Aksie Vrouekrag kongres 2001

Mev. Lucia van der Berg, voorsitter, beklemtoon aan afgevaardiges die belangrikheid van 'n suksesvolle kommunikasie plan  om ons kultuur te verseker en uit te bou
Huttenbuch diens was soos gewoonlik getrou teenwoordig om van hul boeke ten toon te stel

AKSIE VROUKRAG
KONGRESBESLUITE 2001

Die Kongres besluit dat:

  1. AVK as organisasie R3000 in die Majubafonds sal inbetaal. (Al die Kultuurorganisasies is versoek om R3000 in hierdie fonds in te betaal vir die bankpaaiement wat maandeliks aftetaal moet word,)
  2. ‘n Komitee aangewys word om ‘n omvattende ondersoek in te stel na omstandighede binne die Voortrekkermonument en museums, asook die Kultuurhistoriese museum, veral wat betref die verwydering en verskuiwing van uitstalartikels, wat volksbesit is. (staan die woorde “Aan God al die eer” in die monument - of beter, is die Gelofte ęrens te lees?),
  3. Sy lede aangemoedig moet word om Chiristelik Volkseie Onderwys te ondersteun en om hulle kinders daar te laat onderrig. Spesifiek is besluit om hierdie volkseie skole te versoek om dagmoeder- en kleutersorg by hulle in te sluit,
  4. Volksgeskiedenis herleef en behoue moet bly deur: lekkerlees historiese en eietydse geskiedenis beskikbaar te stel en vir die kleiner kinders ook storieboekies en storiesevertellings, daarvoor moet tyd ingeruim word.
  5. Hoofbestuur moet skakel met die vroue van die Transvaalse Landbou Unie en van die Mynwerkersunie wat dan gesamentlik aandag sal aan: 
  1. Ons werksaamhede so aangebied word dat dit vir die jongmense aantreklik sal wees om deel te neem. Vroulikheid en manlikheid moet aan die jeug oorgedra te word. (Die dogters moet nie teikens word vir verkragting nie). 
  2. Lede moet aandring op Afrikaanse etikette op produkte, veral kruiebottels,
  3. Die samewerking tussen volkseie organisasies moet baie verbeter. Op plekke waar Radio Pretoria se stem nog nie gehoor word nie, word volkseie organisasies gevra om die belangrikste nuus en inligting aandie gemeenskap oor te dra.
  4. Aan Radio Pretoria volle ondersteuning beloof word in hulle stryd om die verkryging van die uitsaailisensie.

Mnr Martin Marais het die voordrag gelewer oor die tema “Die Vrou, vandag en môre” en klem gelę op die spaarsamigheid wat deur die vrou beoefen moet word en die woord “skaarsheid” beklemtoon. Ons staan in die tyd van “skaarsheid”. Dink aan die skaarste aan geld, skaarste aan werk, aan werkskepping, skaarste aan verpleegsters en dokters wat werklik volksdiens wil doen, soos die personeel by Danville, skaarste aan kos ens.

Hy het gesę dat die Afrikanervrou deur ons geskiedenis, ‘n baie groter rolgespeel het as vroue van enige volk in die węreld! (Dink maar aandie Groot Trerk en wat die Trek vooraf gegaan het, aan Boukrans ea, aan die temming vandie binneland saam met haar man, aan die Tweede Vryheidsoorolg en daarna)