- Wat is die Suiderland-Sakegemeenskap?
Dit is die sakekamer vir die Boere-Afrikanervolk, wat kan help om u en ander sakemanne en sakevroue ekomomies so kragtig te maak, dat u in die vervallende "nuwe Suid-Afrika" staande kan bly en as sakelui van ons volk kan floreer.
- Wie het dit gestig?
Die Sakegemeenskap is gestig deur n groep sakemanne en sakevroue wat bekommerd is oor die verswelging van ons volkseie sake-ondernemings deur volksvyandige elemente, met die doel om ons volk te verarm en as n ekonomiese faktor uit te skakel.
- Wat kan die Suiderland-Sakegemeenskap vir my as sakeman doen?
- Dit kan u help om deur onderlinge ondersteuning vry te word van volksvreemde kapitaal, wat ons ondernemings verkneg en uiteidelik doodwurg.
- Saam met ander ondernemings kan u binne die Sakegemeenskap nuwe kooperasies, maatskappye, ontwikkelingsprojekte en ander strukture skep en ontwikkel binne Boere-Afrikaner-verband.
- Ons wil ons eie mense aanmoeding om slegs met ons lede sake te doen, in plaas van om met volksvreemdes handel te dryf. Sodoende sal ons eie kapitaal in ons eiemense se hande bly. Met daardie kapitaal kan hulle weer werk help skep vir werklose volksgenote. So kan ons weer n volksekonomie bou.
- Opleiding en oorligting sal aan lede verskaf word.
- Onderlinge hulp en steun sal aan lede gegee word.
- Ons kan saam Boere-Afrikaner-belange in die internasionale handel bevorder en inligting daaroor aan ons lede deurgee.
- Ons kan vir ons eie lede hulpverlening organiseer ten opsigte van arbeidsaangeleenthede, om sodoende volkseie arbeid aan te moedig en volksvreemde arbeid te ontmoedig.
- Ons wil lede help om eie patente, uitvindings en ander regte in Boere-Afrikaner-geledere te behou en te beskerm.
- Ons wil saam vokseie organisasies van advies bedien.
- Ons wil saam hulp en steun aan inisiatiewe in wyer voksverband lewer.
So kan ons saam n onstuitbare ekonomiese dinamika vorm om ons volk se volkbates te bekerm teen vernietiging.
So kan ons saam die onderbou vir n volkseie ekonomie opbou, wat sy deel kan bydra om n eie boerevolksrepubliek met vaste grense en n volkseie regering daar te stel.
- Wil u weet wat die grondslag van die Suiderland-Sakegemeenskap is?
- Dit berus op Christelik-volkseie beginsels. Dit erken God Drie-enig as die beskikker oor die lotgevalle van volke en onderhou die Bloedriviergelofte.
- Dit strewe na n eie, soewereine Boere-Afrikaner volksrepubliek.
- Dit erken die selfbeskikkingsreg van alle volke en eerbiedig die strewe na ekonomiese onafhanklikheid.
- Dit berus op die volkseie kultuur en identiteit van die Boere-Afrikanervolk.
- Dit berus op die vryemark-ekonomie, billike arbeidspraktyke en n situasie van wet en orde.
- Ons voertaal is Afrikaans.
- Elke Boere-Afrikaner wat die begeerte het om vir homself, sy kinders en ons volk n toekoms te bou, kan lid word as hy/sy;
- die doelstellings en die Grondwet onderskryf;
- n sakeman/vrou is;
- die voorgeskrewe ledegeld betaal;
- deur die bestuur goedgekeur is; en
- bereid is om n Christelike sake-etiek toe te pas en te bevorder.
- Wat van ledevergaderings?
Die lede vergader tien keer per jaar, benewens die jaarvergadering, waar die bestuur verkies word en verslag gedoen word.
- Wat van samewerking met ander soorgelyke organisasies?
Ons werk reeds saam met ander VOLKSEIE organisasies. Dit noodsaaklik om alle volkskragte saam te snoer, sodat ons n krag kan word om mee rekening te hou.
- Wat beloop die ledegeld?