1)BOERESPORT AKTIWITEITE
a) KUSSINGSLAAN (Mans).
i) Twee persone kry elk ‘n kussing.
ii) Die doel is om ‘n val teen die teenstaander aan te teken, nl. om, deur van die kussing gebruik te maak, die teenstaander aan die grond te laat raak of om met sy hande aan die stellasie te laat raak.
iii) n Stellasie word opgerig met ‘n dwarsbalk waarop die twee deelnemers sit, en ‘n slaan sak (kussing) word aan elk gegee.
iv) ‘n Deelnemer mag nie ‘n val teen sy teen staander aanteken deur die gebruik van sy voete of kaal hande nie.
v) ‘n Deelnemer mag nie sy teenstaander se kussing vashou nie.
vi) As die kussings aan mekaar vashaak, mag die teenstaander nie met die kussing getrek word om ‘n val teen horn aan te teken nie.
vii) As ‘n deelnemer ‘n oortreding begaan (iv,v en vi) waarsku die beoordelaar hom een maal, en by ‘n volgende oortreding word ‘n val teen hom aangeteken.
viii) Beskutting om die ore word toegelaat,
ix) Die persoon wat. eerste ‘n val aanteken, wen.
b) HAANSKOP (Mans)
i) Een persoon tree op as haan.
ii) n Sirkel-tou word gebruik.
iii) Die doel is om die teenstaander op die grond te laat val deur hom, met behulp van die tou, sy balans te laat verloor.
iv) Die tou word tussen die persone op die grond gekruis en om elke voet van die twee deelnemers gehak; die deel tussen elke persoon se voete word in die hand gehou.
v) Die skeidsregter sorg dat die tou telkens styf getrek word as die deel tussen die deelnemers slap word. (vi) Aan die begin van die kompetisie, en ook nadat die skeidsregter tussenbeide getree het, word die voete langs mekaar gehou.
vi) As die tou van ‘n deelnemer se voet of uit sy hande gly, kry hy een waarskuwing, en as dit weer uitgly, word ‘n val teen hom aangeteken.
vii) Voetbalskoene en krieketskoene word nie toegelaat nie.
viii) Die persoon wat eerste ‘n val aanteken, wen.
c) TOUTREK (Mans en dames).
i) Agt persone wat trek en een wat hulle aanmoedig, vorm ‘n span.
ii) ‘n Tou word gebruik, met ‘n lintjie in die middel gebind, en twee verdere lintjies aan weerskante hiervan, op afstande drie voet van die middelste lint.
iii) Die spanne begin trek op ‘n teken van die afsetter met die middelste lint oor ‘n beginlyn; geen deelnemer vat tussen die linte aan die tou nie.
iv) Die doel is om die lint naaste aan die teenstaander oor die beginlyn te trek.
v) Die span wat hulle teenstaanders eerste twee keer oortrek, wen.
d) Naald-en-Gare (Mans en dames).
i) Deelnemers: Twee persone, wat elk helfte van die afstand aflê.
ii) ‘n Naald en garingdraad, albei standaard/ grootte, word aan elke paar verskaf.
iii) Die eerste persoon hardloop met die garingdraad tot by die ander, terwyl die ander persoon die naald vashou, en steek die draad deur die oog van die naald; daarna hardloop die tweede persoon met die naald en gare tot oor die wenpaal.
iv) Die garepersoon” mag die “naaldpersoon” aan die onderarm stut met die insteek van gare, maar die vingers mag nie raak nie.
v) Afstand: 30 tree vir elke deelnemer.
e) SKILPADREISIES (Mans).
i) Deelnemers: Twee persone wat die skilpad vorm.
ii) Die skilpad word gevorm deurdat A sy bene van voor af om B se middel slaan, agteroor sak en met sy bolyf tussen B se bene buig; B buig nou vooroor totdat sy hande op die grond raak en A plaas sy hande op B se hakke.
iii) As die skoot klap, begin die skilpad beweeg vanaf die wegspringplek.
iv) Sonder dat A met enige liggaamsdeel aan die grond raak, moet B vanaf die wegspring plek tot by die wenpaal handeviervoet loop.
v) Indien A grond raak, word die skilpad gediskwalifiseer.
vi) Die afstand is 20 tree.
f) SKILPADTREK (Mans).
i) Een persoon trek tou teen sy teenstaander.
ii) Een sirkeltou word gebruik.
iii) Die doel is om enige deel van die teenstaander se liggaam oor die beginlyn te trek.
iv) Die tou word met ‘n lus om die nek gehak en loop van voor af tussen die deelnemer se bene na die teenstaander toe.
v) Aan die begin staan die deelnemers gereed, sodat die punt wat die middel van die dubbele tou aandui, bo-oor die beginlyn is, en begin dan trek.
