| Eerste Vryheidsoorlog (1880-1881) | First Boer Freedom war (1880-1881) |
| DIE VIER VELDSLAE VAN DIE EERSTE VRYHEIDSOORLOG (1880 1881) | |
| Agtergrond skets Op 12 April 1877 het Sir Theophilus Shepstone die Zuid-Afrikaanse Republiek ten behoewe van Brittanje geannekseer en het die Boerestaat n Britse kolonie geword. Onder leiding van eertydse visepresident Paul Kruger het n lydelike versetbeweging spoedig posgevat, wat in twee deputasies na Brittanje, volgehoue onderhandelige met die Britse owerhede en verskeie groot volksvergaderings gekulimneer het. Op 11 November 1880 kom die verset en ontevredenheid van die Transvaalse Boere tot uitbarsting in die sg. Bezuidenhoutwa-episode te Potchefstroom waar Britse regsprekende gesag openlik uitgedaag is. Pogings om geregtelike stappe teen die leiers van die Boereverset te neem, slaag nie en die spanning neem toe. n Vervroegde volksvergadering van die Boere word van 8 15 Desember 1880 gehou. BRONKHORSTSPRUIT (20 Des. 1880) Kol. Anstruther se opmars van Lydenburg na Pretoria word by Bronkhorstspruit deur genl. Frans Jouberts met 150 man binne 10 min. vernietigend gestuit 57 Britte dood, meer as 100 gewond. Boere: 2 dood, 5 gewond. Anstruther sterf. | LAINGSNEK (28 Jan. 1881) Genl. Colley word met meer as 1000 man verpletterend verslaan 83 dood en 111 gewond. Boere: 14 dood, 27 gewond. Britte vlug na hul kamp by Mount Prospect, maar Boere volg nie op nie. INGOGO (SKUINSHOOGTE) (8 Feb. 1881) Op die ou pad na Newcastle ongeveer 15 km suid van Mount Porspect verslaan genl. Niklaas Smit n "vertoningsmag bangmaakmag" onverwags suid van die Ingogo op Skuinshoogte. Colley se mag trek deur die nag terug. Boere volg nie op nie. Dooies en gewondes in treurige toestand agtergelaat. 76 Britte dood, 63 gewondes. Boere: 8 dood, 6 gewond. Die mees verwoestende veldslag nie in omvang nie, maar in krysvernuf en politieke betekenis onberekenbaar groot. Britse ryk is tot in sy fondamente geskud. Transvaal het sy vryheid herwin. Naas Bloedrivier die belangrikste enkele gebeurtenis vir die Afrikanervolk is sy oorlewingstryd. 92 Britte dood, 135 gewond, 53 gevange. Boere: 1 gesneuwel (Bekker), 5 gewond. Lees ook: Die betekenis van die veldslag |