds in stamlande word belangstellendes georganiseer om as ondersteuningsgroepe saam met die Boere die oorlog te herdenk en te vier.

Elke ambassade se webwerf word verdeel in verskillende afdelings. So word daar berig oor samekomste wat gereël word soos ‘n Boeresportdag, Geleenthede wat bestaan vir Au pair’s of vir persone wat werk soek asook sakegeleenthede om handel te dryf. Indien persone vir ‘n kort tydperk ‘n land wil besoek is daar uitruil geleenthede van huisvesting, Toerisme geleenthede bestaan en die wat graag penvriende soek kan hul adresse publiseer. Elektroniese gesprekslyste maak dit moontlik om inligting uit te ruil en te rapporteer oor die nuutste gebeure. Elk van die lande se ambassades word ondersteun deur besoekers boeke waar besoekers inligting kan los en ‘n kalenderdagboek waar geaffilieerde organisasies aktiwiteite en byeenkomste kan adverteer. Die ambassades word gerugsteun deur ‘n verskeidenheid van komitee’s wat die lande se aksies en byeenkomste koördineer. Gesprekslyste maak dit ook moontlik vir lede om met mekaar te kommunikeer.

Die beheer en bestuur van die ambassades in Nederland , Vlaandere, VSA, Kanada, Brittanje, Duitsland, Australië, Nieu Seeland en Swede is tans in proses van afhandeling en die ambassades sal vanaf Januarie in volle gang wees. Verteenwoordigers word eersdaags aangestel in Italië, Spanje, Argentinië, Brasilië en Frankryk.

Dit is vir ons 'n erns om die volgende dienste te begin. ‘n Weeklikse interkerklike erediens wat afgelaai kan word. ‘n Pastorale Internetdiens. ‘n Weeklikse radio program asook algemene real audio programme, maar 'n tekort aan fondse sit ons terug.

Indien lesers bewus is van enige persone en simpatiseerders wat sou belangstel om deel te neem, word u versoek om sy / haar besonderhede aan ons deur te gee. Ons sal die nodige reëlings tref om met hul te skakel.

Indeks 
Die doel van die ambassades
  • Om volksgenote en ondersteuners ingelig te hou ten opsigte van gebeure in Suid-Afrika.
  • Om volksgenote en ondersteuners in 'n geografiese gebied te organiseer.
  • Om aksiegroepe te stig om projekte te loods wat gemik is om kommunikasie is sosiale verband te bevorder. Moontlikhede geleenthede is vleisbraaigeselighede of Boeresportdae.
Informasie word verdeel onder die volgende onderwerpe
  • Gebeure / samekomste
  • Boeresport/ braaivleis of ander gesellighede
  • Au pair geleenthede
  • Werksgeleenthede
  • Sakegeleenthede
  • Uitruilgeleenthede vir huisvesting
  • Toerisme
  • Penvriende / Elektroniese gesprekslyste
Projekte/ Dienste wat dringend is:Dit is vir ons 'n erns om die volgende dienste te begin, maar 'n tekort aan fondse sit ons terug, hierdie dienste sal egter eersdaag begin word as gevolg van die groot behoefte daarvan ongeag daar fondse is of nie.
  1. 'n Weeklikse interkerklike erediens wat afgelaai kan word.
  2. 'n Pastorale Internetdiens
  3. 'n Weeklikse radio program net vir die buitelanders, asook algemene real audio programme.
  4. Bewusmaking van Plaasmoorde en ander misdade in SA.

I

Visitorsbook: Read what people all over the world say about South Africa

GUESTBOOK.gif (21127 bytes)

Besoekersboek: Lees wat se Suid-Afrikaners in die vreemde

 

E-vriend Uitruil geleenthede AuPair

Indien jy enige aksie of byeenkoms beplan, of inligting wil beskikbaar wil stel, stuur 'n boodskap aan boerBYboer.co.za.


BoereData

CyberVolkstaat (Afrikaans - English) / Nuusdienste - News services / Landbou - Agriculture / BoerWar / Ambassades - Embassies