(Die artikel is ingestuur deur 'n duitse vriend en is geplaas soos dit ontvang is. Afrikaans is nie sy moerdertaal nie derhalwe die sin en woord foute )
Europese Hulporganisasies en Vrywilligers tydens die Tweede Vryheidsoorlog
(1899-1902)
deur Dr. Claus Nordbruch
Europa se opvatting teenoor die Boere voor en tydens die Tweede Vryheidsoorlog moet onderskei word tussen eerstens die sienwyse van die Europese regerings en tweedens die beskouings van die Europese volkere. Geen van die Europese magte, d.w.s. Duitsland, Oostenryk-Hongarye, Frankryk of Rusland wou offisieel hulp verleen aan die Boere - en glad nie met wapens aan hulle se kant in die konflik intree nie. Heeltemal anders moet die houding van die Europese volkere gesien word. Hulle het de facto hul hulde betoon aan die Boerevolk. Daar was n alles omvattende simpatie teenoor die Boere. Nie net moralies nie maar ook prakties. Dus het in die meeste Europese lande hulporganisasies die lig gesien, wat dié volk ondersteun het:
Duitsland:
Daar was baie organisasies en vereenigings wat hulself aan die Boere gebind het bv. Deutsches Rotes Kreuz, Deutsche Kolonialgesellschaft, Allgemeiner Deutscher Sprachverein, Deutscher Burenhilfsbund. Die belangrikste van hierdie organisasies was die Alldeutsche Verband gewees. Sy het lesinge georganiseer met op daardie tyd geprese verteenwoordigers van die Boerevolk bv. Andries de Wet und W. L. Jooste. Verder het die Alldeutsche Verband tot die einde van 1902, 600000 Duitse Mark ingesamel. Met dié groot bedrag is sowel Boerkrysgevangenes as ook konsentrasiekampgevangenes en hul families ondersteun.
Ook van groot betekenis was die Deutsche Centrale für Bestrebungen zur Beendigung des Burenkrieges, n pasifistiese beweging wat deur baie bekende persoonlikhede ondersteuning gekry het. Sy het binnekort 200.000 handtekenige ingesamel om die streef te dokumenteer die oorlog te beeindig. n Derde belangrike hulporganisasie was die Deutsche Buren-Centrale onder leiding van die skryfer en geleerde Gustav Böhmer gewees. Sy het onder ander 32 tonne skoene, klere en komberse na die Boererepublike gestuur!
Nederland:
Onder die groot aantal van Nederlandse hulporganisasies (Amajuba Comité te Den Haag, Beschermings-Comité der Vereeniging Helpt Elkaar te Den Haag, Algemeen Nederlandsch Verbond, Nederlandsch Comité voor Transvaal en baie meer) was die Nederlandsch Zuid-Afrikaansche Vereeniging die belangrigste. Tot Augustus 1901 het dié organisasie 1,3 miljoen Gulde ingesamel en aan die Boere beskikbaar gestel. Aan die vereeniging verbonde was die so genoemde Perskantoor in Dordrecht. Sy hooftaak was om deur die middel van persberigte die Nederlandse bevolking se aandag op Engelse gruweldade te rig.
Frankryk:
In Frankryk het die hulporganisasies hul taak hoofsaklik gesien in die siekeverpleging en die versorging van gewondes. Die belangrikste was die Association des Dames Françaises (Assosiasie van Franse Dames) en die Union des Femmes de France (Unie van Frankryk se Vroue). Hulle het volwaardige kos en geneesmiddels en ook n volledige toerusting vir n lasaret Pretoria en Johannesburg toe gestuur.
Ierland:
Die grootste onder die Ierse ondersteuningsbewegings vir die Boere was die Irish Transvaal Comittee. Dié was ook een van die mees radikaalste in Europa. Tydens beïndrukende opmarse het militêre orkeste gespeel. Gedurende hul massa optogte van enkele tienduisend mense het hulle die Ierse solidariteit met die Boere geloofwaardig onderstreep. Na die eerste paar dae na die uitbreking van die oorlog het in Dublin amper burgeroorlog ontstaan. Honderde van geboue en mure het die Irish Transvaal Comittee met plakate oorgekleef: Enlisting in the English Army is Treason to Ireland!
Wat hierdie Europese bewegings almal gemeenskaplik verbonde het was benewens n sterk anti-engelse houding veral n diep gewortel simpatie vir die Boere wat beskou was as n klein nasie wat deur die wêreldmoontheid ernstig geteister en bedreig was.
