VERWOERD VRYHEIDSOFFENSIEF | |
| Posbus 52965 Wierdapark 0149 | TEL NR (012) 653-1762 |
Diegene wat Dr Verwoerd se naam uit die geskiedenis verwyder wil hę doen dit o a om die volgende redes:
- Dr Verwoerd se naam word aan Rassisme en Apartheid gekoppel;
- Apartheid is 'n sonde en misdaad teen die mensdom; en
- Dr Verwoerd het diskriminerende beleidsrigtings gevolg.
As mens die talle uitsprake van dr Verwoerd oor sy siening m b t vreedsame naasbestaan en volkereverhoudinge naspeur dan is dit duidelik dat bg stellings doelbewus verdraai en misplaas word om dienstig te wees aan die Kommunistiese beginsel ten einde alles tot voordeel van hul godlose humanistiese ideologie van rassevermenging en een węreldstaat te verdraai. 'n Tragiese aspek wat vandag duidelik na vore tree is die onvermoeë van Dr Verwoerd se opvolgers, soos John Vorster, P W Botha en F W de Klerk, om die werklike doelstellings van sy beleid van afsonderlike ontwikkeling en vreedsame naasbestaan tussen verskillende volke in hul tydperk van regering, ten uitvoer te bring en om bg verdraaings daarmee te weerlę. As dit gedoen is, soos telkens deur 'n mandaad van Blanke kiesers - waarvan by verre die meerderheid Afrikaners was - aan hulle gegee is, sou ons nie vandag in die gemors gewees het waarin ons is nie.
Wanneer die werklike feite spreek dan kom die volgende baie duidelik na vore:
As Apartheid 'n sonde of 'n misdaad teen die mensdom is soos so dikwels beweer word dan wil die voorstanders daarvan eintlik sę dat God verkeerd gedoen het toe Hy afsonderlike volke/nasies geskep het. Die Bybel het dit nou wel nie Apartheid genoem nie maar is deurspek van die beginsel daarvan van Genesis toe God vir Jakob gesę het: ".....Israel sal jou naam wees....." en "'n Nasie, ja 'n menigte van nasies sal van jou afstam....." (Gen. 35: 10 en 11), tot in Openbaring waar die Apostel Johannes sę hy het gehoor "......honderd vier en veertig duisend verseëldes uit al die stamme van die kinders van Israel....." en gesien ".....'n groot menigte wat niemand kan tel nie, uit al die nasies en stamme en volke en tale voor die troon en voor die Lam......". (Openbaring 7). In hierdie gedeelte word al die stamme van Israel van Juda tot Benjamin genoem.
Enigeen wat die geskiedenis navors sal sien hoedat die begrip Apartheid deur die eeue in verskillende vorms bestaan het maar dat dit ook nie altyd by die naam so genoem is nie. Die internasionale Kommunisme in samewerking met die Groot Geldmag het egter 'n gerieflike kapstok daarin gevind om hulle kwaadwillige ideologie van "rassisme" en "diskriminasie" aan op te hang en dit selfs vir hulle doel tot die woord APARTHATE verwring. Die haat en vennyn teen Dr Verwoerd is so deur hulle verhewig dat hy aan die hand van die aardskommunis Tsafendas vermoor moes word. Hulle het dit so bewimpel dat sy gehuurde moordenaar kwansuis geestelik versteurd is en dat hy in veilige bewaring gehou moes word tot vandag toe en moontlik nog binnekort as 'n siniele held uit die gevangenis ontslaan kan word!