vi) Die deelnemers gebruik hande en voete om vas te skop.
vii) Die persoon wat sy teenstaander eerste oortrek, wen.
g) PERD-EN RUITER (Mans).
i) Deelnemers: Twee spanne van twee persone, van wie een die perd is, en die ander die ruiter wat op die perd se rug sit.
ii) Die doel van die ruiter is om die teenstaander se ruiter van die perd af te kry, of om die perd te laat val. Die ruiter mag wel grond raak as hy nog op die perd kan bly sit.
iii) As albei pare val (ruiters en perde) word die val teen die paar toegeken van wie die perd of ruiter eerste geval het.
iv) Die paar wat eerste ‘n val aanteken, wen.
h) EIER-EN-LEPELREISIES (Mans en dames).
i) Deelnemers: Drie persone wat elk ‘n derde van die afstand hardloop.
ii) ‘n Eetlepel word aan elke persoon verskaf, en ‘n eier wat vir 3 minute gekook is, word aan elke span verskaf.
iii) Die doel is om die eier in die lepels tot verby die wenpaal te dra. Die eier mag nie breek nie.
iv) Die eier word drie tree voor die wegspringplek geplaas, terwyl die eerste lid van die span agter die wegspringlyn staan.
v) As die skoot klap, word die eier opgeskep met die lepel wat in die hand gehou word en na die volgende lid van die span gedra word.
vi) Die eier word in die lug deur die volgende spanlid op sy lepel oorgeneem, hy hardloop daarmee na die derde lid. Die derde laaste lid hardloop verby die wenpaal.
vii) Gedurende die reisies mag die eier onder geen omstandighede met die hand aangeraak word nie.
viii) As die eier val sonder om te breek, mag dit weer opgeskep word.
ix) Die afstand is 30 tree vir elke deelnemer.
x) By oorgee mag geen van die lede mekaar se hande steun of ondersteun nie.
i) BOBBEJAANREISIES (Mans).
i) Deelnemers wat handeviervoet hardloop soos bobbejane.
ii) Die deelnemers staan oorgehaal by die weg gra springplek en begin hardloop as die skoot klap.
iii) Die afstand is 30 tree.
iv) Sodra ‘n persoon nie met die hande ook hardloop nie, word hy gediskwalifiseer.
j) DRIEBEENREISIES (Mans en dames).
i) Deelnemers: Twee persone met die regter bee van die een aan die linkerbeen van die ander gebind.
ii) Die enkels moet voor en ná die reisies stewig vasgebind wees.
iii) Afstand: 50 tree.
k) SAKREISIES (Mans en dames).
i) Een deelnemer en sak.
ii) Standaardstreepsak sonder gate word geword gebruik.
iii) Die deelnemer lê op sy rug op die sak agter die wegspringplek. Met die klap van die skoot spring die deelnemer op, klim in die sak en spring weg.
iv) As ‘n deelnemer ‘n ander hinder om te hardloop, word hy gediskwalifiseer.
v) Mans en dames: 30 tree.
vi) Die wenner is die eerste persoon wat met sak en al verby die wenpaal spring.
l) HINDERNISREISIES (Mans)
i) Een deelnemer per span.
ii) 440 tree word gehardloop met die volgende hindernisse.
iii) Na 100 tree lê alle deelnemers se skoene op ‘n hoop, elkeen moet sy skoene uitsoek en aantrek.
iv) Na 160 tree in ‘n sak klim en 30 tree hardloop.
v) Na 190 tree word van die sak ontslae geraak en kruip onder ‘n bokseil deur.
vi) Na 220 tree ‘n bottel koeldrank drink.
vii) Na 260 tree ‘n lemoen of appel uit ‘n bad water met die mond haal. (Die lemoen of appel moet nog in die deelnemer se besit by die wenpaal wees).
viii) Na 300 tree ‘n vetkoek wat aan ‘n lyn hang en in stroop gedoop is, opeet met die hande agter die rug.
ix) Na 340 tree ‘n suiglekker met die mond uit ‘n kartonbord haal met die hande agter die rug. (Moet by die wenpaal getoon word.)
x) Laaste 100 tree naelloop.
m) HINDERNISSEREISIES (Dames).
i) Een deelnemer per span.
ii) 150 tree word gehardloop met die volgende hindernisse:
iii) Na 50 tree skoene aantrek wat op ‘n hoop lê.
iv) Na 100 tree koeldrank drink.
v) Na 120 tree in ‘n sak klim en verby die wenpaal hardloop.
n) KRUIWASTOOT (Mans).
i) Deelnemers: Twee persone, van wie een die ,,kruiwa” is wat deur die ander persoon gestoot word.