Kort voor en onmiddelik na die uitbreek van die oorlog het die buitelanders wat in die Boererepublike gebly het met die Boere vereenselwig en vrywilligerkorps gestig - ek sê bewus nie "uitlanders" nie omdat ons in die Suid-Afrikaanse geskiedenis onder dié term hoofsaklik diegene beskou wat feitlik Britse onderdane was, wat veral in die goudmynbedryf in die Z.A.R gebly het en wat deur die Britse Kroon as voorwendsel gebruik was om Britse inmenging in die Boererepublieke se politiek te regverdig. Die buitelandse vrywilligers was nie genaturaliseerd nie, hulle het nie burgerskap van die Boererepublieke gedra nie en was dus nie onderwerp aan diensplig nie. Hulle was nie gedwing om by Boerekommandos aan te sluit of om eie militêre eenhede in die lewe te roep nie. Hulle het vrywillig in die stryd ingeskakel en die slagvelde betree.
Kwaadaardige kritici veronderstel, dat hiedie vrywilligers huursoldate was. Dit is glad nie van toepassing nie! Geen vrywilliger het geld vir sy dienste ontvang nie. In teendeel, hulle het hul reis en hul onderhoud uit hul eie sak bekostig of was finasieel ondersteun deur die verskeie Europese hulporganisasies. Die Boererepublieke het nooit die Europese vrywilligers betaal nie.
Die internasionale vrywillige eenhede was alles behalwe homogeen. Onder hulle was boere en soldate, mynwerkers en goudgrawers, onderwysers en geneeshere, Duitse grawe, Franse beroepsoldate, Russiese politici, Ierse revolusionêre, Nederlandse advokate en Skandinawiese berserkers.
Meestal word in die literatuur die totale aantal van Europese vrywilligers wat aan die Boere se kant geveg het met sowat 2000 aangegee. Dít kan maar egter net n gemiddelde getal aandui. Volgens die offisiële Engelse statistiek het saam met die Boere 2110 "foreign elements" geveg. Die Ierse oorlogskorrespondent Michael Davitt skryf in sy boek The Boer fight for freedom van ten minste 3700 mense. Navorsing aan die Oorlogsmuseum in Bloemfontein het uitgewerk, dat daar nie minder as 5000 Europese vrywilligers betrokke was nie. Die werklike aantal vrywilligers sal nooit meer korrek vasgestel kan word nie. Daar was nie rekrutering kantoors wat oordentlike lyste gevoer het nie; vegeenhede was gestig, onderverdeel, ontbind, herenig, en so voort. Op grond van my (Dr. Claus Nordbruch) eie navorsing neem ek aan dat daar meer as 3 000 Europese vrywilligers aan die Boerekant geveg het, maar net n fragment van hulle ook aan die tweede fase van die oorlog deelgeneem het.
Verder is dit belangrik om vas te stel, dat daar nooit "suiwer" Europese of nooit "suiwer" Boer eenhede was nie: Bv. het die Nederlander Henri Slegtkamp eers by die Duitse Korps onder Kolonel Adolf Schiel aangesluit en na die slag van Elandslaagte na die verkennerkorps van Kaptein Edwards oorgestap - waar onder ander ook die Skot Jack Hindon roemryk geveg het. Op die ander kant het die broers Deneys und Hjalmar Reitz, seuns van die onoortreflike staatssekretaris van die Z.A.R. en voormalige president van die Oranje-Vrystaat, hul Boerekommando verlaat om in die Duits-Oostenrykse verkennerkorps onder leiding van Baron von Goldeck te veg.
Die vrywilligers moet dus in drie verskeie kategorië gesien word:
Europese Ambulanse:
Benewens die militêre eenhede was daar n beïndrukende aantal ambulanse wat die Boere en hul Europese veggenote ondersteun het. Die mediese eenhede was nie versorg deur die Rooi Kruis nie, maar uitsluitlik toegerus en gefinanseer deur middel van donasies uit hul heimatlande. Ons weet van die Ierse-Amerkiaanse Ambulans onder Dr. P. OConnor, die Belgiese onder Dr. Coolen, die Russies-Nederlandse onder Drs. Kucharenko, von Rennenkampf und Rijckevorsel, die twee Nederlandse ambulanse onder Dr. G. Lingbeek und Dr. Koster, twee Duitse (met sterk Vlaamse deelname) onder Dr. Ringal und Dr. Hans Strehl, die Skandinawiese onder Dr. Biedenkap en self n Joodse onder leiding van Bension Aaron. Einde Februarie 1900 was daar nie minder as 54 buitelandse mediese doktors wat hulp verleen het aan gewonde Boere en gewonde vrywilligers.
