DE CAMP COURANT |
Is 'n publikasie wat uitgegee word deur die AVK en die Volkskomitee vir die herdenking van die Tweede Vryheidsoorlog se vrouekomitee. Elke uitgawe handel oor 'n spesifieke konsentrasie kamp en die gebeure daar.
DE CAMP COURANT NO 1
Dit handel oor toekomstige uitgawes, en noem al die konsentrasie kampe plus foto’s.
DE CAMP COURANT NO 2
Handel oor hoe die beeldegroepe by die Vrouemonument tot stand gekom het. Dit was na aanleiding van ‘n brief van Emily Hophouse oor ‘n beeld van ‘n moeder met haar sterwede kindjie in haar arms, wat ‘n onuitwisbare indruk op haar gemaak, dat sy jare later toe mnr Van Wouw Rome toe gegaan het, hom daarvan vertel het. Van Wouw het hierdie toneel in brons verbeeld.
Die res van die uitgawe handel oor:
DE CAMP COURANT NO 3
Konsentrasiekamp Nylstroom. (Die Konsentrasiekampmonument op Nylstroom is deur Ds.JA van Rooyen onthulling.”Kan ons dit vergeet? ”Mag ons dit vergeet? Nee, ons wil nie! Daarom word die monument opgerig!
DE CAMP COURANT NO 4
Die Oos-Kaapse konsentrasiekamp - Uitenhage. Getuienis oor die Uitenhagekamp deur Mev Magdalena Maria Claase, Mev H E Zurich en Mev WL van der Merwe.
Vroudrag in die Tweede Vryheidsoorlog.
DE CAMP COURANT NO 5
Die kamp by die Oranjerivierstasie - Doornbult-konsentrasiekamp. Lees van die hospitaal in die kamp en dat die kampterein ongeskonde probeer gehou word deur die grondeienaar.
Landelike flitse 1899 -1900
DE CAMP COURANT NO 6
Merebank: Die konsentrasiekamp in ‘n moeras. Sewe dae van ontbering, lyding en vernedering.
“Toe kom ons by Merebankkamp in die wildernis”. Treinreis na Merebank: Dood kry is min!
Hendrina se vroue neem die voortou.
DE CAMP COURANT NO 7
Meer oor Merebankkonsentrasiekamp. Konsentrasiekampkind word hoeksteen. Vriende vertel meer kampe. Kleremaak tydens die Tweede Vryheidsoorlog. Hoe verweerder die klere
hoe dapperder die burger.
DE CAMP COURANT NO 8
Gaan oor die konsentrasiekamp in Middelburg Transvaal, die kamp met drie begraafplase.
Lees ook van Adriana Burger eggenote van Ds AP Burger.Verder vertel van die kampbewoners meer van hulle ervaar het.
Van uitgawe nommer drie af, kan gelees word van “Vyande van ver en van naby” wat handel
oor van die begin van die Groot Trek in 1835 en van die begin van die Tweede Vryheidsoorlog tot aan die einde.
U kan ‘n boek by ons bekom wat handel oor “Kleredrag tydens die Anglo-Boereoorlog”
Prys R25.00. Kan bestel word Aksie Vroukrag, Posbus 906623, Magalieskruin,0150.