VERWOERD VRYHEIDSOFFENSIEF

Posbus 52965
Wierdapark
0149

TEL NR (012) 653-1762
FAKS NR (012)654-6658

IETSIE OOR DIE TOEKOMS!

Die VERWOERD VRYHEIDSOFFENSIEF (VVO) het reeds sedert sy stigting aan die begin van 1996 dit as doel gestel dat iets aan hierdie moedeloosheid en rigtingloosheid onder die volk gedoen moet word. Die VVO het daarom by twee geleenthede nl 31 Mei 1996, en op 6 September 1996, onderskeidelik Republiekdag en die dag waarop die moord op dr Verwoerd gepleeg is, die volk op plaaslike vlak oor politieke en organisasiegrense bymekaar geroep om as teken van VERSET en EENDRAGTIGHEID, hierdie dae te herdenk. Alhoewel verskille wel na vore gekom het, is die sukses wat behaal is, tog bewys dat daar nog 'n sterk kern van die volk is wat nie gaan lê het nie. Ons is bly dat ons inisiatief in hierdie verband tog wel deurgesuur het en bygedra het tot die oproep van die volk in breër verband.

Te midde van die bedroewenswaardige toestand waarin die volk verkeer, is dit duidelik dat geen leier onder behoudende groeperinge tans vir almal aanvaarbaar is nie en nie een van hulle is bereid om terug te staan nie. Daar kan egter net een leier wees wat die koers kan aandui en vir almal aanvaarbaar is. In die lig van die huidige tweespalt in behoudende geledere is dit ons gevoel dat dr Verwoerd se beleid en versiendheid m b t die skeiding van volkere, vreedsame naasbestaan of selfbeskikking, vir alle regdenkende persone en groeperinge aanvaarbaar behoort te wees.

Hierdie versiendheid van dr Verwoerd is beskrywe in baie boeke en geskrifte en die redes waarom hy uit die weg geruim moes word is omdat hy in die pad gestaan het van dit wat vandag in die sg "nuwe SA" gebeur. Dit is duidelik dat die wysheid en insig wat hy gehad het die liberaliste en vrysinniges van hierdie eeu vêr vooruit was. Dit wat hy dekades gelede voorspel het, het presies so gebeur. Die vernaamste hiervan is dat rasse-integrasie en veelvolkigheid tot verslawing van die Boere-Afrikanervolk, sowel as alle ander volkere in Suid-Afrika, sou lei.

Die VVO be-oog nie om 'n politieke party te wees nie. Ons be-oog ook nie om apartheid of rassisme te regverdig nie. Omdat hierdie woorde kwaadwilliglik en met duiwelse bedoelinge tot haat teen die Boere-Afrikaner verwring en verhef is, wil ons dit juis vermy. Ons wil met trots slegs dit wat dr Verwoerd met selfbeskikking, vreedsame naasbestaan en staatkundige onafhanklikheid bedoel het en tot 'n moderne filosofie ontwikkel het maar deur vorige onbevoegde leiers versaak is en in ons dag doelbewus verdraai word om dr Verwoerd se naam deur die modder te sleep, in perspektief stel. Enige opregte Boere-Afrikaner is dit aan dr Verwoerd verskuldig! En dit behoort nie moeilik te wees nie want alles wat vandag in hierdie land gebeur en aan die gang is, getuig van die waarheid, insiggewendheid en profetiese versiendheid van dr Verwoerd se voorspellings.

Ons is tans besig om 'n studie van Dr Verwoerd se uitsprake wat in baie boeke en geskrifte vervat is, te maak. Die bedoeling is om dit, sowel as kwaadwillige en skeefgetrekte uitsprake oor hom wat ons in koerante of in die media in die algemeen, of waar ook al teëkom, ook in regte perspektief te stel sodat dit landswyd versprei kan word. Ons sal dit ook as die enigste aanvaarbare oplossing vir S A en al sy volke, voorop stel. Om dit te kan doen be-oog ons om 'n blaadjie of geskrif op 'n gereelde basis uit te gee. Inligting daarin sal ook op INTERNET geplaas word. Omdat ons middele en kragte beperk is, benodig ons volksgenote se hulp en insette in die vorm van finansies, kundigheid en ander bydraes. U inset vir 'n gepaste naam vir die be-oogde blaadjie/geskrif, sal ook waardeer word. Indien u belangstel, stuur die onderstaande vormpie aan ons terug by die adres wat bo-aan hierdie bekendstellingsbriefie verskyn.

__________________________________________________________________________

(SKEUR AF)

Ek stel belang in die voorgenome aksie.

Naam: --------------------------------------------------------------------- (Meld mnr/mev/mej)

Adres: ---------------------------------------------------------------------

(Posadres)

-----------------------------------------------------------------------

Tel Nr: ------------------------------------------------------------------------

Ek is bereid om 'n bydrae soos volg te maak:

Finansieel ...........................................................

Skriftelik ( studiestukke, kommentare ens.)

My voorstel vir 'n gepaste naam ...................................................................................................