Duitse Korps:
Die Duitsers was die eerste buitelanders gewees wat vir die regering van die Z.A.R. aansoek gedoen het om n eie eenheid te mag opstel. Die dryfkrag agter die inisiatief was Adolf Schiel, sjef van Korrektiewe dienste in die Transvaal, en Richard Albrecht, bevelshebber van die Vrystaatse artillerie, wat hy na Duitse voorbeeld opgebou het. Selfs die uniforme het gelyk soos die van Pruise. Adolf Schiel het die baie goed georganiseerde Duitse Kommando Johannesburg gestig wat ten minste 400 mans sterk was.
Reeds n paar dae na die katastrofiese neerlag by Elandslaagte, waar die Duitse Korps onder Schiel vernietig sou word het die weiniges wat oorleef het en nie gevangenis toegegaan het nie, onder leiding van Graf von Albedyll weer hergroepeer en deur nuwe vrywilligers versterking gekry. Sowat 230 vrywilligers het toe na die front in die Vrystaat beweeg waar hulle met n ander Duitse groep onder leiding van die Elandslaagte-oorlewende Georg Badicke verenig en onder die naam "Deutsches Freikorps" of egter die Vrystaatse Duitse Korps bekend gestaan. Die bevel van dié Korps het Kaptein Fritz Brall gevoer.
Op grond van persoonlike rusies en bakleierye tussen die Duitse offisiere was die egter nie moontlik gewees nie een groot en sterk Duitse militêre verband - wat Schiel se droom was - te realiseer nie. Onder Luitenant Paul Kranz was dus daar n verdere Duitse Korps gestig: die Duitse Korps Pretoria met sowat 200 vrywilligers.
Ander Duitse eenhede was onder Luitenant Hans Ulrich von Quitzow in die Vrystaat, onder Luitenant Fritz Runck by die slag van Spioenkop, onder Luitenant Pollmann van die Johannesburgse Polisie by die slag van Colenso, die Duitse Korps Lorenz by Brandfort en die drie Korpse Goldeck, Schulz und Meier naby Springs in Julie en Augustus 1900 by Dalmanutha.
Nederlandse Korps:
Die Nederlanders het n vereeniging gestig met die naam Corps van Nederlanders en Oud-Nederlanders wat onder leiding van staatsadvokaat Hermanus J. Coster gestaan het. Saam met die onderwyser Cars Geert de Jonge, wat deesdae sekretaris van onderwys en opvoeding van die Z.A.R. was het hy die Nederlandse Korps in die lewe geroep. Sowat 450 mans het onder die leiding van Jan Lombard gestaan - n gedeelte van hulle het by Elandslaagste dieselfde lot getrek soos hul Duitse kamerade.
Ierse Brigade:
Die Ierse Brigade het dit verkies om hulself die Korps van Wraaknemers (The Avengers Corps) te noem, om hul genot en voldoening uitdruk te verleen, dat hulle die geleentheid kon waarneem, om teen hul erfvyand Engeland te veg. Die Brigade was onder die bevel van John Blake en John McBride. Die vegeenheid was sowat 300 man sterk, waaronder n klomp Fransmanne was.
Onder die leiding van Arthur Lynch, n Ierse-Australieër, het die Iere n tweede eenheid gestig wat onder die naam Tweede Ierse Transvaal Brigade bekend gestaan het. Hierdie verband se sterkte was tussen 40 en 150 vrywilligers. Benewens die Ierse kontingent was daar ook Boere, Bulgare, Duitsers, Fransmanne, Nederlanders Italiaaners, Russe en Skandinawieërs betrokke. Dit was dus egter n internasionale verband.
Skandinawiese Korps:
Die voorsitter van die kulturele Skandinawiese Organisasie was die Sweed Christer Uggla gewees. Uit daardie organisasie het op 23 September 1899 in Pretoria Het Skandinawiesche Vrijkorps onstaan. Van hulle was 139 Skandinawieërs bereid om diens met die wapen te doen, terwyl n verdere 51 logistiese opdrae vervul het. Later was die Korps versterk deur sewe Duitsers - waaronder die Jood Gustav Lindenberg uit Klerksdorp, wat die opname in Schiel se Korps geweier was - drie Nederlanders, twee Russe en een Engelsman. Die Korps het onder die leiding van Kaptein Johannes Flygare gestaan. In Suid-Afrika se geskiedenis het die Skandinawieers met die slag by Magersfontein beroemd geword. Die weinige oorlewendes uit hierdie bloedbad het onder leiding van die Deense Kaptein Jens Friis en die Sweedse Luitenant Baron Helge Fägerskjöld n nuwe eenheid gestig en by Paardeberg geveg.