Studie sal uitwys dat Dr Verwoerd nie 'n voorstander van rassisme en diskriminasie was nie maar inteendeel, gesonde volkere- en rasseverhoudings tydens sy bewindstydperk be-oog en gehandhaaf het. Hy wou slegs die groot verskeidenheid volkere bine S.A.-grense orden sodat hulle hulleself in hulle eie grondgebied kan regeer. Daarom wou hy afsonderlike tuislande vir elke bevolkingsgroep skep. As Apartheid dan sg diskriminerend en rassisties is dan is die gedagte van 'n Volkstaat en die skepping van 'n sg Volkstaatraad ook diskriminerend. Dr Verwoerd of die Afrikaner was ook nie die skepper van Apartheid, soos dikwels uit opsetlike onkunde beweer word nie. As dit so is kan die vraag gevra word hoe dit gebeur het dat daar Apartheid tussen o a die Jode en die Palesteine bestaan en deur Amerika en ander internasionale magte instand gehou word. Dr Verwoerd het maar slegs voortgebou op 'n beleid van sy voorgangers. In die verband sę prof J P Brits, 'n historikus by Uisa, in sy huidige artikelreeks in 'n plaaslike Afrikaanse weekblad oor "DIE ONTSTAAN VAN APARTHEID - 'N AFRIKANERSKEPPING?" die volgende: "In Natal het Theophilus Shepstone, sekretaris van naturellesake, bv sonder enige Afrikanerinvloed 'n gesegregeerde regeringstelsel vir swartes ingevoer, waarvolgens hoofmanne volgens stamwette sou regeer." "Dit het die grondslag gelę vir die wit Natallers se ondersteuning van segregasie tydens Uniewording. Ook die Grey-wet van 1894 het kenmerke van segregasie vertoon en is nie deur Afrikaners geïnisieer nie."
Dr Verwoerd se naam en beleid word gekoppel aan die totstandkoming van 'n onafhanklike Republiek vir S.A. en aan ongekende vooruitgang en ekonomiese groei in S.A. Toe dit gedurende sy bewindstydperk onder die destydse Nasionale Party plaasgevind het, het dit die internasionale geldmag gepas om hier te belę. Nou dat die N P die regering aan die ANC/SAKP oorhandig het, is die naam Verwoerd vir hulle nie meer goed genoeg nie. Nou moet die naam Verwoerd uit die annale van die geskiedenis verwyder word terwyl hy, soos reeds gesę, nie die skepper van Apartheid was nie en ook nie 'n beleid van rassisme en diskriminasie voorgestaan het nie.
Die vraag ontstaan waarom daar nie aangedring word dat die naam van bv Jan Smuts uit ons geskiedenis verwyder moet word nie terwyl die woord Apartheid juis, volgens die geskiedenis, gedurende sy bewindstydperk vorm aangeneem het. In die plek van VERWOERDBURG word baie instansies se name nou terugverander na Lyttelton, d w s na die nagedagtenis van Genl Neville Lyttelton, 'n Boerehater wat in beheer was van die Engelse Magte gedurende die Tweede Vryheidsoorlog en onder wie se beheer vrouens en kinders in konsentrasiekampe uitgemoor is! Die naamsverandering was geïnisieer en gedoen deur sg Afrikaners wat binne in die NP-Stadsraad sit en wat al die jare onder die naam VERWOERDBURG gefloreer het. Die wyse waarop hulle as 't ware die naam VERWOERDBURG lewendig begrawe het, sal in die geskiedenis bekend staan as 'n misdaad teen die gemeenskap want die grootste persentasie van die gemeenskap het nie aan die Stadsraad se referendum deelgeneem nie en was daarom nie ten gunste van die naamsverandering gewees nie.
In hierdie tyd waar daar gepoog word om met die naam van Dr Verwoerd op 'n bedrieglike wyse mee weg te doen, is dit nodig dat ons die ware feite van wat hy be-oog het, weer uitgrawe en na vore bring. So alleen kan ons die bedrog agter die huidige stelsel wat die NP en F W de Klerk valslik op ons afgedwing het aan die kaak stel en hulle ware motiewe ontbloot.
Verdere inligting kan verkry word by Gert Kruger, telefoonnommer (012) 653-1762.
Gert Kruger
VOORSITTER