ii) Die doel is om die kop van die “kruiwa” eerste verby die wenpaal te stoot. Die ,,kruiwa” word aan sy “enkels” vasgevat, terwyl ,,kruiwa” en stoter agter die wegspringplek staan. As die skoot klap, beweeg die “kruiwa” op sy hande na die wenpaal.
iii) Die enkels mag gedurende die reisies nie gelos word nie.
iv) Afstand: 20 tree.
o) AGTERSTEVOORREISIES (Dames).
i) Deelnemers mag nie omkyk nie.
ii) Afstand: 50 tree.
p) BALROL (Mans).
i) Twee deelnemers vorm ‘n span.
ii) Lid A van die span lê op sy rug met sy voete naaste aan die wegspringplek.
iii) Lid B van die span staan met sy voete by A se kop en kyk in dieselfde rigting as A. A neem B aan die enkels met sy hande en B neem A aan die enkels met sy hande.
iv) Sodra hulle die teken kry, begin hulle al rollende voortbeweeg. Hulle mag mekaar se enkels nie los voordat hulle verby die wenpaal is nie.
v) Afstand: 30 tree.
q) MOEDER EN BABA.
i) Die baba mag nie ouer wees as sestien maande nie.
ii) Die moeder staan by die wenstreep.
iii) Iemand hou die baba 10 tree van die moeder af vas.
iv) Sodra die babas moet “wegspring”, word gelos. Die moeder mag die baba roep en lok, maar mag nie die wenstreep verlaat nie
v) Die babas mag kruip, loop of hardloop.
r) Dobbertjie:
i) Spelers gooi met hul groot klippe na 'n houer om die dobbertjie te laat kantel. Die speler wat die verste lê, is aan en die ander gooi dan na die houer waar die dobbertjie op is.
ii) As almal gegooi het staan hulle by hulle klippe want as een die dobbertjie kan laat kantel gryp hulle elkeen hulle klip en hardloop na die lyn toe.
iii) Die persoon wat aan is moet enige een raak wat weer aan is. Ter enige tyd kan enige persoon sy klip gryp en hardloop om te probeer om die dobbertjie om te gooi waarop die ander dan hulle klippe gryp en hardloop.
iv) Die persoon wat die dobbertjie oppas moet blitsig die dobbertjie terugsit en poog om iemand te raak wat dan weer aan is.
v) BENODIG:
(1) Kan klippe gebruik , anders staal "ghoons" wat by skrootmetaal terreine gekoop kan word.
s) Giffie:
i) Daar is 3 gate( in grond) Deelnemers gooi die eerste gooi van gat een na 3.
ii) Die persone wat in die gaatjie gooi, is dan "giftig" en kan die ander uitskakel deur hulle by gaatjies in te wag en met hulle klip('n plat klip wat in 'n gaatjie kan inskuif) te raak en uit te skakel.
iii) Die "giffie" klip mag nie in 'n gaatjie beland nie. Ter enige tyd mag daar van "padkos" gebruik gemaak word deur bv. enige deelnemer se klip met syne raak te gooi en sodoende nader aan 'n gaatjie te kom en dan in te gooi.
iv) Hy mag so op en af van padkos gebruik te maak tot hy die 3de keer(eerste gooi ingesluit wat bv. nie in was nie) in gaatjie nr. 3 ingooi en dan "giftig" is. Ter enige tyd kan 'n speler met sy klip teen 'n ander speler s'n raak met 'n gooi beweging en dan in 'n gaatjie ingly en sodoende "giftig" wees. Hy moet dan soos reeds gesê, die ander in wag en /of raakgooi.
v) Intussen kan iemand ook giftig raak en dan is dit 'n tweestryd of driestryd ens. ens.(plat klip is nodig)
vi) BENODIG:
t) Kettie skiet:
i) Kan blikke, bottels wat dit meer opwindend maak as teikens gebruik
ii) Begroting: R20/ kettie
u) Windbuks :
i) Teikens kan op rekenaar uitgedruk word met plakkers om langer leeftyt daaruit te kry.
ii) Begroting: ?
v) Kennetjie
w) Sak resies
x) "Resies hardloop met voete aan mekaar vas"
y) Waterbomme ( selfde as eier gooi)
i) Waterbomme gooi klink miskien soos oorlog maar bestaan daaruit dat klein plastiese sakkies met water gevul en verseël word.
ii) Deelnemers staan sowat 4 treë uit mekaar en gooi die sakkie aan ‘n spanmaat. Vang laasgenoemde dit, word die afstand tussen die deelnemers telkens met een tree vergroot en die span (twee persone) wie se sakkie met water die langste hou, is die wenners.