Daar was nie eintlik n Franse Korps nie. n Belangrike rede hiervoor was dat die Franse Konsul die entoesiastiese vrywilligers gewaarsku het, dat n deelname aan die gevegte die verlies van die Franse burgerskap beteken. Die meeste van die Fransmanne het dus by die Polisie of binne die garnisoene gedien. n Klompie van baie oortuigde Franse vrywilligers het egter die waarskuwing van hulle diplomatiese verteenwoordiging geïgnoreer en maar ook in ander eenhede van die vrywilligers ingetree (bv. Luitenant Chateauvieux by die Duitsers) of binne Boerekommandos geveg (bv. Robert Kersauson de Pennendreff as ook Prins Louis de Orleans et Braganza wat onder die skuilnaam Louis Merey aan verskeie gevegte deelgeneem het). n Egte Franse eenheid, die sogenoemde Franse Vrykorps, het na die ondergang van die Internasionale Legioen die lig gesien en het onder die bevel van Luitenant Ernest Gallopaud gestaan. Kolonel Georges Comte de Villebois-Mareuil, n Franse beroepsoldaat en voormalige kommandeur van n Eliteeinheit binne die Franse Légion Etranger (Vreemdelegioen) was die hoof van die Internasionale Legioen. Sy adjunk was die Russiese Kolonel Yevgeny Yakovlevich Maximov.
Kort na Cronjé se kapitulasie by Paardeberg einde Februarie 1900 het Villebois probeer die oorlewendes van Europese eenhede tot een magtige militêre verband saam te smelt. Hierdie Internasionale Legioen het hoofsaklik bestaan uit Nederlandse en Franse vrywilligers. Dit was van plan gewees om die eenheid tot 1000 man op te bou: Die invoeldryke Nederlandse offisier Baron van Dedam de Gelder het in Europa vrywilligers aangewerf, Ernst Freiherr von Wrangel was verantwoordelik vir die werwing van Duitsers in Pretoria en Ernest Gallopaud het bekommer oor die Fransmanne wat vanaf Delagoa Baai aangekom het. Aanvullend het Villebois - wat as enigste Europese vrywilliger kort vantevore tot Generaal bevorder was - op 30 Maart 1900 n brief aan sy kamerade van die Vreemdelegioen geskryf en aan hul deelname geappeleer en gevra dat hulle by hom moet kom aansluit.
Nóg Europese vrywilligers:
Benewens die bogenoemde groter vegeenhede het ook kleiner verbande die lig gesien. Een van hulle was die Italiaanse Korps met n mannekrag van sowat 100 vrywilligers. Hulle het onder die bevel van Kaptein Camillo Ricchiardi gestaan. Daar was ook tussen 100 en 225 Russe, wat langs die Boere geveg het. Ook n klein gedeelte van Griekse emigrante het vor die Boere se vryheid geveg.
Verder was daar ook omtrent 50 Amerikaaners onder Kaptein John A. Hassell. Die meeste van hulle was of van Ierse of van Duitse afkoms, soos bv. Otto von Loßberg vanaf Louisiana wat onder Generaal Piet de Wet die bevelshebber van die kanonne was. Nog n Amerikaanse eenheid was die Chicago Irish-American Volunteers korps onder Kaptein Patrick O'Connor gewees. Hulle het later by die Ierse Brigade van Kolonel John Blake aangesluit en onder ander geveg by die slag van Dalmanutha in Augustus 1900.
Afsluitend wil ek net graag duidelik stel dat die voedingsbodem vir die internasionale pro-Boer opvatting gelê het in n Europese houding van gees wat vandag glad nie meer vatbaar is nie: Dit was die voor die Eerste Wêreldoorlog gemeenskaplik bestaande onvoorwaardelike bewondering vir deugde soos dapperheid, pligsvervulling en vryheids- en vaderlandsliefde. Volgens die Europese volkere se opvatting het die Boerevolk dié deugde voorbeeldig nagestreef en geleef.
Dít is die hoofrede hoekom in alle stamlande van die Boere (Duitsland, Nederland en Frankryk) die simpatie - ja die begeestering! - vir die Boerevolk in alle beroepe en sosiale klasse en in die meeste politiese rigtinge en beskouings teenwoordig was. Dis hoekom op daardie stadium onder die Europese volkere die drang bespeurbaar was, om n klein nasie, nl. die Boerevolk, wat as n broedervolk beskou was, by te staan in sy desperate stryd om sy toekoms en sy eie voorbestaan.