Die Internet is die kommunikasiemedium wat tans die vinnigste in die wêreld groei. Elektroniese pos deur die Internet skep geleenthede om oor landsgrense heen te kommunikeer teen plaaslike telefoonkoste.
Tans onder -konstruksie
'n Poslysstelsel wat daagliks nuus na jou elektroniese posbus stuur. Realiteit SA is dus 'n inligtingstelsel om Boere, wat regoor die wêreld bly, op hoogte van belangrike sake te hou.
Ontvang nuus en ander nuuswaardighede per E-pos . Om in te teken op Realiteit SA stelsel volg die koppeling en verskaf asseblief die nodige inligting.
Poslyste bring mense byeen wat eenders dink sodat idees uitgeruil kan word en debatspunte deeglik deurgetrap kan word.
Die Volkstaat poslys is 'n debatsforum waar sake aangaande 'n Volkstaat gedebatteer kan word. Die poslys is oop vir enige persoon en alle standpunte kan gestel word (selfs punte teen 'n Volkstaat).
Die poslys bied ook die geleentheid vir almal om enige saak wat die Boere raak aan te roer. Insiggewende besprekings is al oor finansies en die onderwys gevoer.
Met 'n ledetal wat daagliks styg is dit 'n moet vir die moderne Boer om ingelig te wees en ingelig te bly. Daar is tans persone ingeteken wat in Kanada, Brittanje en Australië woon; die poslys is dus 'n internasionale debatsforum.
Om aan te sluit by die Volkstaat poslys, stuur e-pos aan:
listserv@home.ease.lsoft.comin die boodskap veld: subscribe vstaat (jou naam en van)
Om jou saak of 'n interessante vermelding te lig, stuur die boodskap aan; vstaat@home.ease.lsoft.com
Sluit nou aan by die Volkstaat poslys
"Friends of the Boers" poslys
Die "Friends of the Boers" lys se primêre onderwerp van bespreking is die 100 Jarige herdenking van die 2e Boere oorlog.
Hierdie lys maak voorsiening vir deelname vanoor die hele wêreld. Die doel daarvan is onder andere om voorsiening te maak vir belangstellendes wat nie Afrikaans of verwante tale magtig is nie. Voorsiening word ook gemaak vir bespreking van die hedendaagse situasie van die Boere.
Dié lys se karakter plaas klem op bespreking eerder as debatering.
Bespreking vind in Engels plaas. Dit is moontlik om afsonderlik in te teken op 'n onderwerp wat voorsiening maak vir Duits-talige bespreking.
Klik hier om by die lys aan te sluit.
Indien u belangstel in die geskiedenis van die Boervolk, is hierdie die lys vir u. U onvang elke dag 'n kort boodskap oor gebeure uit ons verlede, ooreenstemmend met die dag se datum - amper soos 'n koerant wat afgelewer word.Sluit nou aan by die Geskiedenis poslys,
Die Afrikaanse poslys is 'n informele forum vir bespreking van die taal Afrikaans, die kultuur, die geskiedenis en die toekoms daarvan. Besprekings is nie beperk tot Afrikaans nie. Daar moet tog gepoog word om nie te ver van die tema af te dwaal nie.
Om aan te sluit: