GESONDHEIDSORG
VERSLAG 2000- 2001
Die gesondheidsorg praktyk is begin in ???
ten doel om
Die verpleegkundige van die Gesondheidsorgpraktyk, Annemarie Reyneke gee ‘n baie insiggewende verslag oor die werksaamhede in die praktyk. Die pasiënte ontvang nie net mediese en/of verpleegdienste nie maar ook liefdesdiens. Baie kom soek by die personeel net so ‘n bietjie aandag en ‘n geselsie.
Aksie Vrouekrag ontvang geen geld van die mediesefonds pasiënte nie. Dr. du Toit is in beheer van die praktyk en hy bepaal saam met AVK wat die pasiënte moet betaal. Hy werk slegs smiddae. Indien die pasiënt R80 betaal ontvang die dokter R50 en die kliniek (AVK)
R30. Dr. Venter werk in die kliniek en gee R10 van elke pasiënt se fooi (mediesefonds pasiënte) aan die praktyk. Indien hierdie dokter besluit om te loopmdan kan die praktyk maar
toemaak. Die dokters kry slegs R800 - R900 per maand vir die dienste gelewer.
Annemarie en Elsie Grobler verkoop klere vir ekstra fondse. Hulle soek dan ook dringend klere, skoene, komberse, ens. Hierdie geld word apart gehou van die ander geld vir n noodgeval. Ons moet die praktyk nie sien as ‘n winsgewende organisasie nie. Dis ‘n dienslewerende praktyk - dus werk hy funksioneel - finasieël breek hulle gelyk. Hulle probeer om op elke manier hulle sente om te draai. Dis absoluut ‘n liefdesdiens deur die dokters verpleegkundiges. R150 is vir ‘n vrou gegee om daarmee weer inkomste te verkry deur gebak.
Dit gaan beter wees as die grond en geboue aan die AVK behoort en nie aan Dr. du Toit nie. .
Die mense moet meer bewus wees van wat die kliniek doen en beteken . Dames moet uitgenooi word om die praktyk te gaan besoek sodat hulle kan sien wat word gedoen in so ‘n huiskliniekpraktyk. Tuisbesoeke word ook gedoen bv. bloeddrukke word geneem, inspuitings word gegee asook salwe, medisyne, ens. Dames moet probeer om borge of donasies te kry vir ons Gesondheidsorg.
Die pataloë gee 25% afslag, die radioloë ook 25% vir kontant en daar is ook ‘n goedgesinde ginekoloog nl. Dr. Erasmus, Gesondheidsorgpersoneel werk nou saam met die gemeenskap bv. die Van Rensburg Oue Tehuis. Die personeel soek ‘n afsetgebied vir tuisgemaakte produkte, hout tafels, geverfde onderbaadjies, ens.
Die saak van Gesondheidsorg moet aan alle lede bekend gemaak word deur middel van ‘n skrywe in die omsendbrief. Fondse moet verkry word vir verf, afdak bou en ander verbeterings. ‘n Radiopraatjie met Frik Pieterse moet gereël word.
Dr. du Toit het die perseel gekoop. Aksie Vroukrag het die meubels, medisyne en apparaat voorsien én die personeel aangestel.