Vereniging van Oranjewerkers
Wapadrandgebou, Glenwoodweg, Lynnwood Glen, Pretoria

Posbus 74550
Lynnwoodrif
0040
Voorsitter: 012 - 348 5607
Ass. Direkteur: 012 -5671498
Faks: 012 - 348 5607

Algemeen:

Vereniging van Oranjewerkers is op 10 Junie 1980 gestig om spesifiek aan ontwikkeling van Afrikaner groeipunte aandag te gee.

Die Boodskap wat die nuwe Vereniging gedra het, was dat die Afrikanervolk nie 'n eie land het nie en dit sal moet terugwen. En as hy nie sy afhanklikheid van vreemde arbeid afskud nie, daar geen sprake van vryheid kan wees nie.

Die Oranjewerkers het dus juis ontstaan om die Afrikanervolk se aandag te vestig op die deurslagewendste belangrikheid van Volkseie arbeid en selfwerksaamheid as voorvereiste in ons eie staat

Doel:

Die skepping van 'n eie staat vir die Boere/ Afrikanervolk. Die vestiging van hierdie staat deur volkseie arbeid en die besetting vanm die staat  deur die Boere/Afrikanervolk.

Taakstellings:

Die Vereniging gee bv aandag aan identifisering van gebiede as basis vir staatsvorming en het verskeie boeke daaroor uitgegee, die ontwikkeling van groeipunte, bevorder selfwerksaamheid op elke terrein.

Huidige strategie

  1. Die bevordering van die Hooglandgebied ( Aksie Hoogland ) as volkstaatgebied omdat dit die meerderheids gebied van Afrikaners is.
  2. Ondersteuning van alle pogings tot ontwikkeling van Afrikanergroeipunte.
  3. Fasiliteer herstel van vertroue en bevordering vansamewerking onder alle Afrikaners en Afrikaner organisasies oor die hele spektrum van ons volksbestaan.
  4. Ons lê klem op bemagtiging en beheer oor 'n gebied vir Boere-Afrikaners wat moet uitloop op volle Vryheid vir ons volk.

Huidiglik is mnr. Blokkies De Beer die Voorsitter van die vereniging. Die mondstuk van die Vereniging is die DIE ORANJEWERKER wat kwartaaliks verskyn.