GRONDSLAG VAN DIE AFRIKANER VROUEKRAG 

Die Volkseie Boere-Afrikanerkultuur, gegrond op die Bybel as die woord van God-Drie-enig.

DOEL

Dienslewering as Christelike Boere-Afrikaner Vrouekultuurorganisasie ter bevordering van:

  1. 'n Godvresende, vrye en welvarende Boere-Afrikanervolk in sy eie vaderland,
  2. 'n onafhanklike Boere- Afrikanervolkmet 'n sterk roepingsbewussyn, huweliks en gesinsverband,
  3. die bestendiging en uitbouing van die Boere-Afrikaner se kultuur

DOELSTELLINGS

1. Bevordering deur studie en aksie van die:

'n Gelowige volk word nie vernietig nie

2. Christelik volkseie onderwys ter toerusting van die jeug as die volk van more

Die kind van vandag is die volk van môre

3. Onafhanklikheid van die Boere-Afrikaner op alle terreine

3.1 Arbeid

3.2 Gesondheid

Tuisgesondheidsdienste:

'n Volk wat werk word sterk

4. Vaardigheidsontwikkeling

Deur vervaardiging van produkte en lewering van dienste moet ons oorleef

'n Skeppende, produserende volk word 'n kragtige wêreld-faktor

5. Ekonomie

Ekonomiese groei bevorder onafhanklikheid

6. Media

Kennis is mag

7. Kultuur

Dra ons ryke kultuurerfenis oor aan die volgende geslag

8. Veiligheid

Veiligheid bring selfvertroue

STRUKTUUR

1. Individuele lede

2. Takke: 5 of meer lede vorm 'n tak

3. Streek: 6 of meer takke vorm 'n streek

4. Streekbestuur: 5 of meer lede uit takke vorm die streekbestuur

5. Doelstellingskomitees

6. Hoofbestuur: 5 verkose lede en die doelstellingskomiteevoorsitters vorm die hoofbestuur watdie hoogste uitvoerende gesag is

7. Kongres: Die hoogste beleidmakende liggaam van Aksie-Vrouekrag

LIDMAATSKAP

Boere-Afrikaner vroue wat:

  1. 18 jaar en ouer is en wat oortuig is daarvan dat ons volk die reg het om alleen oor homself te regeer in sy eie Vaderland deur sy eie volksleiers,
  2. bereid is om in tyd van volksnood die offers te bring wat nodig mag wees vir die voortbestaan van die volk,
  3. betroubaar, opreg en ywerig in diens van die volk wil wees
  4. getrou sal wees aan Aksie Vrouekrag en al sy lede,
  5. sterk van karakter en vas van beginsel is,
  6. takbyeenkomste sal bywoon,
  7. ledegeld sal betaal.

AKSIES

1.Nuusbriewe wat moet ontwikkel tot 'n tydskrif

Januarie, April,Julie en Oktober

Inligtingstuk oor volkskrisis en werkbare, positiewe aksies

2.Omsendbriewe

Maart, Junie, September en November

Inligtingstuk oor Aksie Vrouekrag - werksaamhede

3.Aksie Aantree

Vroue-saamtrekke op dorpe

Inligtings-en aksiebeplannings-dae

4.Vroue en dogtersaamtrekke

Een of twee dae of naweek

Ons jong dogters veral smag na leiding- ons wil dit aan hulle gee!