VERWOERD VRYHEIDSOFFENSIEF

Posbus 52965
Wierdapark
0149

TEL NR (012) 653-1762
FAKS NR (012)654-6658

IETSIE OOR DIE VERLEDE!

Die Boere-Afrikaner is tans, a g v al die negatiewe aanslae teen hom, besig om aan die morele regverdiging van sy bestaan wat sy verlede en die hede betref te twyfel, en dit raak die totale spektrum daarvan. Die belangrikste aspekte/terreine wat uitgesonder kan word is die volgende:

- Boere-Afrikaners is ontnugterd en verward met die politiek want hulle besef nou dat politici 'n bespotting daarvan, veral m b t selfbeskikking vir volke en demokrasie soos deur dr Verwoerd beplan en bedoel was, gemaak het. Dit het veroorsaak dat ons feitlik alles verloor het wat met verloop van jare se stryd en selfs bloedoffers opgebou is;

- Boere-Afrikaners is ontnugterd en verward oor leiers, politici en organisasies wat onder die dekmantel van "vryheid" en "selfbeskikking" op die volk se rug wil ry terwille van persoonlike eer en finansiële voordeel maar die volkswil ignoreer wanneer dit by die uitvoering van besluite kom wat deur die volk aan hulle opgedra is.

- Boere-Afrikaners is ontnugterd en verward met hul kultuurleiers, kultuurorganisasies en kerke want hulle besef nou dat titels, tossels en togas hulle mislei het;

- Boere-Afrikaners is ontnugterd en verward omdat hulle heiligdomme deur 'n "vyand" beset en onteer word wat nie met 'n oorlog verower is nie, maar op 'n skinkbord oorhandig is deur mense wat hulleself "Afrikaners" noem;

- Die Boere-Afrikaners is ontnugterd en verward met sy sg mede-Afrikaner wat hy vir jare lank probeer oortuig het van die onwerkbaarheid van mnr F W de Klerk en die Nasionale Party se beleid van rasse-integrasie. Dit is steeds dieselfde sg Afrikaner wat, ten spyte van alles wat gebeur het, nog nie oortuig of bereik kan word nie en nou ontaard in 'n soort "nuwe Afrikaner" (internasionale-Afrikaner);

- Boere-Afrikaners is ontnugterd en verward oor verraad wat in die naam van vryheid gepleeg word waardeur ons mense deur staatsveiligheidsinstansies ge-infiltreer en misbruik word;

- Boere-Afrikaners is ontnugterd en verward oor misleiding waarmee hy in die verlede by politieke organisasies, aksies, samesprekings ens., betrek is wat slegs gelei het tot die prysgawe van ons vryheid en verdeeldheid veroorsaak het;

- Boere-Afrikaners is ontnugterd en verward oor die feit dat hulle belasting aan 'n owerheid moet betaal wat deur sg mede-Afrikaners op hom afgedwing is, en wat nie sy belange kan beskerm nie en toelaat dat hy deur misdaad verswelg word;

- Boere-Afrikaners is ontnugterd en verward oor sy taal wat deur 'n vreemde owerheid op alle terreine afgeskaal en vertrap word ten spyte van mnr F W de Klerk en sy NP se waarborge oor die verskansing van taalregte, wigte en teenwigte in 'n nuwe grondwet.

- Die Boere-Afrikaner is moeg en siek en sat vir misleiding ter wille van persoonlike, finansieële en politieke voordeel en eis dat die suiwere vryheidstrewe van Boere-Afrikanervolk voorop gestel word!

Bg is maar net 'n paar van die ontnugterings, verwarrings en teleurstellings waaronder Boere-Afrikaners die afgelope dekade en in die huidige tydsgewrig gebuk moes gaan en gemaak het dat ons moedeloos is om 'n stryd te begin. Die vraag, wat kan gedoen word om hierdie toestand die hoof te bied, kom dikwels na